[Foto’s] Durban-promenade gesluit weens oorstromings

img-20170312-wa0022_1489333656012Die Durban-promenade asook noordelike dele van die strand is Sondagaand vir baaiers gesluit nadat die tropiese sikloon Enawo oorstromings veroorsaak het.

Ezekiel Sebego, hoofweervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), het vroeër die week gesê dié tropiese sikloon beweeg oor die noordoostelike dele van Madagaskar naby die dorp Antalaha. Hy het egter gesê die sikloon hou min tot geen gevolge vir Suid-Afrika in.

Enawo het met stormsterk wind van tot 220 km/h uur gepaard gegaan en het baie swaar reën tot gevolg gehad.

Durban se noordelike strand is Sondagaand egter gesluit en deur lewensredders gefynkam om te verseker dat niemand op die strand is nie.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care SA, het daar Sondag heeldag ʼn sterk noordoostelike wind in dié dele van die stad gewaai.

“Ons het vanoggend begin bekommerd raak omdat die branders reeds 2,5 m hoog was, maar teen vanaand was die branders al 4,5 m hoog. Die promenade is heeltemal oorstroom en die water slaan die heeltyd teen die mure van die restaurante daar vas,” het hy gesê.

img-20170312-wa0020_1489333656368Sebego het egter gesê daar is in dié stadium geen rede tot kommer nie.

“Dit lyk of Enawo se pad nou duideliker is en na verwagting Suid-Afrika en Mosambiek gaan mis. Suid-Afrikaners hoef dus in dié stadium nie bekommerd te wees oor Enawo nie,” het hy gesê.

Die verskillende stadia in die ontwikkeling van ’n tropiese sikloon kan soos volg uiteengesit word:

Tropiese depressie – maksimum gemiddelde windspoed van 61 km/h of minder.

Tropiese storm – maksimum gemiddelde windspoed van 62 tot 117 km/h.

Tropiese sikloon – maksimum gemiddelde windspoed van 118 km/h en meer.

Die SAWD hou die situasie deurentyd dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Om 5 uur (2 ure gelede 18:00) was ek besig met ‘n telefoongesprek en toe ek deur die venster kyk het ek my vrou nader geroep en haar aandag gevestig op hoe dit lyk op die strand! Deur die sitkamervenster kon ons sien hemelhoë branders breek reg op die strand en spoel daaroor. Dit laat my dink aan (was dit 1995?) waarvan ek ook ‘n video geneem het.

Voorlaaier ·

So di kaap het i “tropiese storm” gehad. Met di dat di manne van hulle fietse af gewaai het.

LB S ·

Voorlaaier, dit was in Durban, in die Kaap het die wind net verskriklik gewaai, wat natuurlik weer reën vir die Valies gaan gee. Ek sien so uit na die Winter en reën hier in die Kaap.

Theresa ·

4,5m branders – reg oor die strand tot teen restaurant = “geen rede tot kommer nie” – ok.

Gideon ·

Ek wonder net hoekom het die mense destyds alles so na aan die see gebou??? Dit is pure snaaksigheid, want kyk hoe gevaarlik is dit nou vir almal wat daar wil uitspan, veral diegene wat hard werk om gedurende Des daar uitspan. Agnee man julle witmense moet beter dink!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.