[Foto’s] Gyselaarsdrama ontvou by Lichtenburg-munisipaliteit

‘n Gyselaarsdrama ontvou in Lichtenburg (24 Mei 2017) Foto: SAPD, Noordwes

ʼn Gyselaarsdrama is besig om by ʼn munisipaliteit in Lichtenburg in Noordwes te ontvou waar ʼn groep die burgemeester gyselaar hou en reeds die gebou aan die brand gesteek het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê ontstoke lede van die gemeenskap by Ditsobola-munisipaliteit het die burgemeester Daniel Buthelezi gyselaar geneem. Hulle het die gebou daarna aan die brand gesteek.

“Die groep het vroeër van die raadslede, vermoedelik lede van die uitvoerende komitee, vrygelaat, maar hulle het nog nie die burgemeester vrygelaat nie,” het Mokgwabone verduidelik. “Die groep het ook gedreig om hulself aan die brand te steek.”

Hulle het ʼn lang lys griewe en klagtes oor swak dienslewering in Ditsobotla.

Daar is tans ʼn groot polisieteenwoordigheid op die toneel en die polisie probeer om die veilige vrylating van die burgemeester te verseker.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het om 20:50 aan Maroela Media bevestig die brand is intussen geblus, maar die gebou is vol rook. “Die persone word binne die stadsraadsaal aangehou. Die polisie wag nog vir ʼn taktiese eenheid om moontlik die burgemeester te kom bevry.”

Hy het gesê dit is privaat persone wat die brand geblus het, aangesien daar geen werkende brandweerwaens in Lichtenburg beskikbaar is nie.

“Sodra die persone nader beweeg, word hulle egter met petrolbomme bestook,” het hy gesê. Die groep het ook gedreig om weer die gebou aan die brand te steek indien enigiemand die gebou sou betree.

Jacqueline Theologo, DA-hoofsweep van die Noordwes-wetgewer, het gesê dit is ʼn groep van ongeveer 40 persone wat die burgemeester gyselaar geneem het.

“Daar is tans ʼn groot polisieteenwoordigheid op die toneel en ons loof die polisie. Ons verwag dat die polisie op ʼn professionele manier die veilige vrylating van die burgemeester sal verseker sonder enige bloedvergieting,” het Theologo gesê. “Nooddienste en ander gemeenskapslede blus die brand met behulp van privaat maatskappye se brandbestrydingspanne en -toerusting.”

Sy het gesê die gyselaarsituasie is “absolute wettelose gedrag in ʼn demokratiese samelewing en moet veroordeel word”. “Ons verstaan dat persone keelvol is vir swak dienslewering wat hulle van die ANC-regering af kry. Reg oor Noordwes het die ANC absoluut hul plig versuim, maar geweld en gyselaarsituasies sal nooit diensleweringsprobleme oplos nie. Dit kan slegs deur ʼn verkiesing plaasvind waar ʼn mislukte regering uitgestem word.”

Theologo het gesê die DA veroordeel die gedrag ten sterkste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Ai ·

Mooi, en hoe dink hulle gaan enige dienste gelewer kan word as hulle die munsipaliteit afrand? En wie dink hulle gaan moet betaal vir die herstelwerk?

JP Smit ·

Ons land is in sy peetjie. Suid Afrika is een van die top 10 gevaarlikste lande ter wêreld en Kaapstad een van die 15 gevaarlikste stede ter wêreld. Almal doen net wat hulle wil.

Sonja ·

Hulle is vreeslik verontwaardig oor swak dienslewering v ANC…. maar hulle stem dan vir hulle…

Ek stem Sonja ·

Janee SONJA daardie een kon ek nog nooit verstaan nie. Staan en betoog en gooi klip MET ‘n TSHIRT en pet van die ANC, swaai die ANC vlag rond, maar kla oor hulle DIENS wat hulle by die ANC kry vir wie hulle gestem het. Hulle moet maar vir hulle kry hoor!

Pieter Swanepoel ·

NOU MNR DIE MINISTER VAN POLISIE WIL EK WEET U SE ONS LAND IS N VEILIGE PLEK . PLAASMOORDE VERKRAGTINGS HIJACKING (TOT REGRING AMTENAAR EN BEVEILING GROEP POLISTASIES WORD GEROOF EN POLISIE KARRE GEHIJACK . SANGERS WORD AF GEMAAI EN NOU DIE HOE VEILIG IS ONS REGTIG VERKLAAR U DIE WOORD VEILIG ….ONS WIL GRAAG WEET

Dave Senekal ·

Geiselaars het die burgermeester en raadslede saam in taxis geneem en wegejaag met die polisie agterna sover ek weet

Josua Keys ·

En om by te voeg, tot die weermag word beroof van wapens, ai ja jai, diè mense sal nooit leer nie en die wereld dink steeds hulle is afgodsbeeltjies. Orde was deur apartheid geskep en die massas kon op die manier beheer word maar nou is dit ‘n gemors, moet my asb nie verkeerd verstaan nie ek wil nie hê apartheid moet terug kom nie ek vra vir die versekerde veiligheid wat dit bewerkstellig het moet terug kom maar dit gaan beteken dat gedissiplineerde en behoorlik opgeleide mense in hoë poste in die polisie, taakmag, weermag en lugmag aangestel word en dit is hier waar die massas ‘n probleem mee het, solank hulle kan plunder, brand , verwoes, verkrag, steel, korrupsie en alles om hulle verdelg dan is hulle op hul gelukkigste en dink hulle dat op die manier het hulle iets beryk in die lewe maar besef nie dat hulle amper op die grond van die afgrond is nie……… and they still blame it on apartheid but never learned from the dissipline that was behind that era.

Cherokee ·

Dit bly beredeneerbaar of mense wat nie dienstegeld betaal nie werklikwaar kan staak oor swak dienslewering of vir beter dienste.

Elke Janse van Rensburg ·

Ek kan nie lekker verstaan hoe dinge so ver kan gaan nie?!?!
Daar heers nou al langer as ‘n maand wetteloosheid in hierdie gebied. Waarom word dit geduld? Waarom kom die mense weg met dit?

MissDemeanor ·

N ander vraag is waarom kim die tegering weg met swak diens lewering.

Jaycee ·

Die polisie verkeer reeds onder druk om “gewone” misdaad hok te slaan maar dit lyk my een van die redes hoekom hulle in hierdie verband so sukkel om sukses te behaal is omdat so baie van hulle lede aangewend moet word om burgerlike optogte en opstande oor ontevredenheid met owerhede in bedwang te hou. Hierdie vermorsing van mannekrag moet duidelik voor die deur van politici gele word.

Scalla ·

Nog n deel van die probleem, geen toerusting bruikbaar om die brand te blus nie, anc regering het alles wat hul gekry het nie eers in stand gehou nie, onbevoeg om die werk te doen, die wa se wiele kom nou vinnig af.

Driekie ·

Anc het onbevoegde mense in munisipaliteite en nou bly die land erger brand. Zuma en al die Anc ministers moet herroep word.

Gert ·

Daai “fancy” gebou gaan reg gemaak word en opgradeer word voor daar na die mense se dienste gekyk word.

Danie ·

Jan Nel verkoop jou idee aan Steers. Jy sal lekker geld maak.

Ouma ·

Aaai!! Is ons polisie sooo slap in die hakskene dat hulle doodstil staan en toekyk!! Want ons mag nie ons “broers” aanvat nie!! Shame! Ons land is in sy maai!!

Swannie ·

Die polisie is deesdae slegs `n “Moniterings “eenheid, want orals lees `n mens net dat die polisie die situsaie monitor en boggerol word verder gedoen.

Chaparel ·

En so val die land dieper en dieper die afgrond in, res van die wereld het al lankal van hierdie land vergeet want dit kan nie meer gered word nie.

Alwyn Vorster ·

Waar is die groot kokkedoor wat die toesprake hou op begrafnisse wat die mense opsweep nou? Kan hy nie maar ‘n paar valse beloftes kom maak en kyk of dit die situasie ontlont nie, of wag hy vir ‘n volgende begrafnis om sy stem te laat hoor?

Andre ·

Die wonderlikke Suid Afrikaanse demokrasie…
As mens nie gelukkig is nie, vernietig, plunder, moor. Is dit die nuwe wet van Transvaal?

popeye ·

Definisie van swak dienslewering in hulle taal beteken, geen gratis water, geen gratis huis, geen gratis krag, geen gratis grond, geen gratis….

Lizl ·

Magtag… en al die swak dienslewering is seker apartheid se skuld… !

zeno ·

Betaal niks,kry alles verniet,maar wil dienslewering hê. Volgende stemdag dan word die kruisie maar weer by dieANC getrek.

Johan ·

Maroela media. Koop julle dat dit oor dienslewering gaan? Krap bietjie dieper. Dit is ANC faksie geveg!

Willie ·

Hierdie is terrorisme op die hoogste graad.. Word wakker SAPD, nee moet eerder nie, dan versteur ons die beauty sleep..

Marisca ·

90% van hulle betaal nie vir dienste (belasting) nie. Hoe kan jy kla en betoog as jy nie betaal nie??? Gaan my verstand tebowe…… En los hulle dat hulle hulself aan die brand steek. Good riddens!!

Penellope Jones ·

“South Africa is a very safe country” – minister van polisie se woorde so a week of wat gelede.

Uvonka ·

Kan net wees as jy doer in jou ivory tower sit en 500½ amper wakker veiligsheids wagte het en nie weet waarvan jy praat nie.

Ronel ·

Kom die volgende verkiesing, dan stem die ongelukkiges maar weer vir die ANC! Vir domgeit is daar nie pille nie.

Robbie ·

As mens in Spreuke gaan kyk soos bv. die volgende:
Weelde pas nie vir ‘n dwaas nie, hoeveel minder vir ‘n kneg om oor vorste te heers. Sal mens opmerk dat solank as wat die kneg aan bewind is sal niks verbeter nie.
Verder moet ons ook dit weet, hulle kan ons grond vat, ons beroof, ons vermoor, alles afbrand en vernietig wat ons voor-ouers met baie sweet gebou het, maar hulle sal nooit ons van die ewige lewe kan weerhou nie. Die wereld soos ons dit ken is aan die verbygaan, kom ons fokus eerder op Christus en minder op die sondige wereld.

Johanné ·

Julle kan mos verwag daar word niks hieraan gedoen nie, want ek lees nounet die berig dat Malemma nogsteeds sy tribe aanmoedig om land net te steel. En niks, absoluut niks word aan sy aanhitsery gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.