[Foto’s] Ontstoke inwoners steek busse aan die brand

Een van die busse wat aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf

ʼn Groep van ongeveer 150 ontstoke inwoners het Dinsdag Pretoria se strate ingevaar en onder meer twee busse aan die brand gesteek.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die groep inwoners van Atteridgeville, in die weste van die stad, het aan ʼn gewelddadige protesaksie deelgeneem. Hulle is glo ontevrede oor ʼn nuwe behuisingskema in Uitbreiding 6, wat glo mense van buite gelok het.

“Die groep het omstreeks 14:00 twee busse wat aan die Atteridgeville-busdiens behoort aan die brand gesteek en een bus beskadig,” het Moloto gesê.

Niemand is tydens die voorval beseer nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Moloto het gesê die polisie in steeds in die gebied om ʼn wakende oog oor die situasie te hou.

Een van die busse wat aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willie ·

Ons is ook ontstoke oor die toestand in die land, sal dit nou help om alles aan die brand te steek? Nee dit sal niks help nie in teendeel!!!!!

Ander Annie ·

Ek stem saam Willie. Dit vererger net die situasie. Daardie busse moet vervang word. Nou moet geld spandeer word vir die aankoop van ander busse terwyl die geld gebruik kon word vir ander noodsaaklikhede.

Pieter ·

Hulle is te banggat om iets te doen, plaas daarvan dat hulle die klomp toesluit vir openbare geweld sal hulle net staan en kyk.

Davoz ·

Ek wil graag nie uit my beurt iets kwyt raak nie maar… Die Anticrist se werke kan jy daagliks sien. Gaos, verwoesting, vrees, depressie, Families russies, haat en nog so baie meer as mens maar net so na dis nuus kyk. Mense, dit is kommerwekkend!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.