Terwyl storms in groot dele van KwaZulu-Natal verwoesting saai, is gedeeltes van die Oos-Kaap en Lesotho oornag in ʼn prentjiemooi-landskap omgetower nadat sneeu sedert Maandag in dié provinsies val.
Volgens Snow-Report is meer as 40 cm sneeu deur die loop van Maandag en Dinsdag vir die ooste van Lesotho verwag. Die sneeu sal na verwagting nog tot Dinsdag om middernag val voor die weer sal verander.
Die Naudé’s Nek-pas in die Oos-Kaap was teen Dinsdagmiddag laat vir verkeer gesluit weens swaar sneeu wat motoriste verhoed om in die omgewing te ry. Die Sani-pas was wel nie gesluit nie, maar is ook swaar deur die sneeu getref.
Sneeu is ongewoon vir dié tyd van die jaar. In provinsies soos die Oos-Kaap en Lesotho kom sneeu grotendeels tussen Julie en Augustus voor.
Die AfriSki Mountain Resort en Snow-Report het hul mooiste sneeufoto’s op sosiale media gedeel.
Wens ek was daar.
So asof dit nooit daar sneer nie
Stem saam met Marinda , sneeu is pragtig dit doen net iets aan jou siel, iets skoon en rein.
Dankie Here U is groot sien dit in U wonderwerke . U is groot ons 3 Eenige God Vader Suen en die Heilige Gees. Sal U ook dink aan die Kaap ook . Phillip Jessen
Ek wil net noem. Dit het al op 25 Desember kapok in Barkly-Oos. Toe ek nog ‘n kinders was.
25 Desember 2011 , is ons begroet met doodse stilte en ń spierwit kombers van 17 cm dikte sneeu en die kapok het stadig in groot vere neergedaal, Wit Kersfees ! in Matatiele
Ai dis darem maar so mooi. Wens ek was daar …
Absoluut mooi, ek ook!!!