[Foto’s] Sean na staatshospitaal oorgeplaas

Paramedici van Netcare 911 laai Sean in die amulans. Foto: Verskaf

Paramedici van Netcare 911 laai Sean in die amulans. Foto: Verskaf

Sean Smith (16), die tiener van Pretoria wat vandeesweek erg in ʼn fratsongeluk met petrol gebrand het, is Vrydagmiddag in ʼn spesiaal toegeruste ambulans na ʼn staatshospitaal in die noorde van die stad oorgeplaas.

Sean, ʼn gr. 10-leerder, is Maandagmiddag na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem nadat sy hemp aan sy lyf aan die brand geslaan het. Hy is sedertdien daar behandel aangesien daar nie plek in toegeruste staatshospitale was nie. Die private hospitaal het onderneem om Sean se mediese koste, wat honderdduisende rande beloop, te dek totdat hy na ʼn staatshospitaal oorgeplaas kon word en hy sterk genoeg was. Sy ma, Mé-Lissa Smith, is ʼn enkelma van vier kinders en het nie ʼn mediese fonds nie.

Hy moes Donderdag dringend die eerste van vele operasies ondergaan om dooie weefsel te verwyder en sy wonde skoon te maak om lewensgevaarlike infeksie te verhoed. Die operasie het vier uur geduur.

Amoré Jooste, familiewoordvoerder, het Vrydag gesê Sean het die oggend ʼn terugslag gehad toe een van sy longe platgeval het.

“Sy regterlong het vanoggend tussen 08:30 en 09:00 platgeval. Dit is weens slym in die longe. Dokters en verpleegster het hom behandel en die long skoongemaak,” het sy gesê.

Sean is omstreeks 16:00 in ʼn ambulans van Netcare 911 gelaai en het omstreeks 16:45 by die Dr. George Mukari-staatshospitaal in Ga-Rankuwa aangekom, waar hy nou behandel gaan word. Hy word in afsondering in die waakeenheid van dié hospitaal behandel. Sy toestand is stabiel.

Jooste het die publiek en Unitas-hospitaal bedank vir hul bystand in die moeilike tyd en mense versoek om aan te hou bid vir Sean se volkome herstel.

Die Hero Burn Foundation, ʼn niewinsgewende organisasie wat ondersteuning bied en omsien na brandslagoffers, samel geld in om Sean se ma finansieel by te staan en te sorg dat die slagoffers die beste behandeling ontvang. Skakel 082 902 1133 of klik hier vir hul bankbesonderhede. Gebruik “Sean” as verwysing.

Lees die vorige berigte oor Sean Smith op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dante ·

Alle sterkte aan hierdie gesin. Ek bid vir Sean ‘n spoedige herstel toe. Kan die Pippie fonds nie ook n bydrae tot hierdie jongman se kostes maak nie. Of dalk kan hy by hul strandhuis gaan aansterk wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word. Dis tog waarvoor ons almal met so n oop hand gegee het.

andrea ·

Dante, ek stem 100% saam. Wat het van die Pippie-fonds geword. Ek dink die publiek moenie ophou navrae rig nie. Dit lê moontlik iewers in ‘n privaat kluis!

Marianne ·

Sean jy is in almal se gebede. My kind, jy moet sterk wees, jy moet vas byt en terug gaan na jou familie.
Almal staan jou by.

Slak ·

Alle sterkte aan hierdie gesin. Ek bid vir Sean ‘n spoedige herstel toe. Kan die Pippie fonds nie ook n bydrae tot hierdie jongman se kostes maak nie. Of dalk kan hy by hul strandhuis gaan aansterk wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word. Dis tog waarvoor ons almal met so n oop hand gegee het.

ada ·

Boeta byt vas. Jy sal oorwin want jy is jonk. Glo in die Here want Hy doen wonderwerke. Dink aan jou al ken ek jou nie. xxx

Sê maar net ·

Sies Joe, ek is ‘n enkelma en het medies. Maar ooeweeg dit om te kanselleer want ek moet betaal as my kinders in di hospitaal le. Los ma jou gedagtes vir jouself. Gooi die klip as jy hulle omstandighede ken, maar as jy hulle nie persoonlik ken nie, sou ek se hou maar jou kommentaar vir jouself as jy nie iets goed kan se nie

Tess Riekert ·

Die NKP Vroueliga wil graag in verbinding tree met Sean se Mamma. Ons wil help.

Tess Riekert
NKP Provinsiale Leier, Mpumalanga
NKP Vroueliga Leier NASIONAAL
083 270-0026
[email protected]

Columbiana ·

Joe mens kan maar net aanneem dat jy nie kan lees nie of dat ju maar net bevooroordeeld is. Gaan lees weer hier bo oor die ma se omstandighede nl enkel ouer met 4 kinders. Verder is sy deur haar werk oorsee gestuur dit was nie ‘n vakansie nie. Jy is alles wat verkeerd is met die mensdom, ongevoelig en opinionated.

Pop ·

Joe, ek raak nie meer maklik geskok oor mense se ongevoeligheid nie, maar jy het dit reggekry. JY kort gebede, baie gebede. Sies man!!

Ekke ·

Dante, Slak (Wat tien teen een Dante is) en Joe! REGTIG!!! Ek is sprakeloos…
Wat het Pippie met die seun en sy finansiele situasie te doen?
Sean se ma was vir WERK in Parys, maw haar kostes was heel moontlik deur haar werkgewer gedek.
Niemand ken ‘n ander se WARE omstandighede nie, hou op spekuleer en venynige opmerkings maak wat net seermaak.

Louise E. ·

Joe, sy was vir werk oorsee. Dws haar werk het betaal!

Ek het vriendin wat ook soms oorsee gaan vir werk, is Persoonlike assistent. Ook enkelmamma met 2 kinders. Sy kry R10000 uit in maand. Klink baie? Maar vat woonstel huur (R4300 vir Klein woonstel naby haar werk), kos, skoolgeld (R2500 vir skool en naskool), polis dalk, petrol R650, versekering, daaglikse onvoorsiene uitgawes en kyk waar kom jy uit? Sean se ma het 4 kinders.

So hoop maar iemand vir wie jy Lief is spring so iets vry, voor jy klippe gooi…

ANONIEM ·

Die arme seun is besig om vir sy lewe te Veg!!!!!!! Plaas bid julle en vra die vader om hom te GenEES!!!!!!!!!!!!!!!!!!! JOE dink jy nie die mense sou dieselfde vir jou gedoen het as dit jy was nie???????

Columbiana ·

Netcare het al sy kostes gedek tot nou. Doen jouself ‘n guns en lees bietjie vir ‘n slag of beter dek jy die kostes aangesien mamon nie jou baas is nie

Dante ·

Ekke – in die eerste plek het ek geen beheer oor wie my kommentaar “copy and paste” nie en in die tweede plek het ek geen lelike opmerkings gemaak nie. Die Pippie fonds het hul destyds daartoe verbind om ander brandslagoffers te help. Hierdie seun het nie n mediese fonds nie en daarom het ek gedink dat hy en sy ma alle moontlike hulp sal waardeer.

Sêmaarnet ·

Los tog maar die lig-geraaktheid en fokus op die nuusberig. As iemand verwys na die ‘strandhuis’, beteken dit indirek dat ons deursnee publiek ‘n bietjie vuisvoos is van gee-gee terwyl die fondse dan soms wan-aangewend word. Alle sterkte en beterskap vir Sean en sy gesin in hierdie moeilike tyd!

Trudie ·

Ok julle los maar die Pippie fonds daar is al baie mense gehelp! Pippie kry nog baie sorg. Moet nou nie weer n ding begin as jul niks weet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.