[Foto’s] Storm saai verwoesting in Oos-Rand

Swaar reën in die Oos-Rand op 9 November 2016 Foto via Boksburg Advertiser

Swaar reën in die Oos-Rand op 9 November 2016 Foto via Boksburg Advertiser

Minstens een persoon is Woensdag dood tydens swaar reën in die Oos-Rand.

ʼn Woordvoerder van Acsa het aan Maroela Media bevestig sommige vlugte by OR Tambo Internasionale Lughawe word herlei.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is op die toneel op die N3 naby die Linksfield-afrit waar verskeie voertuie deur die water meegesleur is.

Sy het bevestig een persoon is op die toneel dood verklaar deur paramedici. “Ons kan bevestig ons is besig met ʼn soek- en reddingsoperasie. Die brandweer is op soek na persone wat moontlik verdrink het,” het sy gesê. “Sommige persone het hul voertuie verlaat.”

Verskeie paaie in die Oos-Rand het Woensdagmiddag oorstroom tydens ʼn swaar reën. Motoriste word aangeraai om die gebied te vermy.

Die Gillooly-wisselaar is gesluit nadat paaie in die gebied oorstroom het. Die Linksfield-afrit op die N3 is na bewering ook oorstroom. Rob Byrne, woordvoerder van Traffic SA, het bevestig die enigste moontlikheid om OR Tambo-lughawe te bereik van die noorde is deur Allandale/Zuurfontein.

Die gebiede wat deur die vloede geraak word, is Bryanston, Bedfordview, Boksburg, Germiston en Kempton Park en omliggende dele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lance ·

Daar was al baie groter reen as dit …ek vermoed sterk dat die dreineerings pype verstop is met rommel omdat die strate nie instand gehou word deur rommel te verwyder, afvoerpype skoon te maak en strate te vee . …kyk maar rond baie dreineerings pype is verstop met rommel gras en onkruit …n wenresep want die water kannie wegvloei nie

Hexi ·

Stem volkome saam, baie huise ook verspoel weens verstopte/vuil waterdreine wat nie in stand gehou is. Myne is een v vele…

elize stroebel ·

daar stem ek saam hulle het die drein by my huis kom skoonmaak die goed bo die drein gelos met ander woorde kom die water spoel dit net weer terug in die drein.

Agie ·

Hulle het Sanral ingeroep om die verstopte stormwaterpype oop te probeer maak, maar die watervloei was te sterk en dit was te donker.

Adri ·

Ek dink die muur in die middel van die snelweg speel ook n rol. As jy na foto’s op FB kyk, kan jy sien die anderkant het amper geen water nie. Die water sou nie opgedam het nie. Hoekom plant hulle nie bome soos ander snelweë nie?

HFC ·

Adri, die muur is baie meer veiliger en beslaan baie minder spasie as bome.

Cindy ·

Hi Adri, ek ry daai snelweg elke liewe dag en glo my as hulle bome moes plant sou die ongelukke baie meer en erger gewees het. Die muur is baie baie meer veiliger

Johanna Botha ·

Net NOG n bewys dat niks onderhou word nie ….mens betaal tolgelde en hulle kan nie eers die pad skoon vee nie …..sanral is pateties !

Rachel nel ·

Ja daar is baie skade maar dink een van julle daaraan om te se dankie Heer vir die reen. Ons land sit sonder water mens en dier kry swaar want daar is nie water nie. Was by pilansberg wildtuin het gesien hoe 2 klein waterskilpaaie probeer om in n plas water in te gaan. GaAn liewers op julle kniee en se dankie

Platanna ·

Jy mis die punt. Niemand kla oor die reen nie, ons kla oor verstopte dreinpype wat veroorsaak het dat mense nou dood en vermis is.

Asjas ·

Ons kla geensins oor die reen nie. Ten spyte van die verlies aan lewe en eiendom het ek nog nie een persoon hoor se hulle wens dit wil nie of ophou reen nie.
Weereens het die regering sy mense in die steek gelaat. Ons betaal alreeds belasting deur ons nekke, nou moet ons nog skade aan eiendom ook betaal.

Charmaine ·

Wil net saam stem! Dankie vir die reen. As ons bid vir die reen moet ons ook dankie se vir die reen. Die Here het die reen voorsien. En ja ons kort nog baie daarvan. As die mense net wil besef dat ons afhanklik is van die Here se genade. Ons moet trou bly aan Hom. Hy alleen kan die omskeppings werk doen. Ons land en mense kan floreer as ons net besef Wie is die Voorsiener van al ons behoeftes. Al gaan dit party dae opdraand daar is altyd uitkoms aan die einde.

Ashlee ·

Agteruitgang van waterdreine. Prentjie spreek vanself. Die laaste maal dat ek so iets gesien het, n verlate dorpie in India.

John ·

‘n Snelweg is ‘n drukgang. Mens kan nie omdraai nie en ook nie vorentoe of verby nie. Nagmerrie-agtig. Langer ompaaie is straks beter en bietjie wag by ‘n vulstasie om dinge uit te kyk.

Jean ·

Skokkend, jammer vir die lewens wat verloor is en die motors wat hierdeur skade gely het, ek weet hoe dit voel om jou motor stukkend geslaan te hê deur hael, ek glo die waterskade is nie veel beter nie. Sterkte aan almal.

Fran ·

Is dit net ek of sommige mense net plain stupid?? Met al die massa reën in Joburg, hoe kan mense sê dis agv verstopte dreine?(en al was hul nie verstop nie, dit gaan jou dalk net met die eerste bietjie water help) Ek meen….soveel reën in n oomblik van minute….eerstens..dis n blessing…tweedens soos die wêreld tot n einde kom gaan jy ook se dis agv n verstopte drein? Seriously man, dis nie net n bietjie water nie! Dalk moet ek n emmer water b jou keel afgooi en kyk of jy verstop is! Party mense se vlak v IK’s is net t veel v my so vroeg in die oggend….

PIKET ·

Ek stem Fran! Party mense kan regtig niks anders doen as om net te kla nie!
Siesa!

JackRussel ·

Ja Fran, party mense is net plain stupid.

Gaan lees net wat aangaan:
1. SANRAL het gister die dreine probeer oopmaak, maar kon nie want die water was te sterk en dit was donker. Hoe sal hulle iets wil oopmaak wat nie verstop is nie?
2. Kyk ook sommer na die berig wat Nakkie na verwys. Daar sê hulle duidelik die dreine is verstop.

JackRussel ·

Ja nee Fran, ek stem saam, party mense is plain stupid.

Volgens die kommentaar:
– Sanral het probeer om die dreine oop te maak, maar die water was te sterk en dit was te donker. Hoe maak hulle iets oop wat nie verstop is nie?
– Volgens die berig waarna Nakkie verwys is daar duidelik gesê dat dreine verstop is.

So, die dreine is verstop. Daar was baie water, maar die skade sou baie beperk gewees het indien die dreine nie verstop was nie

Paul ·

JackRussell, dreine kan verstop raak tydens ‘n vloed. Die vloed spoel los materiaal van buite die dreine aan oor lang afstande, tot dit dan iewers vashaak en ander dinge daarteen begin vasspoel.

Het jy al gesien hoe lyk dit by ‘n brug met ‘n klein deurgang wanneer ‘n klein riviertjie afkom? Sommer gou spoel daar ‘n lang tak wat van ‘n boom afgewaai het, oor die opening van die brug vas, dan spoel ander blare en takke en dinge daarteen vas en vinnig is die opening geblokkeer en die water dam op en spoel bo-oor die brug.

Wilma ·

As die stormwaterpype / water afvoer slote nie so verstop is van rommel en spons matrasse soos wat ek al gesien het nie sal sulke nie vloede nie gebeur nie. Die dag wat so strom Pretoria middestad gaan tref gaan dit nag wees- ‘n ramp wat wag om te gebeur. Ek ry daaglik deur die stad en daar is nie ‘n enkele afvoer sloot wat nie verstop is met gemors nie. Die ander is weer plat gery deur taxi’s en trokke wat op sypaadjies ry. Ons mense is skuldig aan die ellende wat ons tref.

Waarheid ·

Samewerking dit is wat nodig is NAKKI het die waarskuwing gesien .. ek en jy kan waar moontlik mekaar waarsku maar RAMPBESTUUR POLISIE VERKEERSOWERHEDE ens…werk net nié soos veronderstel SAAM. Praat van voor die baie WATER val nié na die ramp klaar gebeur het nié!

Koba ·

Eerstens is ek SO dankbaar vir elke druppel (of in die geval strome) reen wat val, maar in dieselfde asem is dit ook vreeslik hartseer om te dink mense het hule lewe verloor, en dat my dogter en kleindogter skaars n paar minute tevore daar verby gery het. So dankbaar daar is nog mense soos die 2 trokdrywers wat uit hul pad gegaan het om ander te help red mag jul ryklik geseën word en my innige simpatie aan almal wat n geliefde verloor het.

Tanya Crouse ·

Ek is baie dankbaar vir die reen, nou hoef ek nie tuin nat te spuit nie. Die mense wat so kla oor die Rommel (gras, onkruid, ens) wat the afvoerpype verstop, hoekom lig julle, julself nie van jul sitters af en doen iets daadwerklik daaroor nie. As jy jou aria reg voor jou erf skoon hou sal dinge miskien beter gaan.

petra van Vuuren ·

ek wil net se ditto vir die ANC se dienslewering!! Uitstaande!!!!! Soveel skade, soveel verlies en tog stem die kadawers weer vir die vent.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.