Foto’s: Talle bekendes by die première van Leading Lady

André Stolz en Brümilda van Rensburg. Foto: Esté Meyer Jansen

André Stolz en Brümilda van Rensburg. Foto: Esté Meyer Jansen

Die première van die skreeusnaakse rolprent, Leading Lady, is tydens ʼn glansgeleentheid in Johannesburg gehou.

Ongeveer 600 gaste, waaronder talle bekendes, het die geleentheid bygewoon. Die internasionale akteur Gil Bellows, wat ʼn rol in die fliek vertolk, was ook die aand daar.

Selfs die poedel wat in die rolprent te sien is, het saam met die aktrise Jana Strydom op die rooitapyt verskyn!

Die vervaardigers van die fliek het onlangs aangekondig dat hulle verspreidingregte in Amerika bekom het. Klik hier om meer te lees.

Bok van Blerk, Brümilda van Rensburg, Gil Bellow en Katie McGrath is ook in die rolprent te sien.

Die fliek is van 28 November landswyd in teaters te sien. Moenie dit misloop nie!

Maroela Media is ʼn trotse media-vennoot van die rolprent en het ook die première bygewoon.

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.