[Foto’s] Twee sterf tydens boendoe-geweld

Foto: Intelligence Bureau SA via Facebook

Foto: Intelligence Bureau SA via Facebook

Altesaam 63 mense is in hegtenis geneem nadat twee vermeende bendelede Maandagaand in Etwatwa aan die Oosrand dood is toe die gemeenskap die reg in eie hande geneem het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die mense, almal inwoners, is omstreeks 22:00 gisteraand in hegtenis geneem nadat die twee vermeende bendelede Maandagaand vermoor en hul liggame langs die treinspoor gelos is.

Inwoners van die gemeenskap, wat gevaarlike wapens by hulle gehad het, het vermoedelik saamgetrek en begin soek na twee jongmense wat glo lede van die OVL-bende is en daarvan verdink word dat hulle betrokke was by ernstige en gewelddadige misdaad in die gebied,” het Dlamini gesê.

Hy het gesê die polisie is tans besig met ʼn ondersoek om te bepaal of die twee oorledenes wel deel van die OVL-bende was.

Dlamini het gesê behalwe vir die twee oorledenes is nog twee mense ernstig beseer, nadat die gemeenskap hulle ook aangeval het. Hulle is tans in die hospitaal. Woedende inwoners het ook verskeie plakkershutte aan die brand gesteek.

“Die polisie het gister met die gemeenskap gepraat om die situasie te probeer ontlont en die inwoners is gewaarsku om nie die reg in eie hande te neem nie. Verdere gesprekke sal met die gemeenskap gehou word om ʼn oplossing te kry vir die misdaad in die gebied,” het hy gesê.

Die 63 inwoners sal Donderdag in die Benoni-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld, die besit van gevaarlike wapens en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liewe heksie ·

Ag kom ons sort dit self uit daar is mos nooit sapd beskikbaar nie o ja hul was besig met skofruiling

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.