Gauteng wil lykshuise opknap

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse departement van gesondheid het Dinsdag gesê hy beplan om minstens R8 miljoen te bestee om staatslykshuise oor die provinsie heen op te knap.

“Die distrikshospitale en klinieke se ou koelkamers sal vervang word, nuwe yskaste sal geïnstalleer word en besigtigingskamers vir families sal ook gebou word,” het die departement in ʼn verklaring gesê. “In tersiêre en streekshospitale sal ou yskaste opgegradeer word en kantoorspasie en stoorspasie sal uitgebrei word.”

Volgens die departement hanteer 450 beamptes in lykshuise oor die provinsie ʼn lading van ongeveer 1 736 tot 8 060 liggame per hospitaal.

In distrikshospitale is die lading tussen 7 128 en 8 325 en in streeks- en tersiêre hospitale is die lading tussen 17 011 tot 18 476. Die departement het bygevoeg hospitaallykshuise beleef ʼn tekort aan personeel.

Die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg se lykshuis benodig minstens vier personeellede en die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria benodig minstens twee personeellede in die lykshuis. Daar is nege vakante poste by die lykshuis in die Chris Hani Baragwanath- akademiese hospitaal in Soweto. Distrikshospitale benodig minstens 11 werknemers, het die departement gesê.

Planne word beraam om ʼn nuwe forensiesepatologie-laboratorium in November in Johannesburg te bou.

“Die departement het 44 patoloë aangestel gebaseer by verskillende forensiesepatologie-dienste. Die lading per patoloog per jaar is ongeveer 250, maar dit kan tot ʼn gemiddeld van 500 toeneem as gevolg van trauma en geweld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

danie ·

Jis dis goeie nuus, want op die oomblik is dit n baie slegtje ervaring om n persoon te gaan uitken by n staats lykhuis.

snoefie ·

die kielkamersrol,iemand se sakke word vol, ai die Chinese is so bly.

snoefie ·

die koelkamers rol,iemand se sakke word vol, ai die Chinese is so bly.

Sonja Smith ·

Vandag, presies twee en ‘n half jaar gelede, op 29 Maart 2014 verskyn die volgende artikel in die Beeld, Volksblad en Die Burger se BY-bylaag:

Om die dood toeganklik te maak…

“As ek in ’n volgende lewe terugkom, dink ek my doel gaan wees om staatslykhuise te beautify,” mymer sy, die ene deernis en die ewige Valkoog; die dood met sy angel se moses.

(Linette Retief is ’n redaksielid van ­Media24 Afrikaanse Nuus.)

http://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/Om-die-dood-toeganklik-te-maak-20140329

Sonja Smith ·

Nóú pra’ jy! Vandag, presies twee en ‘n half jaar gelede, op 29 Maart 2014 verskyn die volgende artikel in die Beeld, Volksblad en Die Burger se BY-bylaag:

Om die dood toeganklik te maak…

“As ek in ’n volgende lewe terugkom, dink ek my doel gaan wees om staatslykhuise te beautify,” mymer sy, die ene deernis en die ewige Valkoog; die dood met sy angel se moses.

(Linette Retief is ’n redaksielid van ­Media24 Afrikaanse Nuus.)

http://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/Om-die-dood-toeganklik-te-maak-20140329

Arno ·

Dis te min geld. Hulle gaan nie baie vêr kom nie. Klink eerder of nie die bedrag reg kon uitspreek wat bewillig is nie #tongindiekies

Pierre ·

Ongeveer 7 jaar terug was ek betrokke by ‘n projek waar die Regering in verskeie provinsies begin het met die oprig van verskeie nuwe klinieke en staatslykshuise. Dit was wat my betref ‘n positiewe projek wat regtig modern en netjies vertoon het. Ek onthou Middelburg en Pietermaritsburg baie goed. Het die projek dan tot stilstand gekom.

ig ·

Dit is Moontlik.R50000.oo vir verf en en 7.5 miljoen vir backhands ens en siedaar ,die lykshuise lyk te fraai opgeknap.

Foxi ·

Plaas hulle daardie geld vat en besems, moppe en skoonmaakmiddels aanskaf om die staatshospitale skoon te maak, waar daar nog LEWE is!
LAAT DIE DOOIES DIE DOOIES BEGRAWE…….
Sal eerder in die SPCA se koelkamers gaan lê as om in n staatslykshuis te gaan lê! Dis vrot daar man!

snoefie ·

skoonmaak? watwou!!!! hulle bou eerder nuwe hospitale en laat die oues stadig maar seker mo€r toe gaan. dis mos maar net die belastingbetaler se geld wat gebruik word.

M'Lady ·

Gebruik eerder die geld om die hospitale wat uitmekaar val op te knap. Jy sal dan darem n kans he om lewend daar uit te kom. As jy dood is “worry” jy nie hoe die lykshuis lyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.