Geen druk op NVG ná spioenasieband-uitspraak, vra kabinet

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die regering het Donderdag Suid-Afrikaners versoek om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) toe te laat om te besluit wat hy gaan doen, nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof besluit het om die beslissing deur sy voormalige hoof om korrupsieaanklagte teen pres. Jacob Zuma in 2009 terug te trek, tersyde te stel.

“Die kabinet versoek burgers om die NVG toe te laat om onafhanklik sy grondwetlike verpligtinge na te kom kragtens artikel 179 (5) van die Grondwet, sonder enige onnodige druk uit enige oord,” het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, aan verslaggewers gesê ná Woensdag se kabinetsvergadering. “Die kabinet wil dit duidelik stel dat die hof nie die meriete van bewerings teen pres. Jacob Zuma hanteer nie, en geen bevinding is gemaak wat hom op enige saak skuldig bevind nie.”

Die NVG het Woensdag gesê hy bestudeer steeds die uitspraak.

Regter Aubrey Ledwaba het op 29 April beslis dat die besluit, deur Mokotedi Mpshe, om korrupsieklagtes in 2009 teen Zuma te laat vaar, irrasioneel was en tersyde gestel moet word. Ledwaba het beslis dat die saak hersien moet word.

Die saak, wat algemeen bekend staan as die spioenasiebande-saak, is deur die Demokratiese Alliansie gebring en die party het die hof versoek om die besluit te hersien, om 783 aanklagte van bedrog, korrupsie en swendelary te laat vaar.

Mpshe het die saak uitgegooi op die gronde dat die sogenaamde spioenasiebande – opnames van telefoonoproepe tussen senior beamptes in Thabo Mbeki se administrasie – voorgestel het dat hulle die tydsberekening van Zuma se vervolging vir politieke redes gemanipuleer het.

Lees alle vorige berigte oor die spioenasiebande op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vaalpiet ·

Ek sit baie eerder na ‘n geverfde muur wat droog word en kyk dit is baie interessanter

Oom Kalahari ·

MM, in paragraaf 2 moet die berig seker lees: Artikel 179 (5) van die Grondwet en nie Grondweg nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Oom Kalahari

Ons vra om verskoning vir die tikfout. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

johann cb ·

Is sewe jaar nie lank genoeg uitstel om nou druk toe te pas nie? Ek dink so!

Rynhardt ·

Die NVG sal permanent hof se beslissing bestudeer! Maimane kan vergeet om Zuma in hof te sien!

Apie ·

Dis al laaankal tyd dat zuma toegesluit en voor die hof gebring word. Hoeveel geld moet daar nog op hom gemors word? Hy hoort in die tronk!

Eduard ·

Die wet volgens artikel 179 (5) van die grondwet sê soner enige ONNODIGE druk…. Maar die regering sien dit as sonder enige druk? Ek staan verbaas hier om te sien hoe hulle ons elke liewe dag probeur kul. Hoe kan dit wees dat ons nie die land kan reg kry nie. Is ons die selfde mense wat in die boere oorlog geveg het of selfs Angola of het ons maar net n vae herhindering van ons voorvaders geword n af gewaterde weergawe van wat eers n top nasie was?

Ag tog... ·

NVG IS GEKOOP DEUR DIE ANC…. Die volgende beslissing is in die guns van die korruptes….eischhh African demoocraacy…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.