George-vrou vermoor: Verdagte vrygelaat

Argieffoto

Argieffoto

Een van die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Isabella Kruger (77) is vrygelaat.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is nie genoeg bewyse om die 28-jarige man aan die moord te verbind nie.

Maroela Media het vroeër berig Kruger se dogter het op haar ma se liggaam in haar huis in Kraaibosch Country Estate afgekom. Kruger se liggaam is in ‘n bad vol water gevind. Haar Honda Jazz is gesteel, maar is later verlate op die Saasveldpad gevind.

Die twee verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem nadat die ondersoekspan inligting ontvang het van ʼn verdagte wat in Kruger se Honda Jazz opgemerk is en toe later weer in ʼn ander voertuig gesien is. “Die polisie het hierdie voertuig opgespoor en voorgekeer. Die motor is deursoek en goedere wat vermoedelik uit Kruger se huis gesteel is, onder meer ʼn skootrekenaar, is in die motor gevind,” het Pojie gesê.

“Twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 31 jaar oud, is gevolglik in hegtenis geneem. Hulle staan tans op ʼn aanklag van moord tereg.” Die 31-jarige verdagte sal intussen Maandag in die George-landdroshof verskyn.

Pojie het vroeër gesê daar was geen ooglopende merke aan Kruger se liggaam nie en dat ʼn nadoodse ondersoek die oorsaak van haar dood sal bepaal.
Hy het gesê een of meer verdagtes het vermoedelik deur ʼn venster toegang tot die huis verkry. Daar was bloedspatsels in die huis wat die polisie laat vermoed dat daar ʼn struweling was. Dit is nog nie duidelik wat uit die huis gesteel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Was die aanvallers swart, , julle is gou om die wit vrou se naam te noem, skryf en rapporteer duidelik , noem die swartes se name

Skim ·

What the, laat almal vry, daar is mos nie geregtigheid vir blankes in SA wat vermoor word nie, ek kan dink aan ‘n paar sake waar die moordenaars VRY op straat rondloop, kamstig nooit genoeg bewyse nie, of die polisie het opgeslip of hulle kon nie mooi sien op die kamera nie, neewat .. help nie die polisie stoei om die verdagtes te vang en die regstelsel laat hulle vry nie …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.