Gesin saam doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar van Noordwes en hul twee kinders, onderskeidelik drie en 22 jaar oud, is Dinsdagaand saam in hul huis doodgeskiet.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by ʼn huis in die Mmakau-nedersetting buite Brits gebeur. Volgens Mokgwabone het die aanvallers die 41-jarige pa, sy 40-jarige vrou en hul kinders doodgeskiet, voordat hulle met die gesin se Chrysler Voyager-voertuig gevlug het.

Hy het gesê meer besonderhede oor die skietery is nie tans beskikbaar nie, maar het bevestig die gesin was nog wakker toe hulle geskiet is. Hy kon nie onmiddellik die oorledenes se name bekendmaak nie.

Die gesin se voertuig is later verlate tussen bosse in die Black Rock-gedeelte van Mmakau gevind. Mokgwabone het gesê die man was ʼn polisiekonstabel wat by die Hebron-polisiestasie gewerk het.

“Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. Vier sake van moord en ʼn saak van huisroof word ondersoek,” het hy gesê. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Lt.genl. Baile Motswenyane, Noordwes se provinsiale polisiekommissaris, het die moorde ten sterkste veroordeel en gesê die moordenaars was “genadeloos” om ʼn hele gesin so uit te wis. “Die polisie sal geen steen onaangeroer laat om te verseker die oortreders ry aan die pen nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

JPS ·

…stem saam…. dit lyk na ‘n Boendoe hof opdrag…. dalk ‘n polisieman wat te skerp was en op “verkeerde” tone getrap het

rudolph ·

die crime raak ons almal ongeag velkleur dis verskriklik!

Jean ·

In ‘n nedersetting? Is dit ‘n blanke gesin? Vir my maak dit nie saak of dit blank of nie-blank is nie, dit is verskriklik dat twee ouers saam met hulle kinders vermoor word en meeste mense is tjoepstil, te dankbaar dis nie hulle nie. Ek vertrou net nie die ‘oortreders aan die pen laat ry nie”, of die polisie ondersoeke is so swak hulle word nooit vasgetrek nie, of die regstelsel laat mens in die steek en die manne loop more weer op straat rond.

Alida ·

Die ras van die oorledenes word nie genoem nie dus bly stil totdat die ware feite bekend is. Die SAPD het die aanval sterk veroordeel.

Klaskaptein ·

Wie is jy om vir ander te se om stil te bly maar JY mag kommentaar lewer? Die Arrogansie van die mense hier verstom my!! Alida wie het jou aangestel as hoofmeisie hier om te besluit wie mag kommentaar lewer en wie nie?

suzie ·

Moord is moord.Onnodig en amgswekkend.Ongeag kleur.Sheeeeesss

Piet Pompies ·

Dankie tog Sonet skryf nie berigte, dit wil voorkom of die aanval gerig was op die hoof van die huis as polisieman, dalk ‘n wraak aanval.

Alida ·

Waar op aarde het jy gesien dit is blankes Sonet? Dit is gesin wat vermoor is maak kleur nou saak?

m ·

.Maak nie saak watter kleur hierdie is weereens n onnodige moord. Lewens het baie goedkoop geword in hierdie nuwe SA van ons en dit word goedkoper by die dag. Die regering verkies om hulle blind te hou….

Leonie ·

Ai dis verskriklik. Die arme gesin. Sterkte aan die familie en vriende. So onnodig. Rus in Vrede.

Chris van Deventer ·

….Wens hulle wil geen steen onaangeraak los…..as dit by WIT boere ook kom, wat so wreedaardig vermoor word nie…..!!!!!

JC ·

Ek stem Chris!
Dooie hemel, ‘n 22 jarige met sy hele lewe wat nog voor hom le, en ‘n arme onskuldige 3 jarige kind!!
Wat op dees aarde?

Sartjie ·

Chris van Deventer
Nerens word daar gese wat die ras van die gesin is nie, genade dit is mense soos jy wat net in kleur vas kyk wat maak dat daar soveel rasse haat in ons land is.
wat maak dit saak watse kleur, moord is moord …………………………..

sonique ·

Ja en so maak n dief wat in n kis gedruk is, en nog steeds lewe, opslae oor die hele wereld, maar n hele gesin word vermoor en nou is dit nie so erg omdat hul wit is…..

Izak ·

Interessante observasie is die provinsiale kommissaris van polisie in noord wes wat ń duidelike openbare veroordeling uitspreek. In die laaste 7 jaar maak geen polisiehoof of amptenaar van die regering amptelike verklarings waar ń Boer of enige wit persoon VERMOOR is nie….wonder ek of die redaksie van die nuusblad dieselfde observasie maak…..indien wel…..wat doen u daaromtrent???

Reneo ·

Die vermoorde gesin se suster werk by my. Die familie is stukkend. Onverwagse dood bly moeilik om te verwerk ongeag ras of ouderdom.
My hart gaan uit na elke vermoorde persoon in ons mooi land. Niemand verdien om op so ‘n manier tot hul einde te kom nie.

Mariska Freitag ·

Skokkend! Hierdie dorp van ons is so euwel!!! RIV mense ….

Meisie ·

Waner wil die regeering besef om di moorde te stop,bring doodstraf terug.Ongeag watter ras,as hy kan gee kan hy vat ok.

Anoniem ·

Meisie, die regering sal nooit weer die doodstraf instel nie want die moordenaars se lewe is belangriker as die gewone man op straat en die boer se lewe.

charlene ·

Hoekom die kinders skiet!! Dis geen mens wat `n 3 jarige kind kan skiet. Wat het die polisie man sy werk gedoen! Het hy sy deel van sy land gebring! Het hy geweier om om-koop geld te aanvaar. Dis belaglik, die damm land het daai gesin in die steek gelaat! Dis omdat die krimenele meer reg het as eerlike opregte mense! Mag daai gesin in vrede rus en mag die familie wat agter bly wat gebroke is, vrede vind. Dis `n moeilike ding om iemand af te staaan aan die dood maar `n hele gesin waar onder 2 onskuldige kinders, geen woorde. Stekte

Terry ·

Hoe vermoor jy `n 3-jarige kind? Hierdie land…daar is nie meer woorde nie…te veel moord en doodslag

Donovan ·

Flip wat gaan aan in die NW veral Brits omgewing, hierdie is n baie ernstige probleem en moontlik die selfde bende wat opereer. Selfoon tracking, IT tracking en vinger afdrukke is dinge wat eerste na gegaan word in sulke gru moorde. DNA toetse en samples kan mos gekry word en dringend aan gewerk word. hierdie is die 4de moord streep in n week in Brits… of gee die regering nie om wat van sy belasting betaalers word nie… as jy n gemiddeld van R2m omset per plaas boer vat per jaar verloor die staat aan IB R1bl per jaar en aan BTW R500m per jaar… as jy vat net aan moorde verloor ons elke jaar n gemiddeld van 18500 mense in ons land en as elk n gemiddeld van R25k per jaar verdien verloor ons nog n verdere R100m aan IB, ek praat nie eers van heffings soos petrol, water, krag, basiese dienstes, brood sigatette, drank en nou sugar tax. Dus net uit moorde in ons land verloor die staat gemiddeld tussen R2 bl en R2,5bl aan al die heffings en belastings. Hulle sit druk op hulle self met allerhande gemors aan te vang en nie aandag te gee aan dit wat saak maak nie… hoeveel polisie manne kan ons nie aan stel per jaar met R2bl meer om in staat besteding in te gaan nie.

Henk Vorster ·

En dan maak hulle bohaai van mense wat in n doodskis gesit word. Dis net barbare wat so iets doen, en kom ns wees eerlik. Ons weet wie die slagoffers is, en wie aanvallers is. Ons land is korrup.

Kobus Basson ·

Dit is tragies. Net ‘n opmerking: ‘n Polisiekonstabel wat ‘n Chrysler Voyager besit!!!!!. Dit is ‘n duur motor. Hier is meer agter die saak. Laat meer vrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.