Geslagsdele in vrieskas: Polisie slaan toe op Deen se winkel

Peter Frederiksen in sy wapenwinkel.  (Foto verskaf deur die Valke)

Peter Frederiksen in sy wapenwinkel. (Foto verskaf deur die Valke)

Lede van die Valke en die polisie se taktiese reaksie-eenheid het Donderdag op die Deense man, wat vroeër in hegtenis geneem is nadat die polisie vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind het, se wapenwinkel in Bloemfontein toegeslaan.

Brig. Billy Jones, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die beslagleggingseenheid was ook betrokke by die klopjag op Peter Frederiksen (63) se Impala Arms-wapenwinkel in die middestad. “Die ondersoek na die saak het begin nadat Frederiksen in hegtenis geneem is op aanklagte van ʼn seksuele aard en die oortreding van die Wet op Nasionale Gesondheid nadat klitorisse by sy huis gevind is.”

Volgens Jones is verder ondersoek ingestel na Frederiksen se wapenwinkel. “Dit het aan die lig gekom geen verantwoording kon gedoen word vir nagenoeg 1 600 vuurwapens, wat volgens hul registers op die perseel moes wees nie en nog 75 vuurwapens waarvoor daar nie geldige lisensies was nie.”

Jones het gesê die ondersoekspan het op vuurwapens, ammunisie en ploftoestelle, waaronder handgranate, beslag gelê. “Ons voortgesette ondersoek na die aangeleentheid sal ook bepaal of hy betrokke was by ander kriminele aktiwiteite en of enige van die vuurwapens gebruik is om ʼn misdaad te pleeg.”

Frederiksen is in September 2015 by sy huis in Langenhovenpark in hegtenis geneem nadat sy vrou ʼn wenk aan die polisie gegee het. Behalwe vir die vroulike geslagsdele in sy vrieskas, is ook beslag gelê op ʼn verskeidenheid toerusting, waaronder tange, skalpels en verdoofmiddels, asook foto’s van vroue se geslagsdele.

Frederiksen verskyn weer op 15 Junie in die hof.

Lees vorige berigte oor Peter Frederiksen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leeukop ·

Ek dog sy winkel is al in 2015 gesluit. Hoe kan die polisie n man wat menslike liggamsparte en chirurgiese toerusting onwettig in sy besit in eerste plek nog toegelaat het om n besigheid te bedryf, en dit nog n wapenbesigheid? Wys jou hoe swak ons regstelsel is!

m ·

Hierdie hele storie is baie siek. Hoe gouer hulle hom terugpos waar hy vandaan kom hoe beter……………………………..

Gesiggie ·

Ja nee Leeukop”’ weereens n voorbeeld…. dit wat belangrik is om aan aandag te gee… word gelos… maar dit wat minder belangrik is , word van so n groot saak gemaak… dat dit n mens laat wonder? is daar ander ook betrokke…. word hul omgekoop… hierdie man is siel siek… om geslagsdele in sy vrieskas te sit ? wat in die lewe wou hy daarmee maak… sluit hom toe”’ of nog beter vries hom ook….

christine ·

Om glitosisse aftesny is die Sotho ding net soos die khosas hulle seun besny. Die het seker gemaak dit word skoon gedoen. Dis net die yskas ding wat ek nie lekker verstaan nie. So hulle het vanaf Lesotho gereis na die man toe nie of hy hulle loop soek het nie. Daarom krap polisie nou in die wapen winkel rond moet hulle saak versterk. Glo die ander wapens is in die kluis gebere vir eienaars wat wag op wapenlisensies wat so stadig kom soos harmus drup

Flippie ·

Hoekom is die ou nog nie verhoor nie? Of is daar te min bewyse? Hoekom nou eers sy geweerwinkel deursoek? Hoekom nie vroeër nie.

Louise ·

want hulle het nie tyd nie.
Die Parys boere hou hulle te besig……..

Regtig? ·

Hoekom is die man nou siek? Omdat hy ‘n Deen is wat ‘n Sotho tradisie uitvoer? Ek is seker hy het dit meer higienies en minder wreed as enige tradisionele dokter gedoen.

Die SAPS wil nou hul patetiese SVR se rekords probeer gebruik om hom te probeer vervolg. Enige hof gaan vir hulle lag.

Oni ·

Dele is gehou vir later om vingerafdrukke te doen sou daar n gestryery ontstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.