Gesoekte Mpumalanga-rowers in Pretoria aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Twee voortvlugtige rowers, wat in Julie vanjaar uit aanhouding in Middelburg in Mpumalanga ontsnap het, is na ʼn lang soektog in Pretoria aangekeer.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê Sibusiso Nicholas Ngcane (33) en Linda Michael Cele (31) is by hul onderskeie skuilplekke in Soshanguve, noord van Pretoria, in hegtenis geneem, nadat die polisie verskeie leidrade opgevolg het.

Ngcane en Cele het op 18 Julie uit aanhouding ontsnap terwyl hulle van die hof, waar albei pas ʼn vonnis van 28 jaar tronkstraf opgelê is op aanklagte van sakerowe in Middelburg en Witbank, na ʼn polisievoertuig vergesel is.

Volgehoue speurwerk het verlede Woensdag tot Ngcane se inhegtenisneming gelei. Cele is Donderdag in hegtenis geneem met ʼn 9mm-pistool, waarvan die reeksnommer afgevyl is, in sy besit.

Buiten hul huidige vonnis wat uitgedien moet word, staan die twee nou tereg op aanklag van ontsnapping. Cele staan ook tereg op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buitestander ·

Hoop net nie die ontsnaptes is deur koerupte polisie beamptes gehelp om te ontsnap nie.
Sorg moet nou gedra word dat hul nie weer obtsnap nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.