Gespreksreeks oor transformasiedruk aangekondig

Argieffoto (Foto; AlexanderStein, Pixabay)

Die sakeorganisasie AfriSake bied eersdaags ’n reeks gesprekke aan oor wat sakelui te doen staan in die lig van toenemende druk om te transformeer. Die eerste van dié gesprekke vind op 24 Oktober 2017 in Pretoria plaas.

“Een van die grootste enkele bedreigings vir voorspoed in Suid-Afrika is die toenemende vereistes wat aan ondernemings gestel word om te ‘transformeer’. Wat tans gebeur, is dat elke aspek van kommersiële bedrywighede – insluitend eiendomsreg, kontrakteervryheid, kliëntediens, indiensneming, oornames en samesmeltings, lisensiëring, verskaffingsooreenkomste en selfs welwillendheid en donasies – aan rasvereistes eerder as goeie sakebeginsels onderwerp word. Selfs familieondernemings en eenmansake ontsnap nie dié druk nie. Dit het die moontlikheid om tot ’n ekonomiese katastrofe te lei,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.

AfriSake wil ’n sakegemeenskap fasiliteer wat voorspoedig en teen skadelike staatsingrepe bestand is. “Ons wortels is Afrikaans en ons tree onbeskaamd vanuit daardie basis vir die sakebelange van sowel ons Afrikaanse as anderstalige lede in, tot voordeel van ons lede én die groter samelewing,” het Le Roux bygevoeg.

Bywoning geskied op uitnodiging en beperkte plek is beskikbaar, maar belangstellendes kan per e-pos navraag doen by [email protected]. Meer besonderhede vir die eerste gesprek op 24 Oktober 2017, asook verdere gesprekke sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wdp ·

Transformasie is maar net n ander uitdrukking om welsyns werk vir onbevoegdes te gee agv hulle velkleur dan wil hulle net voor n rekenaar sit en salaris trek

kobus ·

1. Selfs klein besighede wat n groot omset het, word gedwing om transformasie toe te pas. Hou soveel moontlik transaksies kontant en sit NET transaksies wat nie kontant is nie op die boeke. Dit laat die omset kleiner lyk.
2. Moenie tender vir staatskontrakte nie. Sodra jy tender kom vis hulle al jou gebrek aan transformasie uit en gee jou hel daaroor, plus jy kry antway nie die werk nie. Nog meer geld is nie alles nie. Uiteindelik kos die transformasie jou meer as dit wat jy uit die werk vir die staat kon maak.

Ww ·

Hulle gaan nie ophou voor dat hulle alles en almal vernietig het nie, en die wat dink hy gaan dit ontsnap maak ‘n groot fout

Jacqui ·

Gaan lees gerus die berig op Afriforum nuus oor die padda in die pot. Presies deel van die oorspronklike 25jaar plan van d ANC. Nou begin hulle die water te warm maak en die padda wil en gaan uit d pot spring kort voor lank

Rupert Ashford ·

Enigste oplossing is om die Koerde en Katalane se voorbeeld te volg.

Eish ·

Uiteraard het ek groot waardering vir die gesprek wat gaan plaasvind. Ek het egter bedenkinge oor positiewe uitkomste vir besigheidslui. Net soos die regstelsel gekaap word deur regeringsbeleid te bevoordeel en deur te voer, gaan die besigheidsomgewing verseker deurloop onder die tweede been van die rewolusie. Die intensiteit van die ekonomiese revolusie, gaan toeneem in felheid en gaan bates stroop en verwater. Hier kom n vlaag van armoede wat ons verstom gaan laat.

Stofskoen ·

Snaaks as ek webskakels in my kommentaar sit om lesers te help, my kommentar verwyder word.
Daar is maniere vir jou as jy jou eie besigheid wil bedryf en nie deur transformasie druk ontmoedig word nie.
Afrikaners word al hoe armer as gevolg hiervan.
Jy kan byvoorbeeld e-burgerskap kry van die Estonie Republiek wat jou in staat stel om ‘n Europese besigheid te bedryf asof jy ‘n Europeer is. Koste om te registreer is 100 Euro en als is wettig.
Verder as jy weet hoe kan Bitcoin of kripto-geld nuwe markte oopmaak en jou beskerm.
Ek glo ek kan ongelukkig nie skakels hier plaas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.