Gevangene sterf ná tronk glo doktersbesoek weier

Johan van Niekerk. Foto: Verskaf

Johan van Niekerk. Foto: Verskaf

ʼn Gevangene in die Polokwane-gevangenis wat glo maande lank die owerhede gesmeek het om hom toe te laat om sy privaat dokter te raadpleeg, is verlede Saterdag in die gevangenis dood.

Johan van Niekerk (78) se familie dring nou daarop aan dat die departement van korrektiewe dienste ʼn amptelike ondersoek doen om vas te stel hoekom hy nie toegelaat is om sy dokter te spreek nie en wie die beamptes is wat sy versoek geweier het.

Van Niekerk is in 2011 skuldig bevind dat hy ʼn vermeende stroper op sy plaas buite Phalaborwa vermoor het. Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Van Niekerk het skuld op die aanklag ontken en was steeds in die proses om appèl teen sy skuldigbevinding aan te teken toe hy oorlede is.

Julian Knight, Van Niekerk se prokureur, het aan Maroela Media gesê Van Niekerk het baie met hoë bloeddruk gesukkel en glo maande lank probeer aansoek doen vir toestemming sodat sy privaat dokter hom by die gevangenis kan kom besoek. Volgens Knight het die beamptes van korrektiewe dienste alles in hul vermoë gedoen om die proses te vertraag en Van Niekerk se doktersbesoek te verhoed.

“Nadat mnr. Van Niekerk se pogings geen reaksie gekry het nie, het ek in Mei 2016 namens hom ʼn brief aan die owerhede gestuur om te versoek dat ʼn konsultasie met sy privaat dokter sou geskied. Van Niekerk het ook self ʼn brief geskryf met sy versoek en by die kantoor van die hoof van die gevangenis gaan inhandig,” het Knight gesê. “Nadat ek geen reaksie gekry het nie, het ek weer ʼn brief aan die gevangenis geskryf wat ook onbeantwoord gebly het.”

Volgens Knight het hy daarna weer aan die gevangenis geskryf waarin hy hulle ingelig het dat hy met ʼn dringende hofaansoek sal voortgaan indien hulle nie Van Niekerk toelaat om sy dokter te spreek nie. “In plaas daarvan dat hulle op my brief reageer, is Van Niekerk na die hoof van die gevangenis se kantoor ontbied, op geskree en verbaal mishandel. Hulle het aan hom gesê indien hy sy privaat dokter wou sien, sou hy die koste moes dra van vyf tronkbewaarders om hom te vergesel na sy dokter se spreekkamer. Dit is absoluut verregaande aangesien die dokter hom by die gevangenis sou kom besoek. Ons het dit deurentyd op skrif duidelik gestel dat Van Niekerk self vir die koste van die dokterskonsultasie verantwoordelik sou wees en korrektiewe dienste sou dus geen koste in die verband moes aangaan nie.”

Knight het gesê Van Niekerk se vrou het twee dae voor sy dood ʼn oproep van ʼn beampte by die gevangenis gekry wat haar ingelig het dat die familie R5 417 sou moes betaal om die besoek van Van Niekerk se dokter te fasiliteer. Knight het die dag hierna ʼn brief aan die hoof van die gevangenis gestuur om te vra presies wat die doel van die geld is. Hy sê hy het weereens geen reaksie op sy skrywe ontvang nie. Van Niekerk is die volgende dag oorlede.

“Die gevoellose miskenning wat beamptes van korrektiewe dienste toon vir die grondwetlike regte van gevangenes is onaanvaarbaar,” het Knight gesê. “Ek het namens die familie ʼn brief aan die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste gestuur waarin ek versoek dat die voorval dringend ondersoek word en dat die betrokke beamptes aanspreeklik gehou word. Ek het nog geen reaksie op my skrywe ontvang nie.”

Knight het gesê hy is nie bewus dat daar ʼn nadoodse ondersoek gedoen is nie en ook nie ingelig van die omstandighede rondom Van Niekerk se dood nie. “Sy familie het wel aan my gesê dat hy ʼn dagboek gehou het van al sy versoeke om sy dokter te sien en notas gemaak het van die gebeure en met wie hy gepraat het. Hierdie dagboek het intussen net spoorloos verdwyn. Dit was net nie meer tussen sy besittings nie.”

Knight het gesê hy sal ook ʼn klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie indien.

Maroela Media het die departement van korrektiewe dienste genader vir kommentaar, maar tot op hede nog geen reaksie ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

celia ·

My innige simpatie aan Johan van Niekerk se geliefdes.
Sterkte met julle stryd om geregtigheid! Moenie opgee nie. Dit kan hom nie terugbring nie- maar doen dit vir hom.
Ek bid vir julle.

SNEL ·

Almal wat vir my en Johan Naude so kap omdat ons praat, of eerder, dit onder julle aandag wil bring dat karma glad nie Bybels is nie. As hulle ernstig is oor God en om Hom te volg, sal julle dankbaar wees dat iemand bereid is om julle te waarsku. Dis glad nie dat ons die erns van die berig verloor nie, maar aan die dooies kan niks meer gedoen word nie, maar julle wat nog asem haal en lewe moet mens waarsku (my Bybel sê ook ek moet dit doen) en as ek iewers die pad byster raak en nie volgens God se Woord handel nie, vet weet, asseblief waarsku my, want ek wil nie vir God so ver as ek kan teleurstel nie. So, as julle nie wil hoor van karma nie, sê jy is n Boedis of Hindu, dan los ons jou (en bid ons knieë deur vir jou), maar vir n mede broeder of suster, jou ore kan tuit, maar ek sal van my laat hoor as jy krap aan kole.

Estelle ·

Dink aan sy families. Sterkte. ASB hou aan met saak. Maak nie saak wat of hoe hy was geregtig op mediese hulp.

Hasie ·

Dit is verregaande. Dit laat my ook die indruk kry dat daai ouens aan wie al die versoeke gestuur is nie kan lees of skryf nie. anc sal hulle in elk geval beskerm.

Mielie ·

Nou hoe Kon Oscar n privaat dokter kry?hier sal niks van kom nie. Wonder watter politieke party gaan nou hier by betrokke raak indien enige

Andrea ·

Miskien moet mens die DA nader met hierdie saak en kyk wat hulle doen om die onreg aan te spreek…

Kaspaas ·

Andrea die DA is die ANC in blou. As jy hulle ondersteun verdien jy wat jy kry. Hulle sal niks doen en ongelukkig gaan niks van die kom, want in die land bestaan swart teen wit rassisme nie en die toesmering het klasr begin. Hiekom nog briewe skryf gaan sadelik vir hofbevel.

SiekLand! ·

Siek land die, RIV Johan van Niekerk. Maroela nuus het julle al enige terugvoering gekry van Nicolas Combrink wat aangerand is deur vier swart polisiebeamptes en toe uit sy bakkie geruk is nadat hy in n ongeluk betrokke was????

Lance ·

As julle al die feite op skrif het kan julle verseker n saak maak teen die staat

Kooos ·

Die leier van die DA se mos onregverdigheid sal nie onder sy bestuur gebeur nie .ek daag die DA stemmers om hulle party te vra vir hulp om mnr Van Niekerk se gesin by te staan.Ek gaan persoonlik vir adv Alberts van die VF+ skryf en vra om te help .

Johan Naudé ·

Dot, karma is ‘n oosterse konsep, moenie ons geloof daarmee vervuil nie. Die wraak is in ons Hemelse Vader se hande, soos alles is in Sy hande is.

Johan Naudé ·

Moenie jou onkunde ten toon stel nie. Karma het te doen met reïnkarnasie. As iemand gebreklik gebore is, of ly, sal die hindoes en boeddhiste sê dit is karma: die persoon verdien dit weens hul handel en wandel in ‘n vorige lewe. Dit het niks met ons bybelse “wat jy saai, sal jy maai” te doen nie.

LAAT REG GESKIED ·

ASB Koos en sommer dankie ook en eks seker almal sal LOOOOOP van saak wil weet. Wat ‘n riller. Hy is van 2011 al in. !!Ons dien ‘N REGVERDIGE GOD wraak kom ons nie toe ..owee SY TOORN IS GROOT.

Louise ·

Ag jinne tog dit gaan nou nie hier oor Karma of gelowe nie man. ‘n Arme siek Man is toegang tot behandeling geweier. Slaan hulle met ‘n vet siviele eis. Die storie van alles onder die mat invee is nonsens.Ja die wiel draai (KARMA)

Andre ·

Ai Johan Naude. Julle is so besig met nuanses dat julle die tragedie van die berig heeltemal miskyk.
Onthou ons geloof kom ook uit die midde ooste uit.

Jan maak n plan ·

Eerstens sterkte aan mnr Van Niekerk se geliefdes. Tweedens dagvaar die dept van korrektiewe dienste vir vreeslik baie geld en verkla hulle aan van rassime by die MRK ook. En moenie die appel saak los nie want dit kan ook tit nog n eis lei.

Hennie ·

Ek wil Johan Naude sterk ondersteun, laat ons opkyk na Jesus en nie gryp na snert soos karma nie. Mense gebruik terme sonder dat hulle uitvind wat hulle aanhang en promoveer.

Ellie Rose ·

Hoop dat indien daar wel regstappe teen die korrektiewe dienste amptenare in werking gestel kan word en ás dit op ‘n hofsaak uitloop, dit ook wêreldwyd op tv uitgesaai sal word. Sterkte aan Johan se naasbestaandes, familie en vriende. Mag reg en geregtigheid sëevier.

Andrea ·

Is daar n manier wat mens dit dalk kan laat gebeur? n Oorsese mediakanaal?

Tc ·

Ai,dis hartseer om om sulke goed te lees,n mens wonder of dit nie aspris vertraag was nie,Walus was ook so behandel gewees!Stem saam met vele mense hier oor die “Karma” ding,dis n nuwe siekte wat onder ons mense uitgebreek het,elke 2de persoon sê mag “Karma hul tref “,ek verpes dit!
Sterkte aan die van Niekerks vir jul verlies,dit was so onnodig gewees!!

Scalla ·

As sy van shaik was sou hy al mediese parool vrygelaat gewees het, dubbele standaarde

Skatymir ·

Dit is ‘n skande dat party mense se kortsigtige godsdiens ideologie meer belangrik vir hulle is as om empatie te hê vir die tragiese afsterwe van Johan van Niekerk en dan hierdie forum daarvoor te gebruik. Waarom het die wonderlike god nie iets gedoen toe 30 duisend vrouens en kinders in die konsentrasie kampe al smekende na hom buitendien gesterf het nie. Dink ‘n bietjie hieroor voor jy jou tong insluk.

LEONARDUS ·

Die man is in die tronk dood.In die tronk smeer die bewaarders allis toe.DIT IS N FEIT.Ongelukkig is ons stelsel verkeerd.Ons is slawe van ongeregtigheid.Vind liefde in jou hard met God.HY kan jou help MET ANTWOORDE.

Ek ·

Daar sal niks van kom nie!! Kyk wat is die sg klag teen hom en kyk na sy velkleur!!! Arme man! RIV

SNEL ·

Dot, as jy in God glo, dan praat jy nie van karma nie, dis n Hindu en Boedistiese geloofs ding, n Christen maak slegs staat op God, maar as jy nie n Christen is nie, verstaan ek waarvan jy af kom, en sal ek jou aanraai om eerder op Iemand te vertrou wat nie in n mensgemaakte beeldjie vasgelê is nie, maar nog beter as dit, as jy jou hart vir die Here gee, kan jy voel en weet jy jy aanbid n Lewende God, en al sien jy Hom nie, sy teenwoordigheid is net wow in jou lewe….beste gevoel ooit, dan besef en weet jy Hy is die Enigste God en jy sal net wil getuig van Sy goedheid.

SNEL ·

My hart gaan uit na hierdie arme man en hoe hy moes gesukkel het net om n dokter te sien en dan die teenkanting en koue behandeling wat hy moes verduur het. Hierdie man kon nou nog gelewe het, so die klomp wat verantwoordelik was dat dinge so draai is nou ook moordenaars, hulle moet nou ook 15 jaar kry. Hulle is niks beter as die wat agter die tralies is nie. Ek hoop van harte dat daar agter die kap van die byl gekom sal word en dat die suldiges sal boet vir hul dade. Baie sterkte aan sy vrou, kinders en familie, mag die Here julle dra en krag gee deur dit alles.

Esmay ·

SNEL dankie dat jy altyd n ding so mooi stel en verduidelik asook v jou empatie. Dis v my lekker om joukomentaar te lees. Dit is net baie hartseer dat maak nie saak in watter situasie ons blankes beland die duiwelse elemente ons wil vaspen. Veral wat nou in ons land aan die gang is. Maar God het n plan met als en ons .moet net in Sy geloof vashou.

Maria van Dieweeck ·

Jesus, dra asb sy geliefdes en straf sy moordenaars ook asb Amen

danie ·

Ek is jammer om te hoor van Johan, maar ek dink weereens is die volle verhaal nie vertel nie, is hy mediese sorg totaal geweier of net sy privaat dokter. Het sy dokter die staat dokter gebel en die inligting oor gegee, ek dink daar is baie vrae wat nie in die berig beantwoord is nie. En vir die christelike mense, as julle so erg is oor julle geloof hoekom volg julle net die reels wat julle pas. En vergeet van die ander. En dink mooi voor julle antwoord want jy mag dalk onchristelik wees

danie ·

Karma , beteken wat jy doen in jou vorige lewe sal beloon word in jou volgende lewe, goed of sleg. So wat jy saai sal jy maai het betrekking. Weereens my christelike vriende, vertel die volle verhaal nie net wat van toepassing is op die oomblik nie

Schalla ·

As Afriforum genoeg karakter het sal hulle die saak dryf dit is tog juis vir sulke goed waarvoor hulle lede maandelikse bydraes maak!

johan ·

scalla jy is reg partykeer hou hulle hulle op met onbenullighede

Johan Naude ·

Danie, die bybel het niks met oosterse konsep van reïnkarnasie te doen nie. Hy wat in die vlees saai, sal uit die vlees verderf maai, maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. Galasiërs 6:7 en 8. Jy is besig met growwe misleiding meneer!

plaasjapie ·

Skatymir…ons sal nie weet hkm ons Hemelse Vader sekere dinge laat gebeur. Dat ons wel n Almatige Skepper het, kan ons nie betwyfel nie.
HY nie lank terug n wonderwerk vir ons eie volk gedoen het by die slag van bloedrivier. En ons lewe op oomblik onder n strafgerig omdat ons Sy wette verontagsaam ! Die verdrukking op ons witmense in die land is n feit en onregverdige behandeling deur huidige regering is nou maar ons lot op die staduim !

Flippie ·

Waar is Afriforim nou? Of staan hulle net sekere mense by? Hierdie is ‘n totale miskenning van iemand se basies mensetegte en dit net omday hy wit is.

Hierdie man is deur die staat vermoor, punt. Sy vervolging is alreeds onder verdenking. Ek meen die man wat deur hom gedood was, was onwettig op sy grond en was ‘n vermeende stroper. Sy eintlike oortreding was dat hy wit was en dat hy ‘n swartes gedood het.

Ek was deur ‘n hoë polisie amptenaar (wit) ingelig dat wit op swart geweld deur die staat in ‘n ernstiger lig beskou word as ander geweldsmisdade.

Die staat is verantwoordelikheid vir die man se dood en niks kan daarvoor vergoed nie. Hierdie ding dat witmense uitgelewer is aan ras- en magsbehepte en boonop onbewame polisie, aanklaers, magistrate en regters moet einde kry.

Wittes moet rug styf maak en van die juk ontslae raak.

Columbiana ·

So as hy ‘n swart man was wat ‘n wit man vermoor het moes hy anders behandel word. Asseblief tog dis hoekom daar soveel haat vir ons Afrikaners is omdat ons net eenvoudig aan hou glo ons is vergewe bo almal anders. Is ons? As jy se ons is kan jy asseblief se hoekom jy so se?

E.K. ·

Hier is iemand oorlede nou STRY sekeres oor betekenis/godsdienstige konnotasies en wat nie nog van sekere woorde! Regtigwaar! Mag karma, die blinde sambokk en watookal die ksuldiges kry.

Columbiana ·

Toe daai knaap wat gekonkel het met Zuma sy eie privaat Dr gekry het was dieselfde mense wat hier nou skryf up in arms en geskryf hoe hy beter behandel is as die res. Nou skryf daardie selfde mense hoe onregverdig dit is dat hierdie wit man nie sy Dr mag sien nie. Wat wil ons he moet nou eintlik in die tronk gebeur? Goeie behandeling as jy wit is maar reels as jy ander kleur is. Hoe wil ons nou eintlik he die tronk stelsel moet veroordeelde misdadigers behandel? Onthou daai stelsel huisves ook die plaasmoordenaar die verkragter die ander siek gemors. Moet hulle ook met kids gloves behandel word

Columbiana ·

Dit kan dalk blyk uit my vorige skrywe dat ek nie simpatie het vir die man nie. Dis glad nie die geval nie ek het. Maar wat ek wel vra is of die mense wat so hier uitvaar so sou gal braak oor die dood van ‘n anders kleurige gevangene of is die outrage suiwer gebaseer op die kleur van die oorlede gevonnisde gevangene?

Elize ·

Rus in vrede Johan. Hoe vreeslik om te lees hoe swak hy behandel is. En sy sonde was om vermeende stroper te verwyder uit die samelewing. Mag reg geskied.

Columbiana ·

Is jy bewus dat hy die vermeende stroper (dis nie bewys nie) dood geslaan het en toe sy lyk gaan weg steel het. Maak toe jou oe en sien die daad nou in die hande van ‘n swart plaas aanvaller. Hey jy steeds simpatie?

J ·

Al wat die persoon wou sê met Karma is wat jy saai sal jy maai!!Nou val julle mekaar aan oor kommentaar. Kom by asb! Hierdie artikel gaan oor n persoon wat sy eiendom beskerm het en 15jaar tronkstraf gekry het En behoorlike mediese hulp is hom geweier.

Columbiana ·

Is jy bewus dat hierdie persoon die vermeende stroper dood geslaan het en toe sy lyk weggesteek het om ontvang deur die polisie gevind te word. Maak jou ogies stef toe en sien hom nou as swart. Het jy steeds simpatie?

Gesaaide ·

Mag hulle en hulle families ontvang wat hulle gesaai het, dit geld ook vir alle mense wat ons so vermoor! Amen

Louise ·

Baie dankie aan die wat simpatie het met Johan van Niekerk se familie. Ons waardeer dit. Vir die res van julle wil ek net sê “Skaam julle”. Weet julle ooit wat die werklike toedrag van sake is of tree julle nou op soos die skare wat met Jesus se skuldigbevinding geskree het “Kruisig Hom”. Ek wonder steeds hoeveel van hulle het ooit geweet waaroor dit gaan en is net opgesweep deur die paar wat hom beskuldig het. Monkey see, monkey do! Hoeveel van julle wat sulke negatiewe kommentaar gelewer het, ken iemand persoonlik wat in die tronk is / was? Weet julle wat werklik daar aangaan, maak nie saak wat jou velkleur is nie. Asseblief. As jy nie weet waarvan jy praat nie, moet nie kommentaar lewer nie.

Voorlaaier ·

Ek is verlede jaar op parool na 10 jaar vonnis. Graag deel ek met lesers my persoonlike ondervinding van hoe di tronk stelsel werk m.b.t. mediese sorg.
Die mediese stelsel is vytlik “non excisting” Daar is i hospitaal eenheid maar met basies geen medikasie beskikbaar ni. As jy griep het kry jy panado. As jy hoe bloedruk het kry jy panado. As jy i been gebreek het kry jy panado.As jy vel uitslag het kry jy panado……Ek glo julle kry verstaan di storie. My grootste fustrasie was nie met die bendes of diefstal nie maar met die slegtheid van die korrektiewe beamptes!!!…. Hulle beteken basies niks nie. Hulle is slegs daar om die selle oop en toe te maak. Enige iets anders is te veel werk!… Wanneer jy di dokter wil sien( wat in my gevaĺ 1 keer i maand daar kom) moet jy i boek invul wat in die seksie bestuurder se kantoor is . Dan begin die wag…… Kan tot 3 weke neem voordat jy hom of haar sien. Wanneer jy i privaat dokter wil sien moet jy die koste self dra. Die wagte en transport. Dis i duur storie!!!….
Wens ek kan al my stories met julle deel!!… Maar die punt is” As jy in die tronk ernstig siek word GAAN JY DOOD!!!!!!….Hulle voel vere vir jou.
Ek dank elke dag onse Here dat hy my veilig daardeur gestuur het want ek is ook al oud. Sukkel met gesondheid.

johan ·

dankie voorlaaier.maar wat vir jou gegeld het geld bleikbaar nie vir ander nie

danie ·

Was jy in die tronk of n 5 ster hotel, mense beland in die tronk vir n rede, jy het iemand anders te na gekom. Om sorry te se verander nie die slagoffers se situasie nie, dit gaan my verstand te bowe dat enige iemand in die tronk die vermeetelheid het om aan te dring op regte.

Sakkie Fourie ·

Columbiana
Ek was en is nou betrokke met alles ivm die saak. Jy het nie n clue wat gebeur het nie . Wat is jou bron? Die Sowetan?

Columbiana ·

Nee glad nie die Herald wat toe ek laas gekyk het ‘n Afrikaanse koerante is. As jy dan so nou betrokke is voel vry om die stellings te weerle ek is oop om my stellings te verander enige tyd. Soos ek gese het ek het simpatie maar ek wil dit glad nie net baseer op die feit dat dit ‘n wit man was

Columbiana ·

Jammer Sakke Fourie regstelling. Die berig te wat ek gelees het was in die Herald (Engelse koerant) gewees. As jy ander verwysing het wat ek kan gaan lees sal ek met die grootste liefde dit gaan lees om meer inligting te kry.

Louise ·

Nou sien ek hoekom jou kommentaar so ver van die werklikheid is. Alles wat jy weet het jy in ‘n koerant gelees! Ai. Ons volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis! Weet jy dan nie dat koerante stories skryf oor feite wat verander word na sensasie om mense te kry om die drek wat hulle opdis, te lees nie. Dream on!

Columbiana ·

Yes sure Louise en jy ken die mense persoonlike neem ek aan? Indien wel weerle asb die berigte. Sover ek weet het selfs die Afrikaanse koerante dit berig dat die man doodgeslaan is. Maar weereens as julle ander feite het voel asb vry om dit hier te stel. Sal jy dieselfde simpatie he vir plaas aanvaller wat die boer doodstraf of is jou jammerte suiwer gebore uit die man se velkleur.

Cecily ·

Ek glo ook in Karma bly ook in n land wat leef daarvoor en hier gaan dit goed met almal wat goed doen. Hoe kan hul n 78 jarege man so laat suffer dis n skande. Maar soos ek SA ken gaan daar niks van die saak kom nie.

SNEL ·

Ja Cecily, nie altyd maklik as mens omsingel is deur ander gelowe en jy alleen staan om aan die Here vas te hou nie, maar as Lot dit kon doen, dan is dit moontlik. Ek weet ook van n andergeloofsdienaar, stok horing oud, werk soos n jong tiener en nie n dag se kwaal nie, maar wil niks weet van die Here nie, raak woedend as mens iets noem, maar hoekom sal die duiwel mense aanval wat hom juis aanbid, hulle is juis in sy kraal, dis gelowiges wat aangeval word. Hoekom word die klomp ongelowiges so oud; (1) geen aanval van die vyand, en ek glo, (2)God gee hulle nog n kans, Hy wil nie sien dat een verlore gaan nie. Karma is en sal nooit Bybels wees nie. Hoe kan mens die Ewigheid so weggooi, tyd raak minder, lewe reg, lewe n pad saam met God. As mens vandag dood neerval, was dit die “wederkoms” vir jou, want daar is geen tyd om dan reg te maak nie. Staan op tussen daai ander gelowe en stof jou Bybel af en lewe volgens God se Woord.

Bettie Geyer ·

My innigste simpatie met Oom Johan se afsterwe en ook sy vrou en familie met hulle verlies ek het die Oom baie gesien toe hy In Kutama was voordat hy daar weggevat is en oorgeplaas is Polokwane toe en hy was die saggeaardste mens gewees altyd vriendelik gegroet en n drukkie gegee met familie dag daar my hart is baie seer RIV.

Flippie ·

Columbians – sit ‘n slag jou bril op en lees wat ek geskryf het nie wat jy dink daar staan nie. Ek het geskryf dat ‘n polisiemag my meegedeel het dat die staat wit op swart geweld ernstiger opgeneem word as geweld andersins.

Verder,’n plaasaanvaller of stroper oortree op privaat eiendom en hoort regtens nie daar nie. Ek verstaan Johan van Niekerk was 70 jaar oud toe hy ‘n veel jonger man dood gestaan het. Rym dit vir jou??

Niemand het gevra vir dedifferensieerde optrede gegrond op kleur nie eerder dieselfde konsekwente optrede teen alle burgers van die land.

Columbiana ·

Flippie my bril is stewig op maar dankie vir jou besorgdheid oor my sig.
Dis altyd verstommend dat hierdie hooggeplaasde polisie beamptes (jy het natuurlik die hele polisiemag wat jou meedeel volgens jou skrywe)kennise uitlatings in die geheim maak aan mense maar if push comes to shove is hulle nerens te sien om pa te staan vir hulle uitlatings.

Hannelie ·

Ek lees nou so deur almal se kommentaar…..en dis so hartseer. My hart bloei vir die families van die oorledene. Ek is so deurmekaar as ek so lees wat almal te se het. Maak julle oe toe en wat sien julle…..niks… Geen kleur. Die Liewe Heer het ons geskape om mekaar lief te he. Niemand het keuses oor die kleur “dop” wat hul gaan dra nie. Ons land en ons mense het blinde leiers nodig wat wette regverdig laat seevier….objektiewe mense wat vir ons land en toekoms kan besluit sonder om kleur of ras te sien. Menseregte skending is heeltemal onaanvaarbaar en ek bid dat die regte mense toegelaat sal word om die regte besluite te kan neem. Ons is almal onkundig oor werklike situasies en gebeure ……..ons steun so op die media om ons bewus te maak van als……en ongelukkig is als wat ons tans beleef negatief…….die Liewe Heer slaap nie…..als in Sy tyd. Ons moet net saamstaan, saam bid en onthou wat die Bybel noem aangaande veroordeling. Al is dit hoe moeilik…..ons kan nie net sekere dele van die Bybel lewe nie……mens lewe of ten volle vir God, of glad nie. …….. Dis so frustrerend om te kan sien en beleef wat gebeur en niks daaraan te kan doen nie, maar soos ek genoem het…God slaap nie…..en ons GLO dit!

plaasjapie ·

Ek dink nie daar fout is met jou brille nie Colum…dink die dinge waarvoor jy blind is. is feite en logika.
Hou op om jou vlak sienswyse te regverdig. Die man is te na gekom…om dit baie ligtelik te stel.

Tc ·

Columbiana
Ek lees glad nie eers n engelse koerant nie,want hulle verdraai feite erg!!Ek ken joernaliste wat weg is by engelse koerant agv dit!So skree soos jy wil en maak wat jy wil,alles word verdraai in die media in die land om sekere bevolkingsgroepe te baat en duidelik nie vir ons Afrikaners baat nie.As ek so na jou naam kyk en die feit dat jy engelse koerante lees neem ek aan jy is Engels,net jammer dat julle nie die feite wil raaksien nie!

Columbiana ·

Ek is so Afrikaans soos jy my dierbare Tc. Dis skokkend dat jy nie Engelse koerante lees nie. Wil jy dalk die definisie van eensydigheid gaan opsoek en dan weer met groot smaak vertel jy lees nie Engelse koerante nie. Weereens se ek dat Afrikaanse en Engelse koerante berig het dat die man die vermeende stroper dood geslaan het en sy lyk weggesteek het. Tot op datum het nie een van die ingeligdes dit weerle nie. Miskien kan jy so gaan wees om die feite vir my uit te le.

LEONARDUS ·

Hi Tc dis jammer dat Columbiana nie verstaan waar oor die berig is nie.N man is dood vir nallatigheid.Ek is jammer dat Columbiana so seer gekry van die verlede dat sy nie reg dink nie.Twee verkeerde dinge maak nie reg nie.DIE MAN WAT DOOD IS IS REREGTIG OP SY GESONDHEID.

Ben Prinsloo ·

Columbiana net die volgende, as die sogenaamde stroper op sy plek was dan was daar nie n saak nie. My ouers het my geleer van respek vir ouderdom. Ek is baie seker dat die meeste van hierdie mense stem saam dat as n wit gebraaksel by n swart wetsgehoorsame senior burger kom plunder en hy kry op sy herrie dan moet daar redelike verdraagsaamheid getoon word teenoor die senior burger. Die feit dat die stroper gedood is was n ongeluk en die feit dat die senior burger hom weggesteek het was n fout maar weereens as die stroper op sy plek was waar hy hoort was daar nie n saak of lewensverlies nie. My simpatie lê by Mnr. Johan van Niekerk, RIP ek ken nie die detail nie maar ek verstaan u optrede.

FRED ·

Ek kan julle belowe – Stuur dit aan die VF, en more het julle n antwoord. Self ondervind met die elektriese rekening. Hulle is ongelooflik behulpsaam. Gaan self en doen die ondersoek. Hulle maak nie net beloftes nie. Dis verskriklik, kan nie eintlik se wat ek wil nie. Sterkte aan die familie – ek bid vir julle.

Minx ·

Fred ek stem saam jou het gesien hoe die VF+ die mense van Sonop ‘n arm gemeenskap bystaan daar is ‘n dame E Lourens wat baie doen vir die gemeenskap al was die Johan in die tronk was hy besig om sy straf uit te dien en die minste wat hy verdien het was die reg om sy eie dokter te wou sien… Ek oordeel nie die dokters wat by staat dienste werk nie maar hulle is daar seker vir die verpligte jaar diens of swak opgelei. Kyk maar na die staat hospitale dit gaan glad nie meer om ‘n lewe te red nie makliker om ‘n dood sertifikaat te teken..

brenda ·

Hierdie KOMMENTAARRRRR!!!!! regtig…..sterkte aan die familie; of jy in die tronk is of in n ongeluk; staatshospitale en medies in die land is totaal daarmee heen!! ekt self nie medies nie; ek weet waarvan ek praat. Dis werklik hartseer wat met met Mnr van Niekerk gebeur het. Orals in staatsdepartemente; korrektiewe dienste korupsie! hyt volle reg gehad tot mediese sorg.

Theresa ·

Innige simpatie aan die familie van Johan.
Daar is geen rede dat hy mediese behandeling (al is dit deur sy dokter en dalk duur) geweier kon word nie. Dis ‘n misstap en die Departement sal moet pa staan. So ook dié wat nie boodskappe oorgedra het nie. Groot, groot fout.
Dan, die land se medies is in sommige hospitale brutaal en vergelyk met marteling.
My vriendin se dogter was deur 2 verpleegsters (wel, hul noem hulself so) gedwing om te kraam sonder ‘n dokter/ginekoloog by. Sy moes eintlik ‘n keiser kry en het hul geweier om haar dr te skakel. Lekker nê? Ek dink as almal wat al blootgestel was aan mishandeling op welke manier ookal die afgelope 20 jaar na vore kom – BAIE mense hul oë sal oopkry.

Theresa B ·

Hulle sal ook nie kommentaar lewer nie. Eers besig om hul basse te red en word daar seer sekerlik besluit wat daar vir die media gesê moet word.

Lieb ·

Rus in vrede buurman, die kort rukkie wat ek jou geken het was net ‘n voorreg, sterkte aan die familie.

Kathleen ·

Dit bly hartseer vir sy mense wat agterbly en sy dood kon voorkom geword het as die korektiewe dienste nie so onmenslik was nie maar ja wat jy saai sal jy maai en elke hond kry sy dag en ‘n brak ‘n naweek

Susan van Tonder ·

Ai tog! RIV Oom Johan! Was bevoorreg om jou te ken en sou dit nou nie vir jou wou gehad het nie. Mag jy rus en vrede ervaar daar bo by Onse Vader. Baie sterkte vir die familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.