Goeie nuus vir ‘7de Laan’-kykers

Foto: Facebook

Die omnibus van die gewilde SABC2-sepie 7de Laan keer vanaf 2 Julie terug na dié kanaal.

Dié nuus is Woensdag amptelik deur die tydskrif tvplus bekend gemaak. 7de Laan het die nuus ook op sy amptelike Facebook-blad bevestig.

Die sepie het in Februarie vanjaar gesê die SAUK het dié omnibus gekanselleer sodat die uitsaaier sy programskedule kan vernuwe.

ʼn Nuwe musiekprogram is onder meer vir dié tydgleuf op SABC beplan.

Die SAUK het ook in Januarie vanjaar die program na die 18:00-tydgleuf geskuif terwyl dit voorheen om 18:30 uitgesaai is.

Die gewilde sepie se tydgleuf het sedert sy verskyning in 2000 nog net twee keer vantevore verander toe dit sedert 4 Julie verlede jaar om 19:00 uitgesaai is, en nou weer om 18:00 op weeksdae.

7de Laan het sy 4 000ste episode op 18 Januarie opgeneem. Die sepie vier vanjaar sy 17de jaar op die kassie.

Rosa-Marie Erasmus, woordvoerder van 7de Laan, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Dit is nog onduidelik of herhalings steeds tussen Maandae en Vrydae om 13:00 op SABC2 uitgesaai gaan word, en ook om 10:30 op SABC3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Petro ·

Ek wil net graag by die skrywers van die draaiboek hoor of hulle dink die mense geniet dit om te sien dat daar ALTYD krisisse is en dat NIEMAND ooit gelukkig is nie.
Daar is altyd trane, bakleiery en onmin. Omkopery en gelieg.
Probeer hulle Dallas verbeter of wat?
Gee die mense iets om te geniet, nie wat hulle woedend maak nie

Poppie ·

PETRO VIR PRESIDENT!!! Ek stem ten volle saam… altyd hartseer, lelikheid, trane, bakleiery en en en ….. Ek werk my so op eintlik waaneer ek dit kyk hehehe… Maar ek stem saam! Bring bietjie happiness in toe man, asseblief!

Kollie ·

Jy kan nie die gemors met Dallas vergelyk nie. Dallas het altyd ‘n uitstekende en vernuwende storielyn gehad, 7 de laan is net ‘n klomp twak.

cor ·

7 de SABC transformasie probeer weer kykers terug lok gesien kykers wil nie meer tv lisensie betaal ne.

dieploegskaar ·

so nou wil SABC ( the C is for C-orruption) he dat jy vir al jou ander “devices” waarop jy kan tv kyk moet liksensie betaal . . .

Deon ·

Ek en my hele familie het ophou kyk na Vinette se aanval en lekker kry omrede blanke boere vermoor word!! Ek kan daai vrou nie hanteer nie, wil haar nie voor my oë sien nie!

Magda ·

Deon ek stem100% saam – kyk ook glad nie meer 7 delaan nie.

Phil Pienaar ·

Sewende Laan.Wens dit verdwyn…Baie baie swak reeks.Bygese ek het seker meer as n jaar terug n stukie gesien.

Ai ·

Sal nooit verstaan hoekom mense berigte lees net om gal te braak nie. Daar is mense wat 7de laan geniet so gin hulle dit! Hou net op kerm vir ‘n slag!

seder ·

ek kyk nog getrou 7de traan al irriteer Bonita se aanhoudende aanjaag vreeslik. deur al die twak wat sy al aangevang het, was haar geboorte beperking rotsvas in plek. toe val haar kniee oop om haar swaer te troops. lo and behold daar sit haar turf. alles nou net om ou Vince meer na n tandelose boerboel te laat lyk. maar hy vergewe alles. ek hoop regtig die liewe Karmen se verdwyning word gou opgeklaar. dit bewys net dat die polisie self in die sepies net so tandeloos soos die spul ruggraatlose welmans wat almal op n hoop in hillside opgeeindig het. te slapgat om op hulle eie te survive. die grillerige mariaan ontaard ook nou al te veel in n Sandra of Gita. stuur asb die regte Sandra of Gita terug om haar onder n klip in te jaag.

seder ·

ek kyk nog getrou 7de traan al irriteer Bonita se aanhoudende aanjaag vreeslik. deur al die twak wat sy al aangevang het, was haar geboorte beperking rotsvas in plek. toe val haar kniee oop om haar swaer te troos. lo and behold daar sit haar turf. asof die ou Zander rubberkniee nie al genieg smart en lyding verduur nie. dit grens aan rassisme. die kleurling volk is mos so lis. alles nou net om ou Vince meer na n tandelose boerboel te laat lyk. maar hy vergewe alles. ek hoop regtig die liewe Karmen se verdwyning word gou opgeklaar. dit bewys net dat die polisie self in die sepies net so tandeloos soos die spul ruggraatlose welmans wat almal op n hoop in hillside opgeeindig het. te slapgat om op hulle eie te survive. die grillerige mariaan ontaard ook nou al te veel in n Sandra of Gita. stuur asb die regte Sandra of Gita terug om haar onder n klip in te jaag.

Ouma Stok ·

Ek was een van die wat 7de laan van die begin af gekyk het, dis toe dit 1 dag ‘n week op was, toe 2, toe 3 en toe 5. Die dae van Willemien, Tiaan en Zak. Daai tyd was dit nog lekker om te kyk, dit was lewenslustige mense oud en jonk en humor gemeng met ‘n tikkie drama en baie sports. Alle daagse probleme, en ‘n kleiner tikkie donker drama. Nou is dit days of our lives in afrikaans, met donker drama regdeur, en ‘n klein tikkie ou humor, geen lewenslustigheid. En die drama trek uit en uit , tot vervelens toe. Baba ontvoering vir maande lank, dwelms smokkel vir maande lank. My hart kan dit net nie meer hanteer nie, ek kry genoeg drama uit die nuus elke dag. Ek sal nie omgee om dit weer te begin kyk nie, maar daar kort bietjie varsheid.

Poppie ·

Ek mis nie 7de Laan nie. Ek het my decoder gestel dat dit begin tape van 16:57 tot 18:33. Van Maandag tot Vrydag. Ek kyk geen ander sepie. So ek kan nie saam praat of die ander gemors is of nie. Dus bly ek stil. As jy dit nie kyk, hou verby. Party het dit kwansuis lank terug gekyk en het nog steeds n mond vol te sê. Hoe weet jul dat dit nie in die tussentyd baie interessant geraak het nie?

Kobus Hattingh ·

Kyk VEEL EERDER na ‘n heruitsending van Agter elke man ens.

tish ·

Bonita, jy moet asseblief verdwyn
gaan huistoe geniet jou swangerskap is dit so moeilik om 7de laan te los.
regtig al die leuns ens, vreeslik ideteerend.
ja Diederik lieg ook oor sy “ouma”
geen voorbeeld vir Afrikaans nie

Tokkie ·

Dis nie so seer Bonita. Dis die skrywers. Wens hulle wil meer gelukkige stukke insit. Alles in 7de laan is net een ongelukkige spul. Kan hulle nie bietjie oplewing in die stuk plaas.

Bubbels ·

Ek kom agter 7de Laan gaan baie oor bewus making van ding wat om ons aangaan,, kinders wat weg raak, ens… As 7de laan jou so iriteer is da ‘n maklike oplossing…. MOENIE DA NA KYK NIE!!!

7 de Laan Kyker ·

stem saam met jou Bubbels: as hulle nie saam stem nie hoekom kyk hulle nog daarna. die tv het meer as een kanaal verander van kanaal. dit is imers al wat ek op die oomblik op SABC kyk is 7de laan – dan verander ek en kyk DSTV. SABC bied ons as afrikaans sprekendes niks om na te kyk nie !!!!

Alicia ·

Ek lees almal se kommentaar en dan wonder ek by myself hoekom kyk ek nog 7de laan? Die storie met Bonita is siek…….Diederik wat lieg oor sy Ouma…. kinderagtig!! Vanessa se kind se ontvoering?…. Nee wat, ek is besig om my ook los te maak van my gunsteling sepie…. Dis jammer.

THEA ·

Hierdie sepie is net tyd mors en n klomp gemors. niks kan jy uit die sepie leer nie behalwe negatiewe goed. Verstaan nie hoekom die program nog op is nie, dit is verveeld en eentonig. Kry iets anders in die plekv d program

Nettie ·

Ek het nou net gehoop dit sal lees: 7de Traan van die kassie af …. maar toe sien ek dit is GOEIE nuus vir kykers van 7de Laan. Ag, hemel tog nee, ek lees eerder my boek as om dié kommin, sg. ‘Afrikaanse vermaak’ se sit en kyk.

VanAfrika ·

Ek kyk 7de laan. Hou van die intriges en hou ons kykers op ons tone, Kykers kan ook nooit tevrede gestel word nie. Verander dit in n “gelukkige sepie dan sou julle dan te gekla het dat dit te soetsappig is. As jy nie daarvan hou nie kyk dan iets anders. Intussen wil ek sien wat met Carmen gebeur het en bid net dat sy nie nog n statistiek gaan word van nog n kindermoord nie. Wanneer gaan Connie en Chris die kat in die donker knyp noudat Alexa vir Andre “gesteel” het, “payback time”. Hou van wat Diederik doen, dis so romanties om voor te gee hy het n ouma net om n meisie se aandag te kry, iets wat hulle eendag vir hulle kleinkinders kan vertel. 7de laan moet dat Ammie en Willem n item maak omdat hulle so n oulike item sal wees en omdat hulle in die regte lewe date. Dis tyd vir Marco om weer liefde te vind en moet liefde met Petro vind, trou en die mooiste babatjie he. Daar is gans te min jong getroudes met nuwe babatjies op 7de laan.

Maria Van Dieweeck ·

Wat my pla is die aaklige Afrikaans op hierdie “Afrikaanse show”! Die jonges word beinvloed om so te praat!!

7de Laan Ondersteuner ·

Meeste van 7de Laan se verhale word gebaseer op realiteit in ons daaglikse lewe waaruit ons ‘n les kan leer. Maar ai tog dié wat daar altyd iemand is wat “per toeval” ‘n gesprek hoor of alfuister is so afgesaag. Probeer gerus ‘n ander taktiek.

Blommie ·

Ek lag nou so lekker vir al die kommentaar! Julle weet seker nie dat julle presies doen waarvoor die 7de Laan regiseurs hoop nie. Julle hou 7de Laan lewendig.

Ann ·

Ek kyk al vir baie jare nie meer 7de Laan nie. Aan die begin was dit intetessant en boeiend, toe begin dit afgesaag raak. As ek by ander mense hoor hoe dit verander het, veral die taal, dan wonder ek hoe dit nog ñ Afrikaanse naam kan hê.
Ek kyk eerder Binnelanders – baie interessanter!! En ja, stenig my maar. :)

Hennie ·

Die skrywers van 7de Laan slaag meesterlik daarin om ‘n sepie te skryf wat vergelyk met die grootste gemors op aarde. Dit irriteer die hel uit mens uit, regtig ‘n onmenslike klomp gemors!

JJ ·

Ja nee kyk – toe Gita weg is is die storie ook nie meer die storie nie – verveelig verby, nou is dit tyd vir nuwe akteurs – sommer baie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.