Gordhan glo binnekort afgedank

Pravin Gordhan, minister van finansies (Oktober 2016) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma het glo aan senior leiers van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) gesê hy beplan om Pravin Gordhan, minister van finansies, af te dank.

Bloomberg berig drie betroubare bronne het bevestig die SAKP-leiers is Maandag van Zuma se voorneme ingelig. Hulle het glo gevra om nie geïdentifiseer te word alvorens ʼn amptelike verklaring uitgereik is nie. Volgens Bloomberg het Zuma nie gesê wanneer hy beplan om Gordhan in die pad te steek nie.

Intussen berig PowerFM dat Zuma Maandagaand die ANC se top-ses by Luthuli Huis van sy planne ingelig het om Gordhan uit sy pos te verwyder. PowerFM het egter nie die bron van hierdie inligting bekendgemaak nie.

Daar word die afgelope tyd wyd bespiegel dat Gordhan binnekort sy pos gaan kwyt wees, veral nadat Zuma Gordhan en sy adjunk Mcebisi Jonas Maandag beveel het om onmiddellik van Londen na Suid-Afrika terug te keer. Gordhan en Jonas was saam met ander amptenare van die Tesourie in Londen waar hulle ʼn internasionale beleggerspromosietoer bygewoon het.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandagaand gesê die party dra nie kennis van die redes hoekom Gordhan beveel is om terug te kom nie aangesien dit ʼn “regeringsaak” is.

Intussen word die hofsaak wat Gordhan teen die omstrede Gupta-familie ingebring het van vandag af in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Gordhan wil hê die hooggeregshof moet ʼn verklaringsbevel uitreik wat hom verhoed om in te tree tussen banke en hul kliënte. Die Guptas het noue bande met Zuma.

Prof. Dirk Kotzé, ʼn politieke ontleder verbonde aan Unisa, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hy dink Gordhan se afdanking is om verskeie redes nie noodwendig so ʼn sterk moontlikheid nie. “In die lig van die hofsaak teen die Guptas wat aan die gang is, kan Zuma nie bekostig om Gordhan nou af te dank nie, omdat dit dan baie duidelik sal wees dat hy dit ter wille van die Guptas doen,” het Kotzé gesê.

“Gordhan se afdanking sal die ekonomie nog meer seermaak as in Desember 2015 en dit is ook iets wat Zuma in ag moet neem. Daarby het Zuma ook nie genoeg ondersteuning in die ANC om Gordhan af te dank nie. Hy het dus die grondwetlike mag om Gordhan af te dank, maar nie noodwendig die politieke mag om dit te doen nie.”

Kotzé meen die rede hoekom Zuma vir Gordhan uit Londen laat terugkeer het, is om te bewys dat Gordhan steeds aan sy gesag onderworpe is en nie vir homself mag besluit nie. ʼn Kabinetsverandering sal die grootste bewys van Zuma se mag wees, maar kan dalk negatiewe politieke gevolge vir Zuma inhou wat hy nie kan bekostig nie.

“Die dood van [Ahmed] Kathrada is nog ʼn aspek wat nou byna as weerligafleier dien in hierdie hele Gordhan-sage. Die ANC is veronderstel om ʼn tydperk van rou in te gaan en te fokus op die herdenking van Kathrada se lewe. Vir Zuma om nou ʼn kabinetskommeling aan te kondig, kan as ʼn gebrek aan respek teenoor Kathrada gesien word,” het Kotzé gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

My tweesent bydrae ·

Ongelukkig kan mens nie meer gevoelens op sosiale media uitspreek nie . Genoeg gese .

Kaspaas ·

Is ongelukkig ‘n misdaad om deesdae die waarheid te praat.

Matmiet ·

Waarheid? Hier is dit. Die beste besluit is om vir Zu… uh… Gordan of te dank want die Rand gaan versterk want Zuma is bevoeg en wakker. Die Rand sal nou groei na R1.70,732.87 en seventig. Julle wat teen die besluit is is van julle koppe af. Oom jacob het my vote. Daarsy. Dít is waarheid!

Cecilia Steyn ·

Mag die Here ons behoed van die katastrofe. Ek glo Hy is en bly in beheer. As dit moet gebeur, sal ons daardeur ook kom. Ons Boere het nog altyd.

Sw ·

Absoluut. Die Here sal ingryp, op Sy tyd. Ons tyd is nie Sy tyd nie…. Maar verlos sal Hy ons verlos.

pieter ·

EK KAN NIE SE WAT EK WIL NIE ,MAAR EK KAN DINK WAT EK WIL.

vytjie ·

Ek stem Pieter. En die wat nie weet nie my DENKE is gewoonlik swaarder as my uitsprake

AL ·

Gelukkig is dit baie mense se sentimente. Hy moet pasop dat hy nie sy hand met kaarte oorspeel nie.

Rynhardt ·

Maroela, het ek nie vir jou al gister gese dat n nuwe minister van finansies op pad is nie?? Wanneer gaan ons erken dat die ekonomie opsetlik vernietig is en dat SA op pad na chaos is?? Al die tekens is al lankal reeds daar.

Ronnie ·

Ek word sommer vuurwarm onder die kraag! Min Gordham is sekerlik die enigste minister wat sy sout oor en oor en oor werd is.

Annie ·

Ek gaan liewer my mond hou. Want as ek nou spoeg gaan niks groei nie!!! Hy en sy travante moet dalk hulle eie planneet gaan soek … van land regeer weet hulle niks!!!!!

zeno ·

Jacob moet eerder afgedank word, die man wil nou vir S.A. heeltemal in sy kanon in maak,sy sakke is mos vol.

Chris Ws ·

Fire vir zuma .Hy het die land meer skade berokken as enige ander leier voor hom.Enige iemand wat wil stry oor die waarheid??

Theresa ·

Daar is nou eenmaal nie pille vir hierdie soort stupidity nie.

Johann ·

Dit is voor die handligend dat die mense die land op sy knieë wil dwing voordat hulle nie meer in beheer sal wees nie

Chriszelda Steyn ·

mmmmm…. as Zuma hom wil afdank, beteken dit hy doen iets reg :)

wdp ·

Zuma is nie so stupid nie -hy doen sekere goed om hom self te verryk en voel ‘n veer oor die res vand die land, Onthou hy het nog net ‘n rukkie om ter skep – dan gaan hy terug tronk toe.

Afrikaanse Knaap ·

Soos my engelse vriende sal sê “Truer words have not been spoken”. Ek deel jou sentiment wdp.

Jade ·

Daar gaan die rand, daar gaan alles waaraan ons vasgeklou het, as Pravin weg is, gaan die rand niks werd wees nie, en hy was net besig om mooi te klim. Waar is al die liberaliste nou? Hoekom is Malema skielik so stil oor Zuma, is een van die poste nie dalk vir hom aangebied nie? Dit is iets verskrikliks om in ‘n land te bly waar alles net agteruit gaan en jou eie President niks vir jou of die rand of die land omgee nie. En JUIS agv hom is mens nie in staat om te emigreer nie want jou GELD is NIKS werd nie. Hy kollekteer net een leef luuks, hyt nie ‘n saak met die ‘poor’ nie, want hulle gaan een vd dae die LAND kry wat hy aan hulle belowe het. Hy het net vergeet om te se daar is 40 miljoen wat in die ry staan en 35 000 plase om uit te deel. Kan nie glo dat niemand in die ANC die guts het om hom in die bek te ruk nie.

BOLANDER ·

AfriForum, waar is julle???? Help asb. Hierdie man wat ons sogenaamde president is, is besig om heeltemal mal te word!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johanna Botha ·

Ons sink almal saam met no1 …ai tog dis nou wat gebeur as jy onkundig is en net n std 3 het ne . . So keelvol vir dit en voel SO magteloos !

Ouma ·

Ek glo daar moét iets wees wat ons landsgenote GESAMENTLIK kan doen om NO 1 se vlerke te knip. Daar is altyd baas bo baas. Maar ek dink mense soos Agriforum en ander wag eers dat die hele pretnjie ontvou voordat hulle daadwerklik sal opstaan saam met die nasie. Almal staan agter Pravin Gordon.

Oom Piet ·

Ek hoop dat as meneer Gordhan wel af gedank word , hy die moed sal hê om sy kant van die saak te stel om die ongerymdhede van die ANC aan die kaak te stel. Ek dink hy loop met baie
dinge in sy kop rond wat die ANC grys hare gee.

Niccy ·

As Gordon gaan, gaan al ons geldjies wat maandeliks so af deur ons wergewers afgetrek word nog meer misbruik word. Tyd dat ons beheer daarvan neem

Afrikaanse Knaap ·

Zuma haat die sterk Rand, want dan maak sy familie en vriende wat al die myn regte in SA het nie meer geld nie. Vir hom met sy standard 3 opleiding is die som maklik. Swak Rand = Meer geld.

Johannes van Staden ·

Kan mens nie n trust stig en belasting eerder daarin betaal ….daar moet n ander plan wees hier ! Hy vernietig almal se toekoms ! ! !

Speedguard ·

Stel Hlaudi aan , ‘n mens kan duidlik op televiesie sien hy het sy oog op alles !! Kyk hoe kyk hy vir my !!!

Flintstone ·

So gaan die sotheid aan waar mense wat nie bevoeg is om ‘n motor te bestuur,met iets so delikaat soos ‘n land se finansies karring.As dit nie vir Gordhan was,sou ‘n ekstra 2 miljoen mense hulle alreeds by die bedel-lyn bevind het.Ongelukkig kan slegs ‘n bitter klein deel van die burgers verder as môre dink.Wanneer die massas hulself op ‘n dag sonder pap op hulle bord bevind,is die verwondering aan die “skielike”tekort,verbysterend en eintlik lagwekkend.Wie se skuld sal die “wanbelans”dan wees?

Frans C ·

Elke keer as die man sy mond oopmaak val die rand en dus beleggersvertroue.

Alida ·

Die ANC moet baie vinnig van daai stortkop nar ontslae raak.

Karnivoor ·

Dit is fantasies. Hoe gouer Jacob met sy vernietiginswerk aan ploeter, hoe gouer word die Volk dalk wakker en DOEN die Volkstaat ding.

Willie ·

Kamakazuma vlieeniers tref somtyds die teiken ons vertrou die een mis ,maar die stukke spat orals

Renier ·

Het nie genoeg woorde om my weersin in n man wat veronderstel is om president te wees te omskryf nie. Weersin is nog n mak woord/

Will ·

Die skrif is aan die muur wanneer ‘n president, wat nie eers tydens ‘n toespraak ‘n finansiele bedrag korrek kan uitspreek nie, die minister van finansies wil voorskryf hoe om sy werk te doen!

Johann Marx ·

Perspektief: In 2000 vertrek my buurman en sy gesin na Australië. Hulle verkoop alles wat hulle hier het, en gaan koop in Aus in ‘n middelklas woonbuurt ‘n huis wat net effens kleiner is as die een wat hulle hier gehad het. Vir my, om dieselfde te doen, moet ek nou SEWE huise soos myne teen top pryse verkoop om EEN huis in Aus te kan koop…..danksy die ANC en hulle ekonomiese beleid.

danie ·

Meskien moet die media ophou bespiegel en stories voor uit loop, en wag tot die redes vir sy terugroep openbaar word. Nou word almal op hol gejaag. Die tiepe van verslag gee is bietjie roekeloos. Nou word hoor se verkondig as feite.

Jaco ·

Die anc het die land met geweld oorgeneem sodat dit n kommunistiese land kan word. Hulle is nog nie klaar met hulle planne nie. Ons moet die anc en sakp uit die land uit kry.

Oom Japie ·

Johann Marx – bly net hier – ons gaan elke man nodig he wanneer die bom bars.

dolphin ·

president dink nie vir alles daai mense nie hoe kan alle ministers kan bedrog spul met die dit.sa het nodig om die geld reg te doen

christa ·

Nou hoekom Waai Zuuma nie hy het die hele Land al in n Chaos Raak ontslae heel eerste van Zuma en al sy trawante

marous ·

Hoe gouer die totale ineenstorting gebeur hoe beter . Hierdie uitgerekte stuiptrekkings moet tot einde kom. Daar was aanhoudend gewaarsku dat hierdie dinge gaan kom , maar die “dit sal nooit gebeur nie” optimiste het dit as doem professie afgemaak . Waar is hulle en hul leiers vandag? Nie een in die voorste linies nie !!

Reggy ·

Dit koring is oorryp en tyd om die kaf te skei. Laat die skelms, huigelaars en ruggraatloses as kanonvoer dien.

Bert ·

As al ons ministers net die helfte van die integriteit en kapasiteit van mnr. Gordhan gehad het, sou ons ‘n vooruitstrewende land gewees het. Hy kan gerus maar die land regeer.

PJ ·

Gordhan dan moet jy vining se wat aar aangaan met alles, want jy vining oppad uit en bewaar jou eer..

Christo Herbst ·

Die ANC het gedink hulle resep gaan n wenner wees in die Kook en Geniet!! Tragies die resep gaan nie opgeneem word nie. Dit is n brouery!! Totaal en al !!! So jammer dat daar niemand is wat opstaan en sê genoeg is genoeg. Mnr Gordhan dankie dat jy nie die pad vat nie, jy is n voorbeeld van wat reg en wat verkeerd is. Jy is n yster ons kort meer soos jy in hierdie pragtipragtigge land wat op sy knieë tans is.

oumie ·

Zumpie raak aan Pravin en jy raak aan ons almal en aan ons beursies en dit gaan nie so goed met jou gaan nie nie eers jou nkandla mansion gaan veilig wees met al jou ondergrondse tonnels nie luister nou mooi wat die tannie vir jou sê ek weet jy luister nooit nie maar as ek jy is sal jy die keer luister

SARIE VAN HEERDEN ·

In Amerika luister die president se manne ‘n ander party af en hy word daarvoor afgedank. (Impeached).
In Suid Afrika bring die sogenaamde president die land in ‘n spottery met sy spul vroue en hoeveel kinders waarvan ons weet. Standerd drie (miskien?) en hy het die alleenmag om sy kabinetslede te huur en afdank. Honderde kriminele sake teen hom en hy systap almal. ‘n Regte Banana republiek !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.