Grace Mugabe: Polisie gee terugvoer oor saak

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Te midde van wye bespiegeling oor of die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, Suid-Afrika verlaat het of nie, het die Suid-Afrikaanse departement van polisie uiteindelik hul stilte oor die saak verbreek.

Die departement het Woensdagmiddag in ʼn verklaring gesê hy wil graag die nuutste inligting deel oor die polisie se ondersoek na die beweerde aanranding in ʼn Sandton-hotel. Maroela Media het vroeër berig Gabriella Engels (20), ʼn model van Johannesburg, beweer Mugabe het haar die afgelope naweek in ʼn hotel in Sandton aangerand nadat sy Engels in die geselskap van haar twee seuns aangetref het.

Aangesien die polisie nie die naam van enige verdagte kan bevestig voordat die verdagte eers in die hof verskyn het nie, wou hulle vroeër nie kommentaar lewer oor bewerings dat Mugabe die land verlaat het nie.

Die departement van polisie het egter Woensdag in ʼn verklaring bevestig dat die verdagte in die Sandton-aanrandingsaak steeds in die land is en nie na Zimbabwe vertrek het soos deur sommige media beweer is nie. Volgens die departement sou die verdagte Dinsdag om 10:00 by die Sandton-polisiestasie aangemeld het om ʼn waarskuwingsverklaring af te lê. Nadat die afgespreekte tyd verskeie kere verander is, het sy nie by die stasie opgedaag soos ooreengekom nie.

“Die verdagte se regspan en haar regeringsverteenwoordigers het verbale voorleggings aan die polisieondersoekspan gemaak dat die verdagte van plan verander het oor die waarskuwingsverklaring en haar op diplomatieke immuniteit wou beroep. Gevolglik het die regering van Zimbabwe amptelike korrespondensie aan die departement van internasionale verhoudinge en samewerking gestuur om die genoemde diplomatieke immuniteit in werking te stel,” lui die verklaring.

“Die verdagte is steeds in Suid-Afrika en het nie die land verlaat nie. Ons is meegedeel dat haar reisplanne onder meer private sake insluit, asook haar deelname aan die SADC Staatshoofdeberaad en bilaterale diplomatieke vergaderings wat reeds in Pretoria aan die gang is.

“Gesprekke met die verdagte se prokureurs en die Zimbabwiese Hoë Kommissie is tans aan die gang om seker te maak die verdagte word deur die regstelsel geprosesseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

willie ·

ha ha van haar vervolging gaan dadels kom, nooit ooit sal die ANC hul MENTOR se vrou vervolg nie!!! Dit was duidelik soos daglig van die begin af!

Hannelie ·

Ek stem saam….mag hul almal….en hard val. Dis mos Vrouemaand. Kla haar aan of sy nou ‘n vrou is of nie, sy gedra haar uiters swak, maar weereens die kom van die opvoeding af. Ek hoop die meisie se ouers los nie die saak daar nie.

marous ·

Waarom is die ANC vroueliga nou so stil ? Wat ‘n disgrace!

Jan Rehder ·

Wie is die ”departement van polisie”? Het hulle die Suid Afrikaanse Polisiediens of die Ministerie van Polisie vervang…

Johan ·

En die verklaarder verwag dat ons dit vir soetkoek moet opvreet -eish! Diplomatieke immuniteit word ingevolgevdie Weense Konvensie toegestaan by die formele akkreditasie van diplomate. Dit kan nie terugwerkend toegestaan word om vervolging in ‘n kriminele misdaad vry te spring nie – maar miskien is daar ‘n eiesoortige Afrika “twist” wat alle vertolkings van die konvensie oor die afgelope bykans 200 jaar ongedaan maak

John ·

Een met tande en die ander sonder… eish!
Wat ‘n sirkus is Afrika tog nie.

Riaan ·

So n SA ‘honourable minister’ mag n vrou wat hom slegsê nie n taai klap gee nie, maar n uitlander mag n model vermink? Was die anc vroueliga net besig om van n minister te probeer ontslae raak?

Riaan ·

So n SA ‘honourable minister’ mag n vrou wat hom slegsê nie n taai klap gee nie, maar n uitlander mag n model vermink?

Jannie ·

Kan ons dit nie dalk v ander lande ook stuur nie sodat hul kan sien wat wag vir hul as sy da kom stop hul krag gee Zuma en geld gee en se al hul mense moet terug na hul eie land toe asb ons vra maroela media server hulp sodat ander lande dit ook kan sien

jaco ·

te oordeel aan die fotos van die model se wonde, is haar ras of wit of kleurling. nou weet ons mos almal dat dit dan maar ok is om lelike goed met sulke mense te doen. die ongeskrewe onuitgesproke regverdiging daarvoor is dat dit terugkry vir apartheid is, of dat die slagoffer “not black enough” is.

vytjie ·

Malalane omdat sy self nie opgevoed is nie kan ons darem nie van haar verwag om ook respekvol op te tree nie

FRED ·

DIS NIE DIE EERSTE KEER NIE – SO GEMAAK SO LAAT STAAN. VROEER HET SY OORSEE OOK N FOTOGRAAF AANGERAND EN DAAR HET NIKS VAN GEKOM NIE. HULLE MOET HAAR LOS VIR DIE DOGTER SE MA – SY SAL HAAR UITSORT. N PERSOON VAN HOE AANSIEN MOET HAAR TOG GEDRA SOOS WAT DIE TITEL HAAR TOEKOM. SY WEET NIKS VAN MANIERE NIE. HAAR EGGENOOT IS NET SO DIK VAN VEL – NIKS BO NIE.MDINK JY DIE MINISTER VAN POLISIE SAL NOU SOOS HY ALTYD SE – NIEMAND IS VERHEWE BO DIE WET NIE – NOU TEEN HULLE DRAAI? VERGEET VAN DIT.

fm ·

Die arme model is seker deur die ma van die twee seuns verwar as ‘n dame van die nag en toe gryp sy die elektriese verlengstuk en begin haar slaan nogal met die plug gedeelte!!!! Ouch did moes baie seer gewees het.

Peet NEETHLING ·

Sy verstaan “vrouemaand” verkeerd. Sy moet eerder vir Robert bydam met ses van die bestes.

johan ·

Is dit nie ‘n hof om te besluit of sy Diplomatieke immuniteit gaan kry of nie? Ek dink die Dept van Binnelandese Sake behoort te weet of sy die grens oorgesteek het of nie, behalwe as dit deur ‘n droee rivierloop was. Indien sy wel Diplomatieke immuniteit toegestaan word, moet sy die land onmiddelik verlaat en nie weer toegang verkry nie. Waarom studeer haar kinders in SA as Zim as ‘n suksesverhaal voorgehou word?

CAROL ·

Die model se ma moet onder geen omstandighede die saak terug trek nie. Daai ene moet some or other time n les geleer word!!!!

Theresa ·

Hierdie affêre moet oorsee gelees word. Mense moet kennis dra van die weird manier van doen hier in sonnige S A. Wat ‘n skande dat ‘n vrou so optree! Lyk my vrouens wat so vreeslik glo aan die mensgemaakte vrouedag raak al hoe meer aggressief en skoon blind van woede oor kleinighede. SIES! Hoop werklik die meisie se ouers druk deur met ‘n saak teen die onopgevoede aanrander. Mens moenie bang wees om sulke mense aan die kaak te stel nie. Die foto by hierdie artikel van die twee “gaste aan Suid-AFrika” is goeie vermaak – dankie. Seker so gegiggel omdat sy eerstens die afspraakdatum verskuif (en glad nie verder verplig word om op te daag nie) en omdat hul reeds iets weet wat ons nie weet nie.

Astrid ·

Die dame was nooit saam met die Mugabe seuns nie, hulle het ‘n ”mutual friend” gehad en die het tussen die twee hotelkamers gekuier. Soos ek die storie verstaan het sy nooit eers met hulle gesels nie, Grace het ingestap en nie net vir Gabriella aangeval nie maar ook twee van haar vriendinne, in stilte, my enigste vraag nou is, waarom wil die ander 2 dames nie ook klagtes gaan lê nie?? Ek is seker daarvan as die 2 ander dames na te vore kom sal die druk op Grace soveel meer wees en die saak sal dalk net verder ondersoek word. Ek verwys nie die gesprek op 947 gister oggend waar daar met Gabriella ‘n onderhoud gevoer was, ek raai julle aan om daarna te luister en dan self te besluit of dit net 1 ma is wat die vrou ‘n warm klap moet gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.