Grace Mugabe: Zimbabwiese ambassade onttrek uit hofverrigtinge

Grace Mugabe. Foto: (AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi, File)

Die regsproses van AfriForum en Gabriella Engels teen Grace Mugabe en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking het Vrydagmiddag ’n interessante wending geneem toe die Zimbabwiese ambassade onverwags uit die hofverrigtinge onttrek het nadat hulle vroeër aansoek gedoen het om as belanghebbende party tussenbeide te tree.

“Die onttrekking van die Zimbabwiese ambassade was ’n groot verrassing, veral gesien in die lig van die uitspraak van regter Harshila Kooverjile vandag. In haar uitspraak het regter Kooverjile die Zimbabwiese ambassade sewe dae gegun om bykomende eedsverklarings te liasseer om te bevestig of hulle Mugabe verteenwoordig,” het Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, gesê.

Spies verduidelik verder dat, sou die ambassade haar nie verteenwoordig nie, hulle redes moet aanvoer waarom hulle ’n belanghebbende party in die litigasie is. “Dié nuwe wending beteken dat die hersieningsaansoek van AfriForum en Engels nou weer ten volle op dreef is en dat die partye by die eerste beskikbare geleentheid ’n bevel sal kry om Mugabe in die verdere hofverrigtinge te siteer en om die hersieningsaansoek so spoedig moontlik te laat aanhoor,” het Spies gesê.

Die verwagting is volgens Spies dat Aubrey Ledwaba, adjunk-regter-president, volgende week ’n spesiale toewysing van ’n voorkeurhofdatum in die bestrede mosiehof sal maak, waar Engels en AfriForum se aansoek waarskynlik aangehoor sal word saam met ’n ander aansoek wat oor dieselfde aangeleentheid deur die DA gebring is.

Verskeie organisasies het reeds aangedui dat hulle as vriende van die hof of amici curiae tot die saak wil toetree, insluitend Freedom Under Law, Lawyers for Human Rights en ’n vroueregte-organisasie.

Spies het die verwikkelinge vandag verwelkom en gesê dat die uitspraak van regter Kooverjile ’n wyse uitspraak is wat in moeilike omstandighede verleen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

koos ·

Al die geld wat afriforum op hierdie saak uitgee kan mos veel beter aangewend word vir hofsake van werklose wit mense wat weens hul “verkeerde” ras hul werk verloor het of nie werk kan kry nie. Sover ek weet is Me Engels nie werkloos nie. Koop glo selfs sjampanje van R2500 per bottel.

Robert ·

@ Koos: moenie die ras ding hier inbring nie want hierdie saak het niks met ras op sig self te doen nie. Dit gaan hier oor dat die reg sy gang moet gaan en dat die vrou (Engels) gehelp moet word. Wat Engels se werk betref is irrelevant. BOB se vrou het die land verlaat nadat daar ‘n inhegtenisneming bevel uitgereik is en Fikile Mbalula belowe het die vrou sal gekeer word. Ek werk vir ‘n semi staat organisasie en ek haal my hoed af wat Solidariteit doen om vir ons te baklei.

sê hulle ·

net een ding koos, hulle is te slim om te sê jy is die verkeerde ras of jou ses siekverlof dae in een jaar maak jou, n 50plusser n risiko terwyl die vigsleier tuen siekverlif dae en jaarlikse verlof opgebruik het op siek wees. dan onbetaalde verlof neem minstens vier dae per maand. maar hy is swart en jy is wit. daarom sê hulle jy het nuwe plakker op brandblusser gesit maar nie register ingevul nie. so jy word summier afbetaal. punt. in due gevak van vuur gaan niemand eers die register kyk nie.

Vryheid ·

Grace het soveel comrades in SA wat sal seker maak dat sy niks oor sal kom nie. RSA land van Korrupsie.

Leahim ·

Ek verstaan nie hoekom hulle al hulle aandag en tyd hieraan wy nie hoekom help hulle nie die boer van Brits en die Kfc ouens of staan die vrou wat deur die soldaat geskiet het ook by nie.

Callie ·

Spandeer die geld aan n jong vrou wat deur n swarte in die straat geskiet is. Afriforum ek kan my bydrae dalk liewer stop. Julle sal hierdie kamtige hoe profiel saak aandurf om dekking te kry, maar die wit meisie wat geskiet is moet maar self regkom. Antwoord hier op asb

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek stem saam met aldrie die kommentators voor my en die enigste slotsom waartoe ek kom is: EK VERSTAAN NIKS HIERVAN NIE. Afriforum is duidelik baie stil hieromtrent.

Eish ·

Wat was die optrede van die mense in die onderskeie gevalle?
KFC hoekom nie net stilgebly nie, maar aanvallend opgetree?
Boer – hoekom nie net skote in die lug gevuur of SAPS of sekuriteit ontbied nie?
Die dame op die motorfiets het die man gekonfronteer nadat hy weggejaag het, wat mos wys die perd het nie n sin vir waardes nie. Hul het kameradekking en waaragtig konfronteer sy hom.
Wat was die model se optrede? Sy is aangerand sonder provokasie.
In al drie voorbeelde wat hier bo genoem is, het die optredes van die partye n gevolg gehad. Wat sou die redelike man in die omstandighede gedoen het?
Die model het bokkerol gedoen en is aangerand.
Jy kan nie verwag Afriforum moet op en af spring as jy aanjaag net omdat jou velletjie pienk is nie.

snoefie ·

ek stem saam. behalwe…. watse effek sou dit gehad het as die boer met sy windbuks n skoot in die lug afgevuur het? dan get sy naasbestaandes in rou gestaan. sy “slagoffer” is uit eie vrye wil vermis.

Manie ·

Die diktator wat haarself dik steel aan plase Hoort nie haar voete hier te sit. Haar eie land is deur haar man tot niet nou kom spandeer sy die armes se geld hier

Disselboom ·

Daar is ‘n aanname dat me Engels “niks gedoen” het nie en regtens en moreel heel onskuldig is. Dis ‘n aanname. ‘n Gevaarlike een in die spel van morele hoëgrond wat Afriforum hier speel.

Callie ·

Eish, jy sal duidelik sien ek praat nie van Kfc geval nie. Die meisie wat in die publiek geskiet is en die aanvaller loop los, wittes wat diewe in hul huis skiet word gearresteer, en dit pla jou nie. N dronk party aanranding pla jou meer. Model het niks gedoen volgens jou. Wat het n meisie gedoen wat nader loop aan iemand wat hulle raakgery het. Drogredenasies soos dit is hoekom blankes nooit sal en kan saamstaan nie. So in my huis moet ek kameras insit. Breek hulle in moet ek onder bed wegkruip, bid hulle doen niks aan my nie want daar is darem beeld materiaal.

Callie ·

Niemand vra Afriforum moet op en af spring nie. As n wit vrou nie mag naderstap aan iemand wat hulle gestamp het nie, en boonop geskiet word, en sy word veroordeel dan is die redenasies van verwronge gedagtes besig om oor te vat. Mag ek nooit sulke verwronge idees koester nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.