Groot deurbraak ná boer se moord

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Die polisie in Thabazimbi, Limpopo, het Saterdag ʼn groot deurbraak gemaak ná Bertie Cilliers (54), Vrydag op sy plaas in Thabazimbi, Limpopo doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig Cilliers se seun het Vrydagmiddag omstreeks 14:00 op sy pa in die kombuis aangetref by Spitskop-kleinhoewe. Cilliers is op die toneel dood verklaar nadat hy verskeie kere geskiet is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Saterdagoggend inligting ontvang dat die verdagte in die saak in Rustenburg in Noordwes opgemerk is. “Ons het vinnig saam met die Rustenburg-blitspatrollie reageer, en toe die man sien hy word afgetrek, het hy vinnig weggejaag.” ʼn Hoëspoedjaagtog het op die Sun City-pad gevolg.

“Toe die man uiteindelik besef hy kan nie wegkom nie, het hy stilgehou en glo homself in die kop geskiet met vermoedelik dieselfde vuurwapen wat tydens die aanval op Cilliers gebruik is,” het Ngoepe bygevoeg.

Die 25-jarige verdagte is Cilliers se skoonseun. Hy is ernstig gewond en na die hospitaal geneem vir behandeling onder polisiebewaking.

“Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die voertuig, waarmee die verdagte gery het, dieselfde wit Volkswagen Jetta is wat gister naby die moordtoneel opgemerk is,” het Ngoepe verduidelik. “Die polisie het beslag gelê op die 7.65 Astra-vuurwapen.”

Die verdagte sal in die Thabazimbi-landdroshof verskyn sodra hy aangesterk het. “Die polisie-ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Daan Erasmus ·

Die ou is/was ‘n myner. Nie ‘n boer of ‘n landbouer nie. As Maroela Media dit nie kan regkry moet ons nie die EFF kwalik neem as hul dit ook verkeerd gebruik.

Craig ·

Oom bertie het sy kleinskaalse boerdery met wild gehad daarom kan hy beskou word as n boer

Buitestander ·

Waarvoor die familie moord aai?
Ons sal sekker nooit verstaan wat alles deur so ‘n mens se brein gaan nie?
Veral nou met die naderende feesgety en ons Chritus se dood herdenk.
Sterkste aan almal wat daardeur geraak word.

sue ann ·

Ons herdenk Jesus se geboorte oor Kerstyd. Sy dood en opstanding word oor Paastyd herdenk

Pietser ·

‘n Paar lesers het hul naam nou lelik likkewaan gemaak deur sommer te aanvaar die moordenaar is swart. Kry eers die feite voor jy oordeel.

Eric en Yvonne Weiss ·

Daar is ni genoeg woorde om te se hoe jammer ni. Ouma Anna Arina en Eric baie baie sterkte en ons hoop julle sal baie gou berusting vind xxx

Dawid cilliers ·

Hou julle bekke van my pa se moord af!!!!!!!!! Julle weet niks. As julle als weet en die waarheid het probeer weer!!!!

Kobus ·

My diepste simpatie vir jou Dawid en jul families….Dit was die beste ding wat jy kon doen om hierdie kommentaar te plaas…julself is nog in skok en die hoekoms en waaroms moet hulself nog openbaar…ons menslike natuur is van so n aard dat daar altyd diegene sal wees wat n eiertjie te le sal he…die beterweters en pessimiste duik oral op…vergewe hulle…want die waarheid sal mettertyd uitkom en jul as families sal hopelik berusting vind…alle sterkte

Kobus ·

My vorige kommentaar nie geplaas….Dawid deur hierdie donker tyd van beproewing…Ek kan nie my indink deur water smart jul as families nou in gedompel is…al wat ek as buitestaander kan se is dat jul as families in menige se gebede is…die hoekoms en waaroms Sam op die gegewe tyd aan jul geopenbaar word….om aan te sluit by jou kommentaar…niemand maar niemand het die reg om regter of doemprofeet te speel as die werklike feite nie op die tafel le….bake sterkte….

Bokkie ·

Dawie en familie ek bid julle toe die genade vam God en dat Hy julle sal toevou in Sy vertroostende liefde. Daar is nou baie vrae. Maar op God se tyd sal Hy alles ten goede laat meewerk vir die wat in hom glo.. in dien daar nog sy ouers is dra asb my innige simpatie opk oor aan hulle. Sterkte vir julle almal

zelda ·

Die mense wat nie iets mooi kan se nie se eerder niks want ek en julle weet nie wat daar gebeur het nie gee die familie tyd om deur die skok en trauma te kom PLEASE HAVE A HEART PEOPLE .

Sputnik ·

My innige simpatie met julle verlies, Dawid en familie, maar tensy daar vorige kommentaar verwyder is wil ek net beleefd vra: “Waarom só ‘n aggressiewe reaksie?”. Sterkte.

Bossie ·

Mag God ons behoed… Mense, Dawie is in rou. Dit is hartverskeurend wat gebeur het. Dit is hulle familie se saak en niks met ENIGE iemand uit te waai nie. Dink jul hul wou dit aan die groot klok hang? Dink jul al hierdie kommentaar is lekker om aan te hoor deur ‘n familie wat in skok en rou is? Ek sou van my kop af raak indien my pa vermoor is. Dit maak nie saak deur wie nie. En indien iemand my dan nog boonop inlig dat my medemens hierdie verskriklike goed kwytraak in die media sal ek ook my verstand verloor! Los die man uit, hy het seer en julle “skiet” net verder. Van julle is gevoelloos met jul kommentaar. Dan wonder ons nog hoekom ons land so lyk! Elke keer wanneer ek so tikkie hoop kry en ek lees hierdie bitsige opmerkings dan verloor ek my verstand ook. Daar is geen hoop vir hierdie pragtige land met sulke mislukke mense soos sommiges van julle nie. Kry vir jul iets positiefs om julself mee besig te hou. Sterkte Dawie, mag God jou en jou familie dra deur hierdie verskriklike tyd…

Kobus ·

En hiermee stem ek 100% saam …my vorige 2 kommentare met dieselfde strekking is verwyder….glo die wat so bitsig handel en Wolf Wolf skree het nog nie die seer beleef om n kind of ouer te verloor deur onnatuurlike omstandighede nie…dan nog deur onmiddellike famile….dus bid liewers vir die families as om te reageer deur vir Dawid aan te val…dis n persoon wat trauma beleef en sy verdedigingsmeganisme het in geskop

Riana ·

Ons innige meegevoel gaan uit na jul Dawie en Venessa. Sterkte in die rou proses dis nie lekker nie. Hoop jul sal berusting vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.