‘Haatspraak-wet inkrimineer amper almal’

jeremy-nell-haatspraakwetsontwerp-deur-reint-dykema

Die spotprettekenaar Jeremy Nell het ook sy stem toegevoeg by die wat teen die voorgestelde wetsontwerp op haatspraak is. Foto: Reint Dykema.

Die definisie van die voorgestelde wetsontwerp oor die voorkoming en bestryding van haatmisdaad en haatspraak is tans so wyd dat dit die meeste Suid-Afrikaners op die een of ander wyse sou inkrimineer, wat kan lei tot ʼn gevangenisstraf van tot drie jaar.

Dit is die regsmening van die burgerregte-organisasie AfriForum wat vandag die ongrondwetlikheid van die wetsontwerp by sy hoofkantoor in Centurion, Pretoria, tydens ʼn blitskonferensie bespreek het. Die regsmening is opgestel deur adv. Mark Oppenheimer, ʼn mediaregkenner, in samewerking met adve. Martin Brassey SC en Gretha Engelbrecht.

AfriForum het ook ʼn veldtog van stapel gestuur wat aan die publiek die geleentheid bied om hul stemme by dié wat teen die wetsontwerp gekant is, te voeg.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het erken dat haatspraak en rassisme inderdaad ʼn probleem in Suid-Afrika is. “Die ANC poog egter met hierdie wetsontwerp om mikrobestuur op die samelewing toe te pas, wat die situasie net sal vererger, eerder as om dit te beveg.

“Die wet maak ook duidelik voorsiening vir selektiewe vervolging. Die implikasies daarvan gaan weereens wees dat ons dubbele standaarde het in die land, maar nou word die geleentheid skep om hierdie dubbele standaarde spesifiek in ons howe toe te pas.”

adv-mark-oppenheimer-mediaregkenner-deur-reint-dykema

Adv. Mark Oppenheimer, ‘n mediaregkenner. Foto: Reint Dykema.

Oppenheimer sê die oorheersende kwessie is die wyse waarop die wetsontwerp gedefinieer word. “Die Grondwet maak duidelik watter spraak op haatspraak neerkom – verkondiging van haat op grond van ras, geslag, etnisiteit en geloof – en dit wat neerkom op aanhitsing om skade te berokken. Die wetsontwerp gaan egter verby hierdie spraak en brei dit uit om bespotting en belediging in te sluit en dit het drakoniese regtelike strawwe. Ons sal by implikasie toegesluit kan word vir grappies oor prokureurs en joernaliste.”

Hy het voorgestel dat die wetsontwerp gewysig word om onder meer nie strafregtelike strawwe vir haatspraak in te sluit nie, maar eerder beskuldigdes toelaat om onvoorwaardelik om verskoning te vra, om gemeenskapsdiens te doen en boetes aan die slagoffer, of ʼn organisasie wat die slagoffers verteenwoordig, uit te reik. Die boete kan R100 000 wees vir eerste oortreders en nie meer as R500 000 vir daaropvolgende skuldigbevindings nie.

Jeremy Nell, die spotprenttekenaar beter bekend as Jerm, het saam met AfriForum ʼn voorlegging oor die wetsontwerp aangebied. “Ek sal van beroep moet verander na iets veiligers, maar op ʼn ernstige noot is dit ʼn belaglike voorstel om vryheid van spraak te onderdruk. ʼn Wet soos hierdie ondermyn die beginsels van demokrasie,” sê hy.

Roets meen dat die probleem van rassisme, soos baie van die lande se ander probleme, teruggevoer kan word na kwessies soos die gehalte van onderwys, armoede en werkloosheid, wat “vrugbare grond” vir rassisme skep. “Die wetsontwerp is soos om die simptome te behandel sonder om die oorsaak van die probleem aan te spreek. As ons rassisme wil aanspreek, moet ons meer Suid-Afrikaners toegang gee tot gehalte-onderwys wat mense toegang tot werk sal gee.”

ernst-roets-afriforum-deur-reint-dykema

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van Afriforum. Foto: Reint Dykema.

Die besware wat in AfriForum se voorlegging teen die wetsontwerp geopper is, sluit die volgende in:

  • Die nodige balans tussen die reg op vryheid van spraak en die potensiële beperking daarvan word nie getref nie.
  • Die drempel wat vir die definiëring van haatspraak gestel word, is so laag dat spraak wat deur die Grondwet beskerm word ook gekriminaliseer word.
  • Die gevolge hiervan is dat robuuste debatte en gesprekvoering oor sensitiewe politieke kwessies ontmoedig sal word. Komediante en spotprenttekenaars sal byvoorbeeld in voortdurende vrees vir strafregtelike vervolging leef.
  • Billike en akkurate verslagdoening van haatspraak word ook gekriminaliseer. Selfs boekwinkels wat voorraad aanhou waarin daadwerklike haatspraak behandel word (byvoorbeeld boeke oor Nazi-Duitsland of die Rwandese volksmoord) kan vervolg word.
  • Gevangenisstraf word opgelê in gevalle waar ander optrede meer gepas sou wees. Eerste oortreders kan vir drie jaar gevangenisstraf gevonnis word en tweede oortreders vir tien jaar.
  • Die wetsontwerp maak dit vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moontlik om selektiewe en arbitrêre vervolgings toe te pas, wat in die praktyk daartoe kan lei dat “haatspraak” wat kritiek op die regering of die regerende party bevat tot vervolging sal lei, terwyl die regering of die regerende party se eie “haatspraak” geïgnoreer word.

AfriForum se aksieplan teen die voorgestelde wetsontwerp sluit die volgende in:

  • Voortgesette voorleggings sal op die wetsontwerp gelewer word, wat die moontlikheid van ʼn voorlegging in die parlement insluit.
  • AfriForum se regspan berei voor om die wetsontwerp in die hof te beveg sou dit deur die Nasionale Vergadering (NV) en die president goedgekeur word.
  • ʼn Petisie kan op AfriForum se webwerf onderteken word, waardeur die publiek hulle steun verleen aan AfriForum se veldtog om die wetsontwerp te stop. Besoek stoprassisme.co.za.
  • ʼn Skenking van R10 kan aan AfriForum se regsfonds gemaak word deur die woord “Rassisme” na 38312 te SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Belaglik ·

Jy gaan nie jou mond mag oopmaak teen SEKERE Mense nie, die wet is daar vir ALMAL maar soos dit nou eensydig toegepas word, gaan dit WEER eensydig toegepas word. As jy se ‘n advokaat is useless gaan jy toegesluit word, as jy se ‘n CA is useless, gaan jy niks oorkom nie, as jy ‘n anderskleurige met enige dier vergelyk sal jy toegesluit word maar as jy babas op stokke rondswaai en mense met die dood dreig, met bazookas en dat hulle AFGEsLAG gaan word en hulledreig om hulle plek te ken omdat hulle WIT is, gaan jy niks oorkom nie. As jy die ANC kritiseer gaan jy sit, terwyl jy al die ander organisasies soos Afriforum ens kan uitkryt en as rassiste uitskel .. NOG n BELAGLIKE wet wat net op WITTES van toepassing gaan wees om die KORRUPTE faksie in die ANC te beskerm. Alle ander mense in SA gaan AFCHOP< die EFF en ANC gaan niks oorkom nie.

Bullseye ·

Presies..wet gaan eensydig toegepas word…behoede jou as jy net n ander skeef aankyk

#g@ivol ·

en in dieselfde asem hoop ek nou regtig dit geld vir elke liewe ras in ons land……..dis eintlik so belaglik!!!!

Andre ·

Hoekom ‘n wedsontwerp vir haatspraak maak?

As daar “haatspraak” tussen mense gedoen word, laat hulle dit self uit sorteer. As daar ‘n rasistiese aanval of dreigement is, by all means, tree in. Dit is oor dit ‘n issue gemaak is dat dit vandag ‘n issue is. Noem my wit, so what….
Hou net asb op so sensitief wees. Die wet KAN nie mense se sprake modereer nie. Die omvat is te groot…

Paul ·

Korrek, Andre, maar ek sal nog verder gaan. Hoekom “as daar ‘n rassistiese aanval of dreigement is”? Die aanval of dreigement is mos ewe ernstig, maak nie saak of dit “rassisties” is of nie? As ‘n of dit nou ‘n wit ou of ‘n swart ou is wat ‘n wit ou met die vuis bydam, is dit mos ewe seer.
Die aanval of direkte dreigement is die misdaad, nie die “rassisme” nie.

AfriForum se opinie hier is veel beter as die vorige een oor hoe die wet te “selektief” is en dat die wet eintlik uitgebrei moet word.

johan ·

my geldjie gestuur vir julle ,as dit nie vir julle was nie ,het ons sekerlik al vergaan ,baie baie dankie vir julle uitskekende werk

Spook ·

Al wat dit gaan maak is dat wit mense nou geregtelik vervolg kan word oordat ons wit is

lw ·

Dankie Afriforum. Die sogenaamde wit bevoorregting en wit kapatilis monopolie waarvoor hul ons uitskel, is volgens my haatspraak en verdeel gemeenskappe en hits woede aan.

Grens ·

Twee prokureurs en ‘n Joernalis sit in die kroeg, die een s……………………………………………………………………
Sorry, mag nie meer grapies maak nie. Ek bly maar stil!!!!

Uvonka ·

Genade toggie, het die mense wat al die bollie sit en uitdink niks beter om te doen nie.

Justice ·

Stem saam Uvonka – die dorpsname en straatname is mos nou almal verander wat nou weer baie tyd skep om st#@nt te sit en uitdink.

Schalk ·

Rassistiese uitsprake is ‘n uitbreek van emosies wat opgewek word deur openlike diskriminasie of voorwaardes opgestel deur groepe of individuele persone. omgedraaide rassime is presies dieselfde en kanselleer nie mekaar uit nie. Deur mense se uitsprake en dade te veroordeel moet jy kan toepas wat jy wil voorskryf. En hofsake gaan net help as daar op gelyke front daarmee gehandel word.

Bullseye ·

Dankie vir jou insig Schalk…net jammer die massas verstaan daar geen snars van nie!

Johann ·

Ek sal graag wil weet of die ANC lede ook aangekla gaan word.
Ek glo ook vas dat dat Suid Afrika meer rassisties is nou as in 1993

gatiep ·

Net mense wat bokand die wet verhewe is wat sal vra vir sulke vreeslikke wette.
Die kometaar gedeelte gaan more ook weer gesluit wees soos ander en so gaan ons opeindig net met bek hou en aanhou.Ons lewe nou in n malwereld waar alles agterstevoor om is en normale dengke is nie meer aanvaarbaar in samelewing nie.

Niccy ·

Verstaan ek reg? as my werker gaan kla en beweer dat ek haar ‘iets’ genoem het wat haarspraak kan wees watter bewys het ek en hoe gaan sy haarself bewys…. haar woord bo myne?

Rediculous ·

Dink jy regtig jy het ‘n kans teen jou huiswerker se woord? Hulle wil al die blankes toesluit omdat ons nie genoeg kriminele dade pleeg dat hulle dmv hofsake ons kan bykom nie, nou doen hulle dit op die manier. Maklikste is, laat gaan al jou huiswerkers/tuiniers nou al .. voordat hulle stories gaan aandra. Jy se dalk net die ‘baas’ kom nou nou huis toe . wat jy nie so bedoel nie, want ek noem my bestuurder ook my BAAS, maar daardie woord gaan jou met jou gai in die tronk laat sit vir 3 jaar – tweede oortreding 10 jaar .. DIS BELAGLIK!

Funnagalo ·

Ja wat uiteindelik gaan jy nie met jou tuinier mag praat nie, ook nie met jou huiswerker nie, so laat gaan hulle liewer. Jy gaan nie enige kommentaar op enige nuus mag lewer of met ‘n kollega praat wat ‘n ander kleur of geloof is as jy nie .. STILBLY Is die nuwe wet van SA. Facebook en TWITTER gaan ‘n reuse hou op die neus kry .. want EK gaan my nie laat toesluit deur ‘n korrupte spul mense in SA omdat hulle blankes wil bykom nie .. ek shut up eerder . en begin rondloer wanneer daardie muur in Amerika klaar gebou is !!So gerieflik dat ons nie die etniese tale verstaan nie, so eintlik mag hulle jou vloek en haatspraak n HULLE taal teenoor jou uiter – jy sal dit nie eers weet nie ..

groenewaldt ·

Jip doen die werk self al lol dit – dan kan niemand jou oor iets aankla nie. Dan sit hulle ook almal sonder werk. Mag ook seker dan nie oogkontak maak nie? Gehoor kontak? Maak of jy doof is. Dit gaan heel hand-uit ruk – gan lagwekkend wees in die hof want dan kan jy vir die Regter se hy doen haatspraak teenoor jou omdat hy se jy is wit of swart of wat ook al. Ons gaan almal “ditte” genoem word – geen identiteit nie – deurskynend.

Dries van der Walt ·

Dis vir my n voorreg om lid van Afri- forum te wees. Dit lyk my ook dit gaan in die toekoms alhoe moeilikker vir ons gemaak word om getrou aan ons Koning Jesus te bly. Dit stel ons voor moeilikke keuses.

John ·

Hierdie is ‘n ou metode vir ‘n regime om net te doen wat hy wil en kritici se monde te snoer. Geen bewyse sal kan dien wat die teendeel bewys nie, want dit gaan oor interpretasie. Selfs as mens iemand komplimenteer en bv sou se ‘jy lyk mooi in rooi of wat ookal’, sal dit teen jou kan tel as die’ persoon dit anders ‘wil’ interpreteer. Net jou moontlike gesigsuitdrukking kan as bewys dien. Menige ou koeie sal ook uit die slote herlewe, nou in wrede wolfsformaat of giftige slange. Alle anderkleuriges sal ook as die helde in alle stories uitgebeeld moet word… en raai wie vertolk dan altoos die boewe?

Johannes Meintjes ·

Na mening verg die nuwer Nuwe SA minder beheer en meer verantwoordelikheid tot op grondvlak. Sou die SA ekonomie vir almal werk kon verskaf sou ons te besig gewees het met ekonomiese groei en pligsgetroue harde werk en minder met “rassisme” as uitlaatklep onder geweldige sosio-ekonomiese druk en wanregering. Om die deksel op die multikulturele drukkoker te probeer toedruk d.m.v. die gewraakde en onderudagte “haastpraakwet” is volgens mening nie regering in geregtigheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.