Henri pleit dalk vandag

Henri van Breda tydens sy vorige hofverskyning.

Henri van Breda verskyn Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in verband met die moord op sy ouers en broer.

Van Breda het op 27 Maart in die hof verskyn waarna regter Siraj Desai die verhoor tot 24 April uitgestel het. Van Breda se regspan het gesê hul kliënt kan nie pleit voordat hy al die bewysstukke gesien het nie.

Van Breda sal na verwagting Maandag pleit wanneer sy verhoor begin, 26 maande ná die opspraakwekkende moorde op Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) die aand van 26 Januarie 2015 op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch.

Desai het aanvanklik verlede maand beslis die media mag die hofverrigtinge op video opneem en uitsaai. Hy het gelas dat bewysstukke nie afgeneem mag word nie en dat Marli, Henri se suster, glad nie sonder toestemming afgeneem mag word nie.

Die staat en Van Breda se regspan het dit egter toegestaan en ’n aansoek om verlof om teen Desai se bevel te appelleer by Desai ingedien. Dit is van die hand gewys. Hulle het hierna die konstitusionele hof op ʼn dringende grondslag genader en die aansoeke is ook van die hand gewys.

Van Breda se regspan het intussen ʼn aansoek om verlof tot appèl by die appèlhof ingedien nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) dit reeds vroeër gedoen het.

Van Breda is meer as ʼn jaar ná die moorde in hegtenis geneem en in Junie 2016 op borgtog van R100 000 vrygelaat. Die saak is al verskeie kere uitgestel aangesien selfoonrekords en DNS-verslae nog uitstaande was.

Die staat beweer Van Breda het ʼn byl gebruik om die drie lede van sy gesin dood te maak. Marli (toe 16 jaar oud) is met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas en het die aanval oorleef.

Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself doelbewus leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn aanklag van regsverydeling.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

26 MAANDE? Ongelooflik wat geld kan koop! Selfs bloedgeld…

CAROL ·

DAAR WAS N SAAK VAN DAGGA TEEN HOM EN IS TERUG GETREK??? HOEKOM???? DAGGA WAS NIE DIE TYD TOE HY GEVANG WAS WETTIG NIE!!!

Theresa B ·

Sake word darem vreeslik uitgerek…………………………………… Nou gaan dit ook weer maand in en maand uit uitgestel word.

Tammy ·

Magtig, dis hoog tyd dat dit begin. Die saak kan nie sloer tot hy eendag met pensioen is nie? Waar is die oponthoud? Dalk moet dit ook ondersoek word?

se iets ·

die saak word net uit gerek so ver as moontlik. Hierdie seun as hy skuldig is hoop ek hy gaan sit lank want regtig hy wys geen maar geen berou oor wat gebeur het. Hoeveel geld het hy geerf, word dit ook nie gestop tot gewoondlik die hofsaak klaar is nie want waar kom al die geld vandaan. og weet jy vandag se mense wat net doen en gaan soos hulle wil na n moord maak nie sin nie

Hannelie ·

Ek stem saam met jou. Want vir iemand wat 3 van sy familie lede aan die dood afgestaan het, kom hy té ongeërg voor.

Cherokee ·

Oorspronklik het Desai beslis dat die verhoor op video uitgesaai mag word. Indien enigeen een weet of dit steeds uitgesaai word en watter kanaal, laat weet asseblief.

Susan ·

Ek is seker dit gaan ‘n lang uitgerekte saak wees soos wat dit was met Oscar, omdat daar geld by betrokke is.

Gee krag ·

Die kind het nie geld nie. En vir wat word daar so afgegaan as mense geld het so asof dit ‘n vloekwoord is. En ek weet die hofrolle is oorvol, so daars sake wat al 4 jr wag om verhoor te word. Alle sake begin die begin van elke jaar by no een. So die saaknommer is 1/17 en by die einde van die jaar is dit al sê maar 3456/17. Hier te veel kriminele vir die paar howe

Sjoe ·

Sjoe rustig, dit is net ‘n forum en mense kan opinies lig. Dit sal interessant wees om te weet wat jy dink waar hy al die geld vandaan kry om die Advokate te kan bekostig. Hy was van sy ouers afhanklik, hy het intussen begin studeer, kan dagga bekostig, motor, kuiers, meisie….. en dan nog die Advokate en Prokureurs, dink net so bietjie verder.

Alida ·

Hy erf NIKS ! Hy het bloed aan sy hande. Die staatsaanklaers is nie patete nie. Hy is skuldig en sy regspan weet dit. Teen die fooi wat hulle betaal word rek hulle die sake uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.