Hof lewer uitspraak oor Sassa-krisis

hof-hamer

Argieffoto.

Die konstitusionele hof het Vrydag beslis dat Cash Paymaster Services (CPS) se kontrak met die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) vir nog 12 maande verleng moet word, om te verhoed dat die betaling van maatskaplike toelae onderbreek word.

Regter Johan Froneman het Vrydag uitspraak gelewer in die aansoek dat die hof ʼn toesigrol moet speel in die uitbetaling van toelaes.

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Sassa het vroeër aangevoer CPS is die enigste entiteit wat in die afsienbare toekoms die betaling van toelaes kan behartig, aangesien Sassa nie in staat is om self die betaling van die toelaes oor te neem nie. Die hof het Dlamini en Sassa skerp hieroor gekritiseer en gesê hulle het ʼn grondwetlike verpligting van die staat in gedrang geplaas deur nie vroegtydig op te tree nie.

Dlamini is beveel om redes aan die hof te verskaf waarom sy nie persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir die koste van die hofsaak nie.

Froneman het beklemtoon verantwoording is ʼn belangrike deel van die Grondwet en verantwoording moet in die openbaar gedoen word oor waarom hierdie krisis ontstaan het. Hy het gesê die hof moet nou fokus op die potensiële katastrofe wat kan volg indien begunstigdes se toelaes vanaf April nie meer betaal word nie.

Die hof het beslis dat Sassa se kontrak met CPS vir nog 12 maande verleng kan word op dieselfde terme en voorwaardes waarop voorheen ooreengekom is. Uit die aard hiervan word ʼn vorige hofbeslissing van 2013, waarin die kontrak as ongeldig verklaar is, ook vir die volgende 12 maande opgeskort.

Indien CPS versuim om toelaes aan die begunstigdes te betaal, sal dit beskou word as ʼn oortreding van die begunstigdes se grondwetlike regte. Die hof het verder gesê indien CPS die administrasiefooi vir die betaling van toelaes wil verhoog, moet hy die Nasionale Tesourie nader. Die Tesourie sal dan ʼn aanbeveling moet maak oor CPS se fooi.

CPS het voorheen geëis dat die administrasiefooi van R16,44 per toelaag tot R22 vermeerder word om glo in pas te bly met inflasie.

CPS is ook beveel om binne 30 dae ʼn geouditeerde staat van sy uitgawes, inkomste en netto wins by die hof in te dien. Sassa moet onafhanklike ouditeurs aanstel om die state te verifieer en die Tesourie moet hierdie verifiëring goedkeur.

Sassa moet ook elke drie maande aan die hof verslag doen oor hoe die uitbetaling van toelaes sal geskied wanneer die 12 maande-tydperk verby is, asook watter stappe gedoen is om die toekomstige betaling van toelaes te verseker. Sassa word ook verplig om maatreëls in te stel om die persoonlike besonderhede van begunstigdes te beskerm en hulle te beskerm teen derdeparty-bemarking vir lenings, begrafnispolisse, lugtyd, elektrisiteit en dies meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lucas ·

Hoop dis nou vir eers die einde van die verhaal. Behalwe dat die arrogante minister hopelik persoonlik verantwoordelik gehou sal word vir die koste.

KarenG ·

Hierdie krisis kon verhoed gewees het as die mense wat in hierdie posisies aangestel word net hulle werk doen!! Hopenlik kom hulle die voorwaardes van die hof beslissing na en indien nie, word aanspreeklik gehou met gevolge. Dis tyd dat hierdie hoog geplaastes besef hulle is veronderstel om vir die mense te werk en nie vir hul eie gewin nie!!!

HANS ·

Hulle stel onbevoegde en onkundige persone aan in sleutelposte en dan is hulle stom verbaas as sake skeefloop. “If you always do what you always did, you always get what you always got.”

marous ·

R279 m PER MAAND vir administrasie fooi . Geen wonder die land is bankrot nie.

Johann cb ·

SASSA het die ConCourt se 2013 beslissing ignoreer. Sal hierdie beslissing gehandhaaf word? Wat het geword van die agbare Minister se verduideliking en moontlike vervolging? Ek hoop nie die Howe gaan haar beskerm soos wat Nommer Een tans doen nie…
Kom ons wag vir 1 April…
Hopelik is dit nie April Fool nie…

John ·

Een saak wat duidelik oorgedra moet word aan die arrogante CPS is dat die inligting tov uitbetalings die eiendom van die staat is en nie summier vernietig kan word as die gans wat die goue eiers le ander eienaars kry nie, wat nog meer chaos sal beteken.Daar was glo skynbaar sulke versluierde dreigemente. Dit is ‘n groot gevaar dat weerwraak kan plaasvind. Indien dit nie die regering se erns is om ‘n eerbare uitweg te vind nie, sal die volgende kontrakhouers moontlik hul eie modus operandi volg as ‘vriende van die staat’. Banke se koste per transaksie is laag. Maar die Guptas en onderdane wil die private banke uitwerk. CPS praat van ‘geld uitleen’ aan mense. Wil die groep die staat help om ‘n bank te vorm en so in die prentjie bly?

Johann ·

John. Presies my waarneming ook. WIE is.CPS by name van WIE besit en bedryf die der biljoene aan “kostes” na wie se sai toe? Dlamini was bloot net te blaze oor als. Syt GEWEET die KHof gaan haar gat red deur die kontrak te verleng EN Pravin Gordon gaan moet uithaal en wys vir NIG duurder fooie! MAROELA: asb? Doen biekie n goeie stuk joernalistieke navorsing en sê vir die wereld presies wie baat by die hele konkoksie? Want waar dit oo4 maklike geld vat van die staats koffers is daar ALTYD n paar Zumaukies betrokke! STEEL BLATANT van die armste van armstes. Imagine die waarheid kom uit by die 17 miljoen oor WIE van hulle betalings VAT….om hulle te betaal! SKOKKEND dat daar n minister MET n sg Departement is wat nie die betalings kan/wil doen nie? Sal.seker.te ibvious wees as hulle direk geld ateel van die betalings? So cover up via n “”diensverskaffer”?

JWM ·

Daar is n paar baie insiggewende artikels in Daily Maverick. Hierdie storie moet baie fyn dopgehou word.

Jaycee ·

My afleiding is dat Zuma, Dlamini en andere betrokke by hierdie skandaal vir eers in hulle doel geslaag het en dit is om die uitbetalings deur CPS te laat voortgaan. Dis wat hulle seker van die begin af wou gehad het want daar is baie varke wat by hierdie trog eet; daarom die geheimsinnigheid rondom die saak. Gelukkig is daar nou ‘n oorsigtelike funksie wat deur die hof uitgevoer sal word. Nogtans, hier is baie geld op die spel en sekerlik gaan daar groot dinkskrums agter geslote deure in sekere kringe in die volgende 12 maande gehou word. Soos die gesegde lui: as Daizy die koei joune is en sy gee jou daagliks melk, gaan jy haar nie sommer weggee nie.

Jan ·

Sinvolle uitspraak om die mense wat die meeste geraak word se belange te beskerm.
Net jammer die onbekwame arrogante kabinetsdissipel is nie uit die staanspoor gelas om die koste persoonlik te betaal nie. Minagting van die vorige bevel van die Hof sou ook nie onvanpas wees nie.

AL ·

Natuurlik moet sy die regskostes betaal. Belastinggeld word te veel misbruik vir ministers se eie gewin -die belastingfontein het n bodem, ingeval die ANC vergeet.

Johann ·

Wie is die “name” agter die steeds onwettige diensverskaffer CPS? Of gaan een van die SONDAG KOERANTE die vark.krip oopkrap? Dis so obvious soos daglig: Dlamini.en kie het die hele kwessie presies so beplan om NOG viordeel te trek uit die “kontrak”!!!!!!! Eegste is; SASA “beamptes” roem klaar byite die hof dat HULLE mos gesê het faars nie.n krises.nie! DIE GROOTSTE ANC PR TRUUK NOG IN SA….so gaan die massas vertel word ZUMA en DLAMINI het hulle gered…kyk mooi!

nieBAFUnie ·

So loop die soustrein vir ‘n verdere 12 maande op volle galop terwyl daar geskep word dat die biesies bewe. Maak ‘n gemors van alles, ignoreer die bevel van die Hoogste Hof en KOM WEG DAARMEE!!!!!! Intussen is daar derduisende wat in die haglikste omstandige krepeer en nie kos het om te eet nie. Die regerende party se beloftes klink al meer na die storie van die miskruier wat heeldag agter die Volkawagen aangeloop het. Die hofbevel/e beteken niks nie want hulle steur hul aan geen wet nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Naturlik gaan Zuma nou ALMAL verkeerd bewys wat voorspel het dat die “grants” nie betyds uitbetaal sal word nie want hy het GEWEET iemand sal iets doen om dit gedoen te kry. Hy het seker nie baie skolastiese onderrig gekry nie, maar hy weet van “doen”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.