Hof se besluit ʼn ‘stap nader’ rakende Zuma-klagtes

jacob-zuma-2

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die appèlhof het ingestem om pres. Jacob Zuma en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om verlof tot appèl rakende die 783 aanklagte teen Zuma saam aan te hoor.

Die hof het Zuma en die NVG tot 5 Junie gegee om hulle betooghoofde in te dien terwyl die DA tot 3 Julie het om daarop te antwoord.

Volgens James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, beteken die hof se besluit om die appèlaansoeke saam aan te hoor dat “daar nie ʼn enkele dag verder voor die appèlhof vermors word totdat die hof ʼn finale bevel oor die saak kan maak nie”.

“Hierdie hofstryd om pres. Zuma verantwoordbaar te hou vir die 783 aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery teen hom sleep nou al langer as ʼn dekade voort en dit is steeds ver van verby,” het Selfe gesê.

“Die appèlhof se besluit bring ons egter ʼn stappie nader om te verseker dat die reg sy loop kan neem en dat Zuma uiteindelik moet antwoord rakende die aanklagte teen hom.”

Die hooggeregshof in Pretoria het in April verlede jaar beslis die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, was irrasioneel.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nié te vervolg nie. Die DA het ná hierdie uitspraak ʼn jare lange hofgeding gevoer om die besluit teen te staan.

Lees alle vorige berigte oor die sogenaamde spioenasiebande-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Loeis ·

Dink enigiemand regtig die besluit om Zuma nie te vervolg nie was “irrasioneel”? Dit was meer waarskynlik ‘n politieke besluit.

Ouma ·

Soos elke mens moet pa staan vir sy/haar oortredinge, moet hy ook! Al is hy die president van SA maak gn saak nie! Jou skuld is joune alleen!

pieterdp ·

Waar om moet alles sloer om dat n Staads hoof is. Hy het die wet oortree en daar is nog baie ander musdade wat hy nou in sy diens tyd pleeg. Waar om moet hy verhewe wees bo die land en sy mense. Dis as of n Staads Presidend verhewe is bo die wet en amnestie het vir elke daad wat hy pleeg. Alle besluite moet deur sy LP en parlement gaan voordat dit goed gekeur word. Waar om moet n President so veel mag hê? Ons is n Regstaad en die reg is verhewe bo die toe doen van mense.

Sal ons n andwoord op die kry?

Basjan ·

Pieterdp, lees gerus die artikel van 7 April 2017 op Maroela Media geskryf deur Flip Buys: “Zumafikasie spruit uit grondwetlike magskonsentrasie.” Baie van jou vrae word in hierdie artikel beantwoord.

Maroela Media, kan julle miskien ‘n skakel (link) verskaf na bogemelde artikel, asseblief?

Basjan ·

Dis miskien ‘n “stappie nader” om Zuma tot verantwoording te roep, maar hy (Zuma) is so glibberig soos ‘n paling. Hy gaan verseker die Konstitusionele Hof nader as daar nie in sy guns beslis word nie. Dit is nog “A long walk before prison” vir Zuma.

Blits ·

Dankie DA. ek dink ook die om nie te vervolg nie was meer n politiese besluit dis waar al die draad werk van die houdin van untouchable begin het en dis hoekom ny maak en breuk soos hy wil

AL ·

Ons belastingbetalers se geld wat gemors word op appèlle deur hom moet hy pa staan voir.

Jenna ·

DAAR SAL NIKS GEBEUR NIE, DAAR SAL NIKS GEBEUR NIE, hoeveel keer moet ons dit nog se? Hy sal nie vervolg word nie, hy sal nie skuldig bevind word nie, hy sal nerens heen gaan nie .. hy is untouchable en het homself omring met mense wat hom ondersteun. Van die hoogste regsgesag tot die openbare vervolger tot die polisie en minister van finansies … Hy mag dalk standerd 3 he maar hy weet wat hy doen.

AL ·

Jenna as jy kyk na die verandering wat die afgelope weke gebeur het – gee al die eer aan die Here kan ons – kan ons eerder optimisties raak.

Lothar ·

Met al die rompslomp sal Zuma al dood wees teen die tyd dat die saak eendag tot verhoor kom.

Chanel ·

Ek sit vandag en dink, na ek nou al die berigte lees en ook die kommentare. En skiellik gaan ‘n lig aan. Die Bybel sê so duidelik dat die mag van lewe en dood in die tong lê. En al wat ek sien in al die kommentare is DOOD……….. Sien julle dit ook? Miskien moet al die aanlyn media ‘n besluit neem om vir ‘n tyd lank geen kommentaar op enige berigte toe te laat nie. En elke berig te laat aflsuit op ‘n positiewe(selfs Christelike manier) So kan elkeen dan gaan en na ‘n berig gelees is, eerder bid of dan ten minste sy kommentaar vir homself hou. So gee ons minder mag oor die tong. (vingers) ha ha….

Alida ·

Wat hanna hanna hulle nog. Hy is skuldig en is NIE verhewe bo die reg nie. Sluit die glibberige paling toe en kry klaar. Dit is ‘n mors van geld wat ons nie het nie. Wie dink hy is hy met 700+ aanklagtes. As dit ‘n gewone burger was sou jy verrot het in die tronk lankal, maar hy gebruik ons geld vir sy eie regskostes. Skelm.

vermeende ·

Die enigste manier wat hy van sy stoel sal afstaan is die dag wanneer hy amnestie aangebied word vir al ay misdade. Na de klerk is hy die mees onpopulerste persoon in SA, die rede hoekom hy so klou.
November word die ANC se leier gekies so ook die nuwe prezie, hy gaan almal wat die grondwet so graag voorhou as n nuwe bybel troef met sy skelmstreke. Zuma gaan nie van sy mag afstaan sonder n geveg nie soos hy gewys het met ons rommelstatus en die blanke gaan met bloed betaal vir hom om sy sin te kry.

Frieda ·

Dink nou net…. indien hy wel in 2009 vervolg was, sou hy NOOIT die President van SA geword het nie, so jammer!!

John ·

Kyk ann7 op kanaal 405. Gisteraand het Zuma glo ‘n Hindoe-godsdienstige geleentheid saam met die Gupta’s bygewoon in die SA-militere-museum wat skynbaar nou saam met ons wapenbedryf deur sekere Zuma-vriende beheer word. Wie gaan ons atoomkrag middelman en ons uraan beheer? Raai! En ZumaX het die ANC-Kleuterskool laat toi omdat sy gratis opleiding vir die jeug beloof ens… ens… as sy nou weer op die troon kan sit. Is daar lig in die tonnel, sonder Eskom-twak, Zuma’s, Gupta’s of ‘n atoomkrag-fiasko’s? Hofsake… maar die Zoeloe-‘clan’ huil al die pad bank toe.

Chris ·

Jacop Regop sê dae is getel. Hy vermoed iets is aan die kom en dit is nie modder nie. Hy bang daardie plek met die klein venstertjies en groot deure. Die land se eintlike meesters is bietjie kwaad vir Jacop oorlat het die BRICS manne steun. Dit is hoekom sy dae getel is. Hy wil mos nie hoor nie, nou moet hy voel. Phansi Zuma, phansi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.