Hof sê oor Pretoria-straatname

Argieffoto

Argieffoto

Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak gelewer in die saak tussen AfriForum en die Tshwane-metroraad oor die verandering van Pretoria se straatname.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in sy uitspraak, wat deur agt ander regters onderskryf is, gesê die Tshwane-munisipaliteit mag die ou straatnaamborde verwyder.

Volgens Mogoeng het AfriForum nie voldoende bewys dat die verwydering van die ou straatname onherstelbare skade aan ʼn sekere gedeelte van die gemeenskap sal aanrig nie. Hy het gesê die howe behoort nie in te meng met munisipale sake bloot omdat een groep ongelukkig is daaroor nie.

“Ons kan nie ons gedeelde waardes, wat ons grondwetlike visie onderskryf, bereik as een ras amper altyd hul sin kry of ʼn byna absolute monopolie van respek en verering het nie,” het Mogoeng gesê. “Dit is ʼn resep vir die onwettige behoud van eksklusiewe voorreg, onverdiende oorheersing van die verlede en toekomstige vyandigheid in teenstelling met inklusiwiteit, versoening en die eenheid in diversiteit wat ons onderneem het om na te streef en te bereik.”

Volgens Mogoeng is Suid-Afrika die laaste Afrika-land wat bevry is uit ʼn stelsel “wat niks fout gesien het met die geïnstitusionaliseerde verdrukking van een rassegroep vir geen ander rede as die kleur van hul vel nie.”

“As gevolg hiervan was daar [tydens die apartheidsjare] skaars enige stad, dorp, straat of instansie met ʼn naam wat swart mense se leiers of hul instansies of kosbare geskiedenis vereer het nie. Meer as twee dekades na die bereiking van ons grondwetlike demokrasie, vereer amper alle name van stede, dorpe en strate steeds die argitekte van apartheid, helde en heldinne van ons onderdrukkende en skandelike koloniale verlede,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg die Grondwet mag nooit misbruik word om werklike geregtigheid op tegniese gronde te probeer frustreer nie.

AfriForum het op 19 April 2013 ʼn tussentydse bevel gekry wat bepaal Pretoria se ou straatname moet binne 60 dae weer ingestel word, hangende ʼn hersieningsaksie wat AfriForum in 2012 van stapel gestuur het om die metroraad se besluit om 29 straatname te verander, tersyde te stel.

Die metroraad het sedert 2013 teen die saak geappelleer en die appèl is uiteindelik gedurende Mei 2015 voor ʼn volbank van drie regters in die Gautengse hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Die hof het ten gunste van AfriForum bevind en beveel die raad moet die ou straatname saam met die nuwes behou, hangende die afhandeling van ʼn hersieningsaksie deur AfriForum.

Die metroraad het ná die saak verder misluk in sy aansoek om spesiale verlof na die appèlhof, waarna hulle ʼn aansoek by die konstitusionele hof ingedien het. Die saak is op 20 Mei 2016 in die konstitusionele hof aangehoor.

Die VF Plus het in reaksie op die hofuistpraak gesê hy betreur die hof se besluit en meen dit skep die geleentheid om op groot skaal van die Afrikaner se geskiedenis ontslae te raak.

Philip van Staden, VF Plus-LPW vir Gauteng, het gesê Afrikaners is nie selfsugtig en verdelend om te kla oor straatname wat verander nie, maar vra bloot almal in die land se geskiedenis moet gerespekteer word en beide die ou en nuwe name vertoon moet word om erkenning aan ʼn gedeelde geskiedenis te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Liewe heksie ·

Solank jy wit is gaan jy nerens regkom nie sorry afriforum dit is wat met al jou sake gaan gebeur en moet my nie verkeerd verstaan nie ek is n lid by julle maar dit is vir nou die pad voorentoe

Anti DA ·

Afriforum/Solidariteit en dieVF+ het meer opgestaan teen die huidige verdrukker namens die huidige benadeelde minderheid as enige ander organisasies in Suid-Afrika.

Paul ·

Ek weet nie wat Afriforum anders verwag het nie. Sedert Soliforum Radio Pretoria oorgeneem het en ge-(Pretoria FM) het, het die gebruik van die ou name heeltemal verdwyn en kan ‘n mens elke dag hoor hoe dit nuwe dorpname en straatname gebruik word asof dit maar nog altyd so moes wees. As jou eie radiostasie die nuwe name gebruik dan is jy mos doodtevrede, hoe kan jy dan hof toe hardloop?

Fanie van Heerden ·

Zuma se regter lewer toe ‘n politieke toespraak in die hof.

Ludwig ·

Maar een oplossing vir die behoud van enige Afrikaner kultuur.

Konsentreer politiek en lokalisme in Orania.

Ander Koos ·

Hierdie uitspraak bevestig net weer dat die Grondwethof nie teen die anc regering beleid sal gaan nie, ten spyte van meriete van die saak. Plaas vraagteken oor onafhanklikheid. Die les; moenie op die Grondwethof staaatmaak nie, feit is anc slaan die ghitaar, hoe vals ookal

Maddox ·

So volgens die Moegoeng knaap mag een ras nie bevoordeel word bo ‘n ander ras nie. Nou wat van AA en BEE?. Hoekom moet wittes die grootste gedeelte van die belasting las dra, so ook die munisipale belasting, waar is ons regte ?.. Oh ja ek het vergeet ons is mos wit en moet net bek hou, maar wag die dag gaan nog kom…….

Johann Marx ·

hahahahahahahaaaa….Maddox. “Maar wag die dag gaan nog kom”? Jy laat my dink aan jare gelede se Chomp Advertensie…”Ou Grootbek”!! Jajaja…die dag gaan nog kom….dan word al die wittetjies in die see gejaag….of waarvan praat jy, onderdrukte lid van ‘n minderheid (Afrikaanse) van ‘n minderheid (Blankes)??

Maddox ·

Johann, sien Maroela het my antwoord verwyder, seker nie pk genoeg vir hulle smaak nie, maar nou gaan ek weer probeer. Dit is nie nodig om smalend te raak nie rerig, wat ek bedoel het is die wiel draai- jy ken die gesegde. Dan is daar die een ook oor Karma, glo jy weet waarvan ek praat. Alles is nie doom en gloom nie, glimlag ‘n bietjie, dit help soms om van ‘n totale negatiewe houning ontslae te raak..

Koos ·

Dit is nou ‘n bloedneus vir Afriforum die volgende is seker om Pretoria se naam ook te verander ons moet plekke soos Orania begin ondersteun sodat hulle kan ontwikkel na ‘n klein onafhanklike staat waar die Afrikaner sy eie identiteit en morele waardes kan uitleef

buchi ·

Ek het ‘n plan sit beide name op een bord bv. Mandela/Verwoerd straat. Probleem opgelos.

Kay ·

Dit is presies wat Afriforum probeer bereik het en wat nou nie meer moontlik is nie.

Manie Schoeman ·

Sal iemand asseblief vir my duidelik maak of die naamsverandering van stede, dorpe, lughawens en strate , waar ook al in die land, enigsens bygedra het om die lewenskwaliteit van ‘n enkele persoon te verbeter? Is dit die prysetiket werd en kry enigiemand waarde vir geld? ( Behalwe die BBEEE mpy wat die naamborde vervaardig en oprig).

JoeV ·

Dieselfde mense wat daaroor kla betaal daarvoor, nou waarom kla??

Wat-ek-lees ·

Gaan verf jou straat se regte naam op ‘n naambord hoog genoeg om nie bygekom te word.
Tog wil ek vir Mogoeng daarop wys dat op 4 Aug. 1996 wen Josiah Thugwane van Bethal die Olimpiese marathon in Atlanta, Amerika. GEEN STRAAT OF WAT OOKAL IS OP BETHAL NA HOM VERNOEM. Ek glo dat dit gebeur het omdat hy na ‘n kader was van die ANC. So die storie wat Mogoeng verkondig is bloot politiek.

JoeV ·

Om dieselfde mense wat jou wil vernietig te vra om jou te help was dalk bietjie optimisties om mee te begin.
Ons was al bo, ons kan weer bo kom, wie betaal byvoorbeeld nou vir die vernadering van name?
Mense wat wil betaal is dit nie???

Basson ·

O die ironie!

‘Institusionele verdrukking van een rassegroep’

En natuurlik is AL die straatname in townships ook na wittes vernoem regter Mogoeng???

Dink só daaraan ·

Onder die ou name onthou ‘n mens netheid, trots en welvaart. Hoe lyk daardie strate, dorpe en stede vandag? Slaggate, rommel, misdaad en agteruitgang is aan die orde van die dag… Dit is dalk beter dat die straat- en plekname verander om mense te herhinder hoe dit gekom het om te wees soos dit tans is. Dan sommer ook die e-tol hekke met Afrikaanse name ook verander na meer betreklike name soos na dié wat verantwoordelik was daarvoor.

Rynhardt ·

Ek vind dit verstommend dat talle blankes nie kan/wil sien wat aangaan in SA nie! Afriforum die Vryheidsmanifes word met mening uitgevoer vir SA! Dit beteken dat alles wat Afrikaans is moet verwyder word.Die Afrikaner mag geen kultuur en bestaansreg he nie! Afriforum hoekom dink jy het die hof teen jou beslis? Afriforum hoekom dink jy was Afrikaanse skole en universiteite geteiken in die verlede? Destyds by Kodesa was daar geonderhandel vir die Vryheidsmanifes en nou ervaar blankes al sy negatiewe implikasies! Afriforum jy gaan ou straatname nie nou terugkry nie.Vanaand op SABC2 het die Anc se Kodwa gese:”Die hofsaak was n oorwinning vir demokrasie!”M.a.w. n oorwinning oor als wat Afrikaans is.Die ouens wat so die VF+ prys, die Mulder-broers was albei destyds teenwoordig by Kodesa waar daar vir implementering van Vryheidsmanifes geonderhandel was.Wanneer gaan mense die politiek ooit verstaan in SA? Sjoe! Ons mense word lelik gespeel.

Hein ·

En jou punt is? Wat stel jy anderste voor wat moet ons doen?

Fanie Kemp ·

Kan iemand asseblief verduidelik: Waarom hoor mens selde dat dorp- en straatname uit die Britse Koloniale tydperk oral in ons land verander word? Was dit nie juis die mees onderdrukkende tydperk in ons land se geskiedenis nie?
Is dit nie tyd dat almal wat oor die inligting beskik wil begin om al die goeie, mooi en opbouende gebeure in ons land se geskiedenis in die nuusmedia bekend te stel. In die periode 1948 tot 1990 het daar tog geweldig baie ontwikkeling en groei op talle terreine plaasgevind waarby ALMAL in die land baatgevind het.
Ons is dit aan ons jeug verskuldig anders raak hulle groot met leuens, verdraaiings en halwe waarhede oor die verlede. Fanie Kemp

E ·

Ag nee, werklik?
Ons gaan verdwaal, vreeslik verdwaal!!
En nou nog laat kom vir afsprake, want hoe moet ons nou vir iemand verduidelik om by die kantoor te kom as ons self nie die straatname nog ken nie?
Ag nee, hulle mors geld!!
Maak liefs die paaie reg.
Sê ek mos nou goed wat almal weet, maar nou ja hul sal nie vir my luister nie, ook nie vir jul nie?

Oom Kalahari ·

En so sal die goeie en gerespekteerde geskiedenis aan die verlede behoort en verrot.

Ben Prinsloo ·

Mooi ons gaan Soweto se hoofstraat nou verander in n Barend Strydom laan. Alex se hoofstraat word HF Verwoerd rylaan ens. Wat gaan gebeur?

Hein ·

Dit gaan nie gebeur nie. Die enigste wat gaan gebeur is dat die mense iets moet begin doen. Begin ‘n Orania konsep buite elke dorp. Koop ‘n plaas, doen dorpstigting, onderverdeel en ontwikkel. Dan kan jy soos in Orania en Kleinfontein jou eie name, in jou eie strate wat jy self onderhou, opsit.

Pastoor ·

Terwyl die oumense kripeer met R 1500 pm worry die wat op die gravy trein ry wats die stasie straat of lughawe se naam. Los tog die name en doen iets sinvol. Lig die oumens pensioen na R 2000 pm

Gideon ·

Ek wonder eintlik regtig hoekom kla die klomp mense so oor name wat verander!! Hier waar ek boer is daar baie boere wat pragtige plase het met die mooiste name!! Afrikaans, Hollands en Engels!! Kan julle glo hoeveel van daardie boere het lodges of jagbedrywe begin en dan word daardie naam verander na een of ander wilde dier of wat ook al, en raai wat- byna aldie name verander na ‘n inheemse swart taal!! So ek dink soms word daar geskree net omdat die wittes voel hulle wil skree!! Gebruik liewers daardie geld wat so gemors word op onnodige hofsake en bou Universiteite teen die spoed van witlig!

danie ·

Gideon, jy slaan die spyker op die kop. Net so op die ander hand sal mense vebaas wees hoeveel afrikaanse name in die townships gebruik word.

Henning ·

Die aangehaalde dele van die uitspraak klink meer na ‘n politieke toespraak as na ‘n beredeneerde hof uitspraak.

WitBlits ·

Dis die tipe uitspraak wat jy kry as jy die duiwel by die satan aankla!!!

barend ·

ek het al vir radio Pretoria gevra hoekom hulle die nuwe name gebruik ,hulle verskoning was as volg “”die jong mense ken net die nuwe name “”ons kweek n nasie van onkunde ,ons moet ophou om deur mense voorgese te word en ons se se ons ja moet ons ja wees en ons nee ons nee .ons Afrikaner is maar genoe met wat met ons gebeur

R ·

Dankie Afriforum. Ten minste probeer julle. Ons moet maar net vrede maak dat die ANC en sy trawante nooit sal ophou doen wat hulle doen nie. Een ding is verseker.. Die wiel draai stadig maar verseker….

M ·

En so word die geld gemors op strooi. Dis afterall die wittes wat die munisipale rekenings betaal in hierdie land en die res staan net bakhand vir alles en dra tot niks by nie so ek dink ons het verseker n se oor die name.

Anna ·

Dit maak my so de dingges in…… dit kos so baie geld om straat Name te verander…. daar is soveel mense wat nie werk het nie en wat nie kos het nie. Ons land gaan teen gronde. Pleks maak hulle die strate reg. Vader weet alleen hoe ons land bestuur word…….. wat gaan tog van ons land word.

Johann Marx ·

Anna? Wat gaan tog van “ons” land word? “Ons” land? Hierdie is nie “ons” land nie….ou bleskop het dit weggegee in ruil vir internasionale rugby deelname…Onthou jy nou weer? ‘n Mens kan nie iets weggee…en dan kreun en kerm oor wat die ontvanger van jou geskenk daarmee maak nie. Dit is waarteen ons verkrampte konserwatiewes die liberales gewaarsku het, en het hulle ore gehad? Vat die dag af en lig jouself in: Jy is nou ‘n lid van ‘n minderheid (Afrikaanssprekend) binne ‘n minderheid (Blankes) en die getalle oorwig is 11 Nuwe Suid Afrikane vir elke 1 van jou soort. Jy het geen sê nie, en jy word nie in ag geneem nie. Afrika Demokrasie: ‘n Proses waar die minderheid kan deelneem aan hulle totale uitwissing.

Boerseun ·

Was net n kwessie van tyd en verbaas van ons glad nie. Jammer die gelde sou orania, kleinfontein , cvo skole ens goed te staan gekom het.

Maar daar is n aanslag teen ons volk so dit is belangrik om terug te baklei op elke vlak moontlik al lyk dit soos geld mors. Die krake in die grondwet begin kop uitsteek en die sort sake sal dit wys . As jy glo in n demokrasie en fw en mandela se een nasie Suid Afrika moet jy maar die sort uitsprake aanvaar. Ek vra al jare die grondwet aanstaanders (meestal DA sotte) wat hulle gaan doen as die wat die wet interpreteer die wet namens die 80% populasie interpreteer?

Hein ·

Boerseun jy het my laat dink en ek dink jy is reg. Die aanslae gaan net veller word teen die Afrikaner en ons gaan net net nie al die gate in die wal meer kant toestop nie.. Wag tot die DA aan bewind gaan kom….dan gaan ons wittes bars. Ons moet nou ons geld begin aanwend waar dit saakmaak en dit is soos die NP se plakate gese het voor ’94: Eie skole, eie woontbuurte. Dit kan net gebeur as ons eie gebiede (soos die Kleinfontein/Orania konsep ) skep aangrensend aan elke dorp.

Jeanne ·

Vreemd dat die Afrikaner nie aan die verlede moet vasklou nie, maar die ander etniese groepe mag daaraan vasklou. As hulle nie aan apartheid vasklou en daarmee alles probeer regmaak en verander wat hulle kan nie, het hulle ook geen onderhandelingsmag nie. Die meeste name is die van sogenaamde ‘freedom-fighters’ wat nie meer leef nie, so wie klou nou aan die verlede vas? Bou eerder huise en verskaf krag en water in woongebiede waar mense daagliks protesteer, klipgooi en bande brandsteek en net verder afbreek en vernietig. Hou op die belastingbetaler se geld mors op twak, soos die ou name vir die Afrikaner iets beteken het, beteken die nuwe name NET vir julle iets, so wat is die verskil nou eintlik? Geen verbetering op die ou regering nie. Nommer eerder strate of gee dit blomme name of diere name, hoekom moet MENSE so vereer word, en gewoonlik net verteenwoordigend van EEN groep? Belaglik man.

Anoniem ·

Die regering bluf hulself….. ek hoor dan met my eie ore hoe praat die swart mense in die buurt nog steeds van “Zambesi” en nie “Sefako Makgatho” nie. As die swart mense nie eens die moeite doen om die nuwe name te onthou en te gebruik nie, hoekom dan al die moeite en geld om die name te verander? Dink die regering regtig dit maak aan die swart bedelaar enige verskil of hy in Zambesi of Sefako Makgatho staan en bedel? O ja, daar onthou ek! Dis makliker om name te verander as om die werklike probleme (soos werkloosheid, kokaai paaie, ou waterpype wat aanhoudend bars) aan te spreek. Elke nuwe straatnaam staan soos ‘n klein monumentjie ter herinnering aan Numma Wan en sy makkers se skewe prioriteite en onbekwaamheid.

tokkie ·

Stem saam met ‘dink so daaraan’, strate, hospitale ens is so groot gemors – vuil en stink, ek dink nie ons voorouers en helde sou hulle name agter hierdie gemors wil hê nie. Laat hulle maar hulle ïcons”vernoem na die vuil en gemors – hulle verdien dit. hulle kan mos maar net meer geld print by die drukkers haha . of so dink hulle

Joe Olivier ·

Al my swart werkers praat nog van die ou straatname. As ek hulle vra of hulle weet wie die terroriste is waarna die strate nou vernoem is dan ken hulle nie eers die ouens nie.

Annie ·

Vermorsing van baie skaars geld as jy my vra. Plaas hulle dit op hospitale ens spandeer. Stem saam Tokkie.

Ampie ·

Hierdie is net nog ‘n bewys dat die gebruik van die howe nie die regskostes werd is nie. Menigte uitsprake ten gunste van Afrikaans en Affriforum word eenvoudig deur ‘n politieke instelling soos die grondwetlike hof ter syde gestel. Onlangs was dit die skole wat hul eie taal kan kies wat ook so verloor is. Die uitspraak van die Hooggeregshof dat Kovsies nie Afrikaans eenvoudig kan afskaf nie, sal ook dieselfde pad gaan. Dit is duidelik dat hierdie tipe proses (die regspad) nou sy einde bereik het. Ons sal nuwe planne moet maak.

plaasjapie ·

Hierdie maar net deel is van om ons taal en kultuur uit te probeer wis.

jaco ·

Die hof se regters word deur die staat betaal. Die staat word deur die ANC-regering beheer. So die hofuitspraak was eintlik heel logies

jaco ·

Hoekom is Zambeziweg se naam verander? Wat het zambezi met apartheid te doen?

Zachrys - wiet straatborde nodig? ·

My voorstel is om die ou name te behou op die Afrikaans verstelling van ons GPS’se, dit sê tog: ‘ links oor 50 m’ en so voorts – dit spreek in elk geval nie die straat name uit nie, maar wys die (regte) naam, in ons geval.
Niemand kan ons keer om padkaarte of GPS’se met Afrikaanse name te he nie.
Dis ń stille protes wat my meer trots op ons vermoëns, om onderdrukking (weereens) te oorkom, sal maak, en die outjies wat met ons wil mors net af p.

Ben Prinsloo ·

Kom ek probeer dit vir u almal duidelik maak wat n naam beteken, hetsy persoon, dier of straatnaam. Ek is Ben Prinsloo en trots op my naam. Dit vertel vir u dat ek heel waarskynlik blank, manlik, afrikaans sprekend is. Goed kom ons verander my naam na n denkbeeldige naam van “Zagaria Matlou toe. Sou dit dieselfde wees soos genoem hierbo? Naamsverandering is eintlik myns insiens die skending van verpersoonliking. Eers straatname,daarna dorpsname, dan provinsiale name en uiteindelik n totale verdrywing van die Afrikaner en sy bestaansreg.

John ·

Ben, wie was jou voorsate en waar kom hulle vandaan? Ons Afrikaners het hierheen uitgewyk as gevolg van verskillende redes. As ons weer geldige redes het om te vertrek, dan doen ons dit. In die geskiedenis moes mense herwaarts en derwaarts vlug. Kyk na die Jode se geskiedenis (Benjamin se mense…). Dit is vreeslik bevrydend om uit te vind wie jou voorsate was en waar hulle geswerf het. Doen dit. Hierdie spul nuwe ‘kenners’ op alle gebiede in ons land wil selfs atoomkrag aanwend asof dit rekenaarspeletjies is… Die toekoms hier is broos. Om vas te klou aan ‘n Afrika-pappot asof dit aan jou kopvel vasgegroei is, is bloot ‘n gewoonte. Afrika se opdrag aan die Vader: ‘God bless Africa’ is hulle woorde. Hy hoef nie te luister nie. Die woorde aan Hom kort ook ‘n ‘asseblief’. Hy het baie planne, ook vir ons Afrikaners. Ons moet net vorentoe bid. Dalk bly ons Afrikaners hier… of ons gly? Tans is dit die veiligste hier. Belaglike straatname ten spyt…

Kobus ·

Julle moet onthou dat die anc het n baie kort geskiedenis! Hulle gebruik net 7 of 8 name regoor die land. sisulu, mandela,biko, om n paar te noem! Nou is hulle name op en sal die verandering stop!
Daar is nie genoeg diepte in hulle geskiedenis om nog strate na mense te vernoem nie!

Louwrens ·

Stem saam met die vorige kommentaar hieroor gelewer. Ondersteun hulle liewer om al die name so gou moontlik te verander maar voeg daarby die redes hoekom. Ons wil graag die strate, dorpe en plekke onthou soos dit was. Die strate en paaie wat nou so vol slaggate is moet asb nie een van ons volksleiers se name dra nie. Ek self propageer al hierdie gedagte vandat die eerste naamsverandering plaasgevind het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.