Hofuitspraak oor Valke-baas voorbehou

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag sy uitspraak voorbehou oor ʼn dringende aansoek deur die Helen Suzman-stigting (HSF) om Berning Ntlemeza, die hoof van die Valke, te verhoed om sy pligte uit te voer.

Regter Niel Tuchten het eers na die drie regsverteenwoordigers vir onderskeidelik HSF, die minister van polisie en Ntlemeza geluister, voordat hy gesê het dat hy sy uitspraak sal lewer op ʼn datum wat nog aangekondig moet word.

Die kern van die regsgeding handel oor die wetlikheid van Ntlemeza se aanstelling as die hoof van die Valke. Minister Nkosinathi Nhleko het Ntlemeza aangestel ten spyte daarvan dat regter Elias Matojane in Februarie verlede jaar bevind het dat Ntlemeza “bevooroordeeld en oneerlik” was en nie oor “integriteit en eerbaarheid” beskik nie.

Francis Antonie, die direkteur van HSF, het gesê Matojane se uitsprake het regstreeks betrekking op die vraag of Ntlemeza geskik is om sy amp te beklee en aan die hoof van die Valke te staan wat noodsaaklik is vir strafregtelike ondersoeke in die land. Antonie het gesê juis daarom het die stigting besluit om regsingryping te versoek, weens Nhleko se “onkunde” en sy onvermoë om terugvoer te gee oor hul kommer rakende die Valke-hoof se aanstelling.

Antonie is vasbeslote dat Ntlemeza se aanstelling onwettig was en dat hy nie geskik is om sy amp te beklee nie. “Ek is teleurgesteld oor die lang tydsverloop. Ons is al sedert 2 November [2015] in verbinding met die minister se kantoor oor hierdie saak. Die saak sleep nou al ʼn geruime tyd voort. Dit is ʼn kwessie wat die minister net aanhou uitstel,” het hy gesê.

“Ons is bekommerd dat Ntlemeza sy amp beklee terwyl ʼn regter reeds een keer bevind het dat hy nie geskik is vir die pos nie. Hy het onder eed gelieg. Hoe kan ’n mens wat onder eed lieg steeds ʼn openbare amp beklee?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kobus ·

Enige iets is moonlit in die land. Die president lieg en oortree die grondwet
Wat verhoed dat die hoof van die Valke nie ook lieg en onbevoeg is nie?

Pieter.v ·

Dit is nog n geval soos vele ander sake waar die hof wat veronderstel is om gehoorsaam te word net eenvoudig met minagting geignoreer word deur die anc. Zuma se nie n woord nie want die anc en hul lakeie is is bo die wet verhewe.

Oupa D ·

Ek stem met Kobus en Pieter saam dat sommige hulle bo die wet verhewe beskou, maar is nogal geneig om te begin dink dat diesulkes se dae minder word in hulle ampte. Daar gaan net te veel stemme op oor die swak voorbeeld wat die toplui van die ANC stel. Ek dink Ntlemeza se dae is getel. Onthou, ook die president was “oneerlik en bevooroordeeld” bevind deur die hoogste hof. Regters gaan nou begin om die regte ding te doen!

humor ·

Ek dink nie hul ag hul hoer as die reg nie. Dit is blood n moedswillige onverantwoordelik, traak my nie agtige houding wat eie aan Afrika is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.