Hond het huis nodig ná plaasmoord

Moshje. Foto: DBV.

Die hond van Arine Prins en Peet van Es, die egpaar wat vroeër vandeesmaand wreed op hul plaas in Mpumalanga aangeval is, het nou ʼn nuwe huis nodig. Peet (54) is in die aanval vermoor.

Maroela Media het vroeër berig Peet, sy vrou, Arine, en ʼn vriend is op die plaas Moseley naby Barberton deur vyf gewapende mans oorval. Prins het gesê sy en die vriend was onder in die huis en Peet het op die boonste vloer gelê en geslaap.

Volgens Prins is haar man erg gemartel. Prins het gesê die twee aanvallers wat onder in die huis was, het haar ook gemartel. “Hulle het my met ʼn plastieksak probeer verwurg en my aanhoudend geslaan. Hulle het my ook probeer verkrag. Hulle het álles gesteel – skootrekenaars, tabletrekenaars, selfone en juwele wat ek by my ouers gekry het.”

Arine en hul kinders verhuis nou terug na Nederland en ʼn verteenwoordiger van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Nelspruit het hul bulterriër Moshje Woensdag gaan haal nadat die DBV deur ʼn goeie vriend van die gesin gekontak is.

Die gesin se ander hondjies is klein en kom nie goed met Moshje oor die weg nie. Derhalwe het die gesin besluit om die hond agter te laat.

“Hy was ʼn bietjie senuagtig toe hy hier aankom, maar dis te verstane,” het ʼn woordvoerder van die DBV gesê. “Hy kom goed oor die weg met groot honde en katte maar nie met klein hondjies nie. Hy is nie bang vir water nie, maar kan nie swem nie.”

Volgens die woordvoerder van die DBV is daar reeds ʼn paar aansoeke om Moshje aan te neem.

“Hy is regtig oulik, goedopgelei, speel lekker met ʼn bal en is heeltyd opgewonde,” het sy gesê. “Dit was nie ʼn maklike besluit vir die gesin nie en ons vra dat julle dit asseblief sal respekteer.”

Besoek die DBV in Nelspruit se webwerf hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

m ·

Ai dis so hartseer wat met hierdie arme mense gebeur het. Hoop hierdie pragtige dier kry gou n goeie huis met baie liefde.

Rob ·

Dis wat gebeur in Suid Africa met die moorde, alles word uitmekaar geruk .

Leonie ·

Randie – Kontak Nelspruit SPCA 013 753-3582 die hond is by hulle.

Ronel ·

Want aannemings by die dbv is onderhewing aan huisbesoeke en inspeksies. Bullies het baie aandag en speelplek nodig. Soms kom hulle nie goed met ander diere oor die weg nie, omdat hulle so besitlik kan raak op hul eienaar.

Hannelie ·

Net jammer die hond het nie een van die moordenaars toegetakel nie. Ek weet hy sal gou ‘n huis kry.

Eurika ·

Ek is baie dankbaar daar daar nog mense is wat diere help, veral wanneer sulke tragiese plaasmoorde plaasvind en die diere agter gelaat word, sonder huis. Ek glo dat die dier weer ‘n veilige, liefdevolle huis sal kry.

Pop ·

Bullies is die beste oulikste wonderlikste diere. Hulle lief kinders. Geen Bullies kan swem. Hulle sink soos klippe. Ai wat sou ek gee om die hond te vat. Maar ek het alreeds te veel ander honde. En Bullies hou nie van kompeteer vir aandag nie.

Alien ·

Laat weet asb sodra hy ‘n huis gekry het. Ons kan doen met so bietjie goeie nuus vandag.

Dankbaar ·

Baie dankie aan die DBV wat regstaan en hulp verleen aan die diere. Hoop jul vind gou skikte huis vir Moshje,

bollie ·

Wat ‘n pragtige woef!! Ek is bitter jammer vir sy mense wat so seer gekry het..’n afstootlike tragedie wat in ons land aan die gang is..ek hoop die woef kry ‘n fantastiese huis en dat sy mense spoedig herstel van hierdie vieslike, sinnelose daad.

Justice ·

Ek sou hom met graagte hier op die plaas wou he maar my Jack Russel sal hom verskeur indien hy by ons op die bed wil klim.

Elize ·

Ek sal ook hom enige vat. Ken bullies baie goed. Hulle is pragtige honde

Se maar net ·

As hy klaar n huis het…wil julle wat ge offer het nie maar n ander woef n kans gee…asb julle het plek..Daar is baie met sad stories wat nie die koerant haal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.