Honde val vroue aan op strand

Die polisie en nooddienste op die toneel waar twee vroue en hul honde aangeval is. Foto: Garrith Jamieson / Rescue Care

Die polisie en nooddienste op die toneel waar twee vroue en hul honde aangeval is. Foto: Garrith Jamieson / Rescue Care

Twee vroue is Vrydagoggend deur twee rondloperhonde, vermoedelik pitbulls, aangeval en gebyt toe hulle op die strand suid van die Durbanse hawe met hul honde gaan stap het.

Ceron Lennox, operasionele bestuurder van Rescue Care, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 09:15 op die strand naby Sloaneweg in die Bluff-woonbuurt plaasgevind.

“Twee vroue, een in haar 50’s en een in haar 20’s, het op die strand met twee honde gestap toe die ander twee honde op hulle afgestorm het. Die pitbulls het die vroue en hul honde aangeval en toe weggehardloop.”

Albei vroue het matige beserings, veral aan hul bene, opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Een van die vroue se honde het tydens die aanval weggehardloop en is steeds soek. Die ander hond is met bytwonde na ʼn plaaslike veearts geneem vir behandeling.

Die twee pitbulls is nog weg, maar beamptes is besig om na hulle te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

w ·

Dai pitbulls se eienaar hoort ini tronk. As jou erf ni dog proof is ni munie honde aanhou nie. te veel mense wil honde aanhou maar hul kani hul versorg of kyk dat hul heinings dog proof is ni

APBT eienaar ·

Uh, ok… Matige beserings? Aan bene? Nee wat. ‘n Pit Bull gaan vir die keel. En matig is nie hoe hulle dit doen nie. Seker een of ander mixed mutt met ‘n block head wat summier Pit gedoop is.

Rina Pretorius ·

dalk het die huishulp die hek oopgelos en nou moet die eienaar boet vir dit, ag nee man, vang die honde en maak plan met hulle, die eienaar sit dalk onbewus van alles by die werk hoekom moet hy/sy dan nou tronk toe gaan. Los die tronke vir moordenaars en verkragters en ander misdadigers. Los die wetsgehoorsame mense uit.

Yvonne ·

Ek stem saam Rina. Dit is jammer dat so iets moes gebeur het. Dalk het die honde uitgekom sonder die eienaar se wete en toe amok gemaak ie stukkende heining of iemand wat ‘n hek oopgelos het . Hoop die ander honde wat weg gehardloop het word gou gevind.

Chris ·

Vermoedelik Pitbull of regtig Pitbull?? Mense kan nie Pitbull honde identifiseer nie en dan word dit sommer n Pit.
Hoop die mense herstel vinnig

Annie ·

Weet nie hoekom is dit altyd selfde mense wie se honde in die strate rond hardloop nie. Hulle is net n oorlas vir ander

APBT eienaar ·

Dieselfde tipe mense? Wil graag hê jy moet bewys waar my APBT’s al ooit uit hul erf was en ander gepla het. Nope….dis ons kinders, en hulle word opgepas (vergiftiging, diefstal ens) Ry selfs saam as ons iewers gaan. So, sluk maar jou insinuasies oor PIT eienaars.

Stem 100% saam ·

Ek stem 100% saam Annie, en jul almal wat nou weer voel die honde wat iemand onskuldig byt moet nie onregverdig behandel word nie, moet maar eenkeer deurloop onder hul genadelose tande en jou weerloosheid, ek is as kind gebyt deur ‘n hond wat uitgekom het. Ek is lief vir honde, terg nie honde, maar ek is gebyt. My honde byt nie, kom nie uit die erf nie. Ek sukkel vandag nog met ‘n vrees vir honde, in so geval sal ek skiet, dit kan nie vir iemand ‘n plesier wees om sulke monsters aan te hou nie, as die mense in hul erf ingegaan het, laat waai hondjies, maar onskuldig op straat aanval. Dit is net so sleg soos boewe wat weerloses aanval.

Ekke ·

Verwar jy nie dalk varkhonde met American Pitbulls nie? Nee, ‘n American pitbull het ‘n meer afgeronde, meer vierkantige gesig , oë wat heelwat wyer van mekaar sit en ore meer vorentoe as varkhond se kind. Altans, dit is hoe dit vir my lyk – albei egter redelik aggressief en geneig om te storm en te byt wat voorkom, maar glo ook baie liefdevolle diere in gesinsverband. Hoop net nie die honde word nou uitgesit nie!!!

APBT eienaar ·

NEE, Max. ‘N Pit Bull kan baie BULLY tipe honde wees…eish. Die Internet is ‘n wonderlike bron van inligting. vir diegene wat nie weet nie.

So vinnig om te noem dis Pit Bulls, sal graag beskrywing wil hoor. Ai.

S ·

My punt is dat dit swak taalgebruik is. Pitbull is Engels, en dit is ‘n Afrikaanse artikel.

APBT eienaar ·

Dis juis: enige ‘mixed breed’ is summier ‘n Pit Bull (wat hulle nie eens reg spel nie, in elk geval). Jammer, na meer as 20 jaar van die ras aanhou (saam 4 kinders wat tussenin grootgeword het!) het ons nog NOOIT ‘n insident gehad nie.

Jannie ·

Die enigste verrassing van hierdie storie is dat die mense nie doodgebyt of ernstig beseer is nie. Daai goed los mos nie as hulle eers begin vreet nie.

Max ·

Pitbulls IS amerikaanse veg honde!? ag en hoekom nou die “bediende” blameer…..ons ou nasietjie is soms so kleinlik…..

Lee ·

Hoe het die pitbulls uitgekom in die eerste plek? Ek hoop regtig hulle kry hulle ander hond. So hartseer!!

Sophia ·

Pitbulls is elkgeval honde wat gevaarlik is dus behoort die eienaars daarvan ekstra voorsorg tref. Sover bekend altyd Pitbulls wat sommer aanval.

Natasha ·

Eerstens wil ek begin deur te sê waar is die fotos om te bewys dat dit pit bulls was? Dit kon boerboele of Rotweilers gewees het? Mense moet begin begrip kry oor die Ras van die honde. Ek sal elke greintjie gebruik op my om die Pit Bull Ras te beskerm, die media kan nie net vermoed dat dit Pit Bull was nie. Die media moet hul feite reg kry voor dit aan die publiek neer gelê word asb. “Dont judge the breed” net omdat mense gebyt is of aan geval is nie asb.

Theo p ·

Cesar Milan se altyd:It is not the dog ,it is the man behind the dog.

Pitty Lover ·

Mense het altyd slegte komentaar te lewer oor pitbulls. Maar tot en met jy nie self een gehad het nie sal jy nie verstaan nie. Pitbulls is die mees intelligentste hond wat mens kan kry. Pitties was oorspronklik gebruik as nanny dogs. Hulle het kids opgepas. Ons mense het die lelik uit pitties gebring en begin teel vir veghonde.Pitties is die mees liefdevolste hond wat mens kry. Hul is soos kinders,net so stout ook. Enige hond pas aan by die omgewing waar hy bly. Die manier waarop jy jou hond gaan groot maak is hoe hy gaan wees. Hou op pitties sleg maak, se die mense sleg wat hulle so gemaak het. Dis onskuldige honde wat nie gevra het vir al die haat teenoor hulle nie. Hul kan nie praat nie. Ons moet hul stem wees. Ek kan ure n debat voer oor pitties, videos en fotos deel dan sal jul dalk beter verstaan. Jy kry nie n beter maaitjie vir jou kind as n pitbull nie. Ek is trots om te se ek is n PITBULL LOVER en sal alles in my vermoe doen om mense meer kennis te gee oor hul sodat almal beter sal verstaan. Maar tot en met dan sal ek n stem wees vir die pitties en daar sal nog baie meer wees.

Erika ·

Die gevolge van die situasie is baie erger as wat berig is. Die een dame was gisteraand in die teater om die skade wat aangerig is te probeer herstel. Sy het 2 spaniels by haar gehad – een is nog soek nadat sy weggehardloop het. Die ander dame het probeer om haar 3 jarige kleuter te beskerm toe sy aangeval is. Die 2 honde wat vir die aanval verantwoordelik was alsook die eienaars is gevind.

Frik ·

Asb wat maak dit saak of dit pittbul is of nie. Honde hoort nie op strand. Hulle is net n oorlas en doen hulle besigheid waar ons kinders in die sand speel terwyl hulle eienaars sraan en kyk en geen moeute doen om hul hond se st****t op te tel nie. My honde bly tuis of ek vat hul veld toe waar hulle nie ander pla

Violet ·

Hoekom moet die Pitbul vir als geblameer word. Kry die kat kleintjies is dit seker ook die Pitbul se skuld!

Namibië ·

As iets negatiefs ivm ‘n hond berig word is dit automaties ‘n Pittie. Ek het self ‘n Pit en het nog nooit ‘n voorval gehad nie. Dit hang af hoe jy jou hond grootmaak, ongeag die ras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.