Honderde SA’ners gaan help met Kanada-brande

Foto: Sondag 8 Mei/Ryan Remiorz/The Canadian Press via AP

Foto: Sondag 8 Mei/Ryan Remiorz/The Canadian Press via AP

ʼn Groep Suid-Afrikaners vertrek eersdaags na Kanada om te gaan help met die verwoestende brande in dié land.

ʼn Span van 301 brandbestryders en bestuurslede van die organisasie Working on Fire (WOF) het in Johannesburg bymekaar begin kom en sal Sondag na Alberta vlieg om die Kanadese owerheid by te staan met die brande wat tans daar woed sowel as voorkomende aksies vir verdere brande.

Volgens WOF is die ontplooiing van brandbestryders die grootste Suid-Afrikaanse ontplooiing nóg vir bystand aan ʼn oorsese land. “Ons is ongelooflik trots op die feit dat die internasionale brandbestrydingsgemeenskap die vaardighede en kundigheid binne Working on Fire raakgesien het om noodsaaklike brandbestuurdienste op internasionale vlak te verskaf.”

ʼn Reuseveldbrand het op 1 Mei naby Fort McMurray ontstaan en het daartoe gelei dat al 88 000 inwoners hul wonings moes ontruim. Volgens amptenare word ʼn area van 5 000 vierkante kilometer deur die brande geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leeukop ·

Tog kan ons nie ons eie skole en universiteite keer afbrand nie. Ek hoop Kanada gaan ons help wanneer ons land heeltemal inmekaar val.

Grikie ·

Leeukop, dis nou die mees irrelevante kommentaar wat ek in ‘n lang tyd gesien het.

Cherokee ·

Wat laat jou dìt kwytraak, Griki? Ek dink Leeukop se kommentaar is ietwat skarrelend ironies oor huidige gebeure in die land terwyl landgenote elders moet gaan help.

vermeende ·

Leukop ek kan jou amper belowe hulle sal telaat opdaag.
Ek wonder net hoeveel regsteinde brandslaners is in die groep.

Ekwilibrium ·

Dit is besonders van die 301 lede van WOF om te gaan help. Burger, ek stem tog tot ‘n mate saam met Leeukop (sou die naam nie erken het as ek hy was nie…) WANT; die Kanadese WIL gehelp word, hulle brand nie aspris hul erfenis en hulpbronne af nie. Hulle VERDIEN hulp, ons brandstigters VERDIEN dekades lange tronkstraf. En nee Leeukop, Kanada gaan ons nie help nie want ons meerderheid WIL nie gehelp word nie.

TIGER ·

weet iemand dalk hoe ons ook kan gaan help indien daar nog n paar hande nodig is

Cathy Kotze ·

Die hulpverlening is oorweldigend, en meeste daarvan kom van Kanadese. Retaurante verskaf gratis etes. Mense gooi hulle huise oop vir gesinne wie se huise afgebrand het. Kanadese het reeds miljoene dollars aan die Rooi Kruis geskenk.

Kanada het hulp van baie lande vriendelik van die hand gewys, want die Kanadese brandweer is baie goed daartoe in staat om brande te blus.

In baie gevalle bestaan dorpe se hele brandweer uit vrywilligers. Woude beslaan 42% van Kanada se oppervlakte en 10% van alle woude in die wêreld is in Kanada.

Die meeste geboue is uitsluitlik met hout gebou en ‘n huis kan soms binne 4 minute afbrand.

Hier is ses brandweerstasie net in die dorp waar ek woon, want brandbestryders moet feitlik onmiddellik op die toneel wees.

Baie dankie nogtans aan almal wat hulp aanbied.

charlene ·

Dis hoekom ons land is sy dinges is. WANT ons gun niemand niks nie!!!
Ekwilibrium jy slaam dit so reg op die kop!
Ek hoop daai ongelooflike goeie 301 mense se name word tog genoem vir die erkening wat hulle verdien en ek hoop met terugkeer is hulle nog steeds die 301. Daar is mense wat ongelukig al omgekom het in daai brande. Ek wens julle alles van die beste toe en dankie vir julle hulp vir julle medemens. En ons brandbestryders in ons land julle is amazing en wonderlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.