Hulp aan Knysna gebied deur noodfonds

Foto: Koos Britz/WVS Wildfires/Twitter

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die diensorganisasie Solidariteit Helpende Hand het pas aangekondig dat hulle hul noodfonds gaan uitbrei deur bystand te bied aan dié gebiede in die Wes-Kaap wat tans die ergste deur verwoestende brande geteister word.

Hierdie noodfonds is spesifiek vir situasies soos wat tans in die Wes-Kaap heers en meer spesifiek die brande in die Knysna-gebied. Die fonds is al voorheen gebruik om voer aan te ry na droogtegeteisterde gebiede, vir hulpverlening aan die inwoners van Calvinia wat nie water gehad het nie, en nou om die mense van Knysna te help.

“Ons wil mense aanmoedig om tot die fonds by te dra, want ons glo dat só ’n fonds meer mense bemagtig om ’n bydrae te lewer,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron verduidelik dat AfriForum in samewerking met provinsiale rampbestuurspanne addisionele punte gaan identifiseer waarheen hulpgoedere gestuur kan word. Die spesifieke items wat mense kan skenk sal ook later deur middel van sosiale media bekend gemaak word.

Lees alle vorige berigte oor die Knysna-brand op Maroela Media.

Bankbesonderhede vir finansiële skenkings is soos volg:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261550
Verwysing: KNYSNA

SMS “Knysna” na 45344 (R1) om by AfriForum se noodfonds aan te sluit en sodoende maandeliks tot dié fonds by te dra wat vir noodsituasies soos hierdie gebruik gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco Pretorius ·

Ons as die Organiseerders van die East Rand Show sal graag n donasie van R10 000 wil skenk en dan wil ons ook Afrikaanse besighede uit daag om dieselfde te doen.

Kan iemand my asb kontak op 074 923 3214
Baie Dankie

Kloekie ·

Is hierdie nie brandstigting?? Hoekom so wydverspreid. Laas jaar in kaapstad ook….

Sterkte ·

Dankie wat julle doen. Jammer die regering roer nie n vinger om hul noodfonds te laat werk. Wys net daars geen omgee of hulp ter sprake van hulle kant af nie. Sterkte met wat jul doen. Intussen sal ons aanhou bid,glo en vertrou. N gebed het vurige krag.

Manna ·

Dankie tog vir Agriform en solidariteit hulle is voorbeeld vir hoe ‘n verantwoordelike regering behoort op te tree. Enigste verantwoordelike leierskap is land.

alida ·

Baie dankie. Die groot hardeware winkels kan gerus boumateriaal skenk aan ALMAL ongeag kleur en die supermarkte kan gerus ook maar kos koepons uitreik aan die mense wat dakloos gelaat is. Dit is algemeen bekend dat sekere winkels net skenkings maak aan sekere mense maar dit is nou die tyd dat hulle skenkings maak aan ALMAL. Ellende, koue en honger ken nie kleur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.