Hy moet op Facebook vir wittes jammer sê

'n Skermskoot van Naale se Facebook-profiel.

‘n Skermskoot van Naale se Facebook-profiel.

Steve Naale, woordvoerder van die Ngwathe-munisipaliteit in die Vrystaat, moet op Facebook om verskoning vra vir ʼn plasing wat hy vroeër op die munisipaliteit se Facebook-blad gemaak het.

Hy het ʼn foto van die Ku Klux Klan (KKK) geplaas waar hulle by twee hangende lyke staan. Hy het onderaan die foto geskryf: “tensy ons dit weer onder ʼn witman se regering wil hê”.

Gail Smith, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), het gesê die MRK het bepaal Naale moet “onmiddellik ʼn onvoorwaardelike verskoning op Ngwathe Online se Facebook-blad publiseer. Hy moet die verskoning rig aan Elsie du Preez en alle wit mense”.

Du Preez het op 16 Februarie 2015 ʼn klag teen Naale by die MRK ingedien oor die plasing. Die MRK het bevind die plasing skend beide die reg op gelykheid op grond van ras en die reg op menswaardigheid.

“Die plasing diskrimineer teen en ondermyn die waardigheid van die klaer asook alle wit Suid-Afrikaners,” het Smith gesê.

Teen die tyd van plasing van die berig het Naale nog nie op Facebook om verskoning gevra nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

S ·

Hoekom word hulle nie ook beboet met R150,000 soos in die geval met andere nie. Hul mag die wittes dreig en slegse en kom net weg met verskoning te vra! Dis nue regverdig nie. Verskonings se niks – straf hul ook swaar op dieselfde wyse as ander.

Charlotta ·

My vriend, dink jy hulle sal hom straf soos hulle met ons Wittes maak. Hulle maak, se en doen soos hulle wil, en kom weg daarmee.

Marcel ·

Fantasties. Mense moet begin besef dat as jy ‘n rassis is, jy eerder jou kommentaar moet beperk tot die privaatheid van jou eie huis. As jy wil rassities wees, gaan mense jou aanvat, en ek hoop meer mense doen dit. Dieselfde geld vir enige vorm van haatspraak.

Leon ·

Woorde is goedkoop daar is geen wet op aarde wat ń mens kan laat jammer sê en dit bedoel nie

Leon ·

Daar bestaan geen wet op die aarde wat ń mens laat jammer sê en dit rerig bedoel nie woorde is verniet, wat binne jou aangaan maak saak jammer sê verander geensins jou algemene gevoel nie

Leon ·

Daar bestaan geen wet op die aarde wat ń mens laat jammer sê en dit rerig bedoel nie woorde is verniet, wat binne jou aangaan maak saak jammer sê verander geensins jou algemene gevoel nie

Elsabé Barnard ·

Ag rêrig ?, wie probeer die mrk flous? Waar is die R50000 boete? Met hierdie optrede sal die mense nooit leer dat jy verantwoordelik van jou dade het nie. Am voel sommer naar

Theuns ·

Hier is weer ‘ verdere onregverdigheid. Ons soek nie net ‘n verskoning nie maar ook ‘ boete van R150 000 .

johann cb ·

Maak ons wit mense verskoning op sosiale media vir ons uitlatings? Ons het tog almal gevoelens. Ek vra maar net…

willie ·

nee nee waar is regverdigheid ons soek nog n boete van R150000

Jan maak n Plan ·

Stem 200% saam met jou Willie – waar is die man se boete. Weereens Proudly South Africa.

GES ·

Ek reken R150000 sal gepas wees en dit kan sommer by Solidariteit se Helpende Hand inbetaal word. Wat van ‘n bietjie regverdigheid?

Joann ·

Theuns ek stem,laat hom betaal,vat hom hof toe,skors hom, doen alles wat aan die wittes gedoen word.

snoefie ·

EKSKUUS? is dit geregtigheid? hy het willens en wetens op die munisipaliteit se fb kommentaar gelewer. dis het hy dit names Bloemfontein se munisipaliteit gedoen. pik by. gee die munisipaliteit opdrag om hom summer af te betaalven die munisipakiteit kan R1 500 000 boete betaal verkieslik om verdeel te word onder ouetehuise in die oranje vrystaat. SAUCE FOR THE GOOSE IS SAUCE FOR THE GANDER.

Edward ·

Mag Naale gehang word deur die KKK. Ek vra sommer nou al verskoning MRK. Useless organisasie wat teen blankes diskrimineer. R150000 vs net om verskoning? COME ON!!!

hans ·

Regsgeleerdes help hier asb. Kan daar nie appel teen hierdie MRK beslissing aangeteken. Word nie?

Jannie ·

Was dit n witte het hy sy werk verloor, helse boete en tronkstraf in die gesig gestaar

Cherokee ·

Elsie du Preez, ons is trots op jou! Maak asseblief seker dat hy opvolg met ‘n verskoning en maak ook seker dat Maroela op hoogte gehou word. Dankie Elsie.

lettie ·

ek stem saam. Die swart rassiste kom baie ligter daarvan af met haatspraak en rassistiese uitlatings. Ons moet veg teen die onreg wat teen ons gepleeg word. Dit is ook diskriminasie teen ons deur MRK. Behandel almal gelyk.

Karma ·

@Koos – mooi gesê: “…. ape leer …” Jy moet dit twee keer leer om die intensie daaragter te verstaan.

Marcel ·

Fantasties. Ek sou graag wou hê dat mense, alle mense in die land besef, nie alles wat jy op sosiale media plaas, jou die reg gee om te disekrimimeer of haat aan te wakker nie. Geen rassistiese uitlatings moet geduld word nie.

Asjas ·

As ek die regte reg verstaan, dan kan hierdie saak gebruik word as maatstaf vir enige toekomstige sake (Kramer vs Kramer) etc.?
Sal die Eiendoms agent se uitspraak baie interessant maak.
Die ander een …

E ·

Ja né, en waar is Penny Sparrow se R150 000 boette?
Dink nou sy kan gerus appeleer, die storie kom net op die regte tyd!

Popeye ·

Dis duidelik dat swart mense ligter afkom daarvan wanneer hulle uitgevang word van rassisme. Ek kry ook die idee dat hulle dit as hul reg toe- eien meer en meer. Kom ons wees nou maar reguit…..met die referendum het blankes hand uitgesteek en gese ons voel dinge moet anders wees en ons is jammer vir sommige dinge, kom ons gaan vorentoe. Nou word daardie blyke daagliks vertrap met min bereidwilligheid om vorentoe te gaan nie. Dit is kompleks ja, maar iewers moet mens iemand se berou begin aanvaar. Die storie begin nou sy eie stert te jaag. Ek het nie veel moed vir die land nie, verdraagsaamheid word te veel beproef deur wedersydse onverdraagsaamheid.

johann cb ·

Hier is baie mense wat wys en bewys net hóé rassisties hulle is. Ek hoop net nie almal van julle is Christene nie, want dan is julle op die verkeerde pad! En dan moet ek maar Russies Ortodoks word! Moenie ander toewens wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie!

apie ·

Kan daar nie iewers n klag van rassisme teen die MRK gemaak word nie? Liewe hemel!!

PMB ·

Jammer se ……. sal hom nie rehabiliteer nie. Hy moet maar dieselfde roete volg as die ander rasiste wat hom vooruit loop. Die wet van Transvaal…… k.. en betaal!!!

Sterretjie ·

Wat gaan dit help as hy jammer sê oormôre doen hy dit maar weer.

Hannes ·

Hoekom net verskoning vra, vat hom hof toe laat hy ñ boete betaal

Inka ·

‘n Verskoning beteken slegs iets as dit uit vrye wil gedoen word en die persoon dit nie weer doen nie. Dit is nie opreg en uit die hart as jy aangesê word om jammer te sê nie. Verskoning beteken niks, as die persoon steeds aangaan om te doen, waarvoor hy/sy jammer sê nie.

hannetjie ·

Omverskoning vra!!!! Hoe dwing mens iemand anders om omverskoning te vra? Veral as hul dit nie eers bedoel nie! Belaglik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.