Interdik teen ‘Doom-profeet’ bekom

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die hooggeregshof in Limpopo het Maandag ʼn interdik uitgereik teen pastoor Lethebo Rabalago wat hom verhoed om Doom-insekweerder op sy gemeentelede te spuit.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het die uitspraak verwelkom. “Ons glo dit sal ʼn les wees vir die talle ander pastore wat ongewone praktyke gebruik teen die arm en weerlose lede van ons samelewing,” het Ramathuba in ʼn verklaring gesê. “Die departement sal ook verskeie gesondheidsprogramme van stapel stuur om mense te help verstaan wat die uitwerking van dié praktyke is.” Sy het gesê haar departement bly verbind daartoe om seker te maak dat siektes nie onder die gemeenskap versprei nie.

Rabalago se bedrywighede het onder die soeklig gekom toe foto’s op sosiale media versprei is waar hy Doom-insekweerder op sy gemeentelede spuit. Lees alle vorige berigte oor die Doom-profeet op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

foxi ·

Ha ha ha ha …….jis maar nou het ek darem my longe skoon gelag! Nou sien ek uit na hierdie blou maandag. Nou wonder ek….wat sit tussen daardie ‘profeet’ se ore?
Ai tog !

TM ·

Wat het arm en weerloos met die saak uit te waai? Word hulle gedwing om te kom en dan moet hulle nog betaal ook? Bog man, dit gaan oor hoe jy dink en die feit dat hulle vir alles val. Hulle is volwassenes nie kleuters nie.

CrimeSA.com ·

ek hoop die interdik sluit in die ‘drink van petrol’ ook wat hy gedoen het…?

SARIE VAN HEERDEN ·

So totaal DOM om hierdie dinge te glo en nog daaraan deel te neem ook. Wed jou die profeet en aanhangers is nog stemgeregtig ook en stem vir die geskikste engel om ons land te lei en te ly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.