Interdik teen onwettige grondgrypers in Hammanskraal toegestaan

Argieffoto

AfriSake het vandag namens sommige van hul lede ’n dringende interim interdik bekom om grondgrypers te verhoed om privaat grond in Hammanskraal in die noorde van Pretoria onregmatig te beset. Die keerdatum om die saak in die hof te finaliseer, is 8 Januarie 2018.

“Ons maan die publiek om veral in die komende feesseisoen ’n wakende oog oor hul eiendom te hou omdat die tendens van grondbetreding dikwels in hierdie tyd van die jaar toeneem,” sê Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid. “Artikel 25 van die Grondwet waarborg aan elkeen die reg om nie arbitrêr van hul regmatige eiendom ontneem te word nie. Ons doen daarom weereens ’n beroep op die SAPD en veral die Tshwane Metropolitaanse Polisie om proaktief op te tree, hul pligte na te kom en die publiek se regte te beskerm. Ons moet elke sentimeter eiendom beskerm wat in besit van regmatige eienaars is. Ons kan nie toelaat dat Suid-Afrika in ’n tweede Zimbabwe ontaard nie.”

Grondeienaars word aangeraai om by georganiseerde instellings soos AfriSake aan te sluit sodat ons in samewerking met grondeienaars hul reg kan beskerm om in ongesteurde besit van hul eiendom te wees. Ondersteun AfriSake en SMS “Land” na 32277 om te help om vir die beskerming en behoud van eiendomsreg in Suid-Afrika te veg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cato ·

ASB mense ondersteun AfriSake! Hulle veg nie net vir jou eiendomsreg nie maar ook vir jou besigheidsregte. Sluit ook aan as lid hulle doen baie goeie werk!

Geïriteerd ·

Wens alle persone met oop erwe het leeus gehad wat dit kon patrolleer

MANIE ·

Help nie om die DA in Pretoria vir hulp te vra. Net so pateties soos hulle voorgangers

dom ·

Ek sal se hou op aanklop vir hulp by staat. Dit is tyd dat reg in eie hande gevat moet word anders gaan die goed oor ons bly loop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.