Jason Rohde: Kommer oor polisie en media se optrede

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde se regspan het uitgevaar teen die polisie en die media nadat hy Dinsdag in Stellenbosch op borgtog vrygelaat is.

Rohde, hoof van Sotheby’s International Realty in Suid-Afrika, is op borgtog van R100 000 vrygelaat. Hy moes die bedrag onmiddellik betaal om uit polisie-aanhouding vrygelaat te word. Hy moet egter ook voor of op 14 September ʼn bankwaarborg aan die hof verskaf vir die bedrag van R1 miljoen.

Rohde se vrou, Susan (47), se liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Rohde beweer sy het selfmoord gepleeg terwyl die staat aanvoer Susan is verwurg.

Hy sal vir die duur van sy verhoor by sy swaer in Melkbosstrand tuisgaan. Sy borgtogvoorwaardes behels onder meer dat hy onder die toesig van ’n korrektiewe beampte geplaas word en Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 16:00 en 19:00 by die Melkbosstrand-polisiestasie moet aanmeld.

Rohde mag nie sonder die toestemming van die ondersoekbeampte of die staatsaanklaer naby vertrekpunte van hawens of lughawens kom nie en hy mag nie die Wes-Kaap sonder toestemming verlaat nie.

Rohde het die hof versoek om terug te keer na sy huis in Bryanston, Johannesburg, na sy 18-jarige dogter wat in matriek is. Landdros Greg Jacobs het gesê hy sal tydens Rodhe se volgende hofverskyning op 23 September ʼn besluit hieroor neem.

Rohde se regspan het ná afloop van die hofverrigtinge ʼn verklaring uitgereik waarin kommer uitgespreek is oor die regverdigheid en wettigheid van die polisie se ondersoek en optrede. Volgens Rohde se regspan was sy inhegtenisneming by sy huis in Bryanston traumaties.

Sy regspan het ook kommer uitgespreek oor “ongesteunde bewyse” rakende die beweerde moord en spekulasie daaroor in die media wat “roekeloos misbruik” is om sensasie te skep. In die verklaring word daar aangevoer dat sommige lede van die media sekere gevolgtrekkings maak voor die reg sy gang gegaan het.

Volgens Rohde se regspan is hy ʼn “liefdevolle pa wat verkeerdelik beskuldig word van ʼn misdaad wat hy nie gepleeg het nie”.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Gerd Lourens ·

Sjoe! Hierdie is baie hartseer. Hierdie mense het alles gehad om voor te lewe.

Toela ·

Nee Gerd ek dink nie hulle het alles gehad om voor te lewe nie, die belangrikste kort GOD.

suster sêra ·

Ag toe nou Toela, wat weet jy van hulle persoonlike lewe. Hou op veroordeel!

Columbiana ·

Liefdevolle pa? Miskien ja maar dalk nie so ‘n liefdevolle man nie. Baie misdadigers is lief vir hulle kinders maar hulle is nog steeds misdadigers. Soms kom prokureurs met sie vreemste argumente op. Wat egter nog vreemder is is dat dit blyk te werk

Riaan Olivier ·

Sjoe….Ek sou geensins n probleem hiermee gehad het indien die polisie deurgans en konsekwent so aggressief ondersoek en vervolg nie. Maar ja, ten minste word die proses in hierdie geval gevolg. Aanklaer sal nie vervolg indien daar nie redelike vooruitsig is op skuldig bevinding nie. So daar is beslis iets wat hulle pla van die hele storie en dit moet verder ondersoek word.

Peter ·

Wat-ek-lees….ek stem saam met jou. Laat bewyse voorgelê word voordat iemand veroordeel word. Ek stel ook my kinders se welstand bo dié van my eie. Laat die reg stelsel toe om die regte protokol te volg.

Wat-ek-lees ·

En daar sneuwel my kommentaar. Lyk my ek het nie gelees wat ek moes lees, wys mens net . . .
Jy weet alles as jy besef dat jy nie alles weet.

lynette ·

Liewer magtig!!!! Hier begin n tweede Oscar storie met almal wat n opinie het en deel. Wag eers tot hy skuldig of onskuldig bevind word voor julle so mildelik oordeel!!!!

suster sêra ·

En ek wonder of almal wat altyd ‘n eier te lê het sodanige ‘skoon’ lewens lei?! Ai, ons is darem altyd haastig om te oordeel. Die man is onskuldig totdat bewys is hy het die moord gepleeg. Tot dan moet ons harte vir hom en sy kinders uitgaan, selfs ook daarna WANT … there for the grace of God go I.

Johan ·

Hierdie gaan weer ñ lang uitgerekte saak wees want daar is geld betrokke. Plaas moorde van arm mense is sommer 1,2,3 afgehadel en gladnie voorblad nuus nie. Lyk my sy regspan wil ook voorgee of hy bo die wet verhewe is.

Lelani ·

Liefdevolle pa??? hoekom sal hy dan ‘n buite eglike verhouding met iemand he as jy weet dit gaan jou kinders seer maak?

Stem saam ·

Stem 100% saam met Lelanie en KarroKlong, jou kinders kom altyd 1ste – veral as jy nou so besorg klink oor hulle!!!!!!!!!!!!!!!!!!

wringer ·

Is die bestaan vaan ‘n “buite eglike” (sic) verhouding al bewys?

Malva ·

Uit die aard van die saak is ‘n arrestasie sekerlik nie veronderstel om ‘n aangename ervaring te wees nie.

Stem saam ·

Stem volkome saam Malva, alle ander vermoedelike misdadigers word eenvoudig net gearresteer, die feit dat mense groot poste of baie geld beteken nie hul moet voorkeur behandeling kry nie. Die wet moet vir elkeen presies dieselfde wees.

Johann ·

Ja wel so praat geld as dit kom by ” beelbou” vir iemand wat “as liefdevolle pa” dieselfde kind aan sy buite egtelike verhouding blootgestel het. Ek lees ook nerens van die man se hartseer oor sy vrou se wrede dood nie?

Martin ·

Op News 24 berig hulle sy is moontlik geslaan en geskop kort voordat sy dood is.

Ek se maar weer ·

Mooi beplanning Johann – ek stem met jou saam – mooi dink onthou almal lees die koerante en kyk nuus. Jou skelmpie ook en dit gaan nuwe drama bring.

celeste ·

Ek dink mense is te vining om iemand skuldig te verklaar. Gee die ou n kans om sy onskuld te bewys. n Persoon bly onskuldig tot hy skuldig bewys word. As hy skuldig is sal hy die prys betaal vir wat hy gedoen het. As hy onskuldig is, is hy klaar gebrandmerk as n moordenaar. Almal verdien hulle dag in die Hof. Die feit bly staan wat ook al met hom gebeur die dogters gaan nie hulle ma terugkry nie. Bly maar tragies.

Gerhard Yssel ·

Die deur was van binne gesluit,maar venster oop,maklik,sluit deur en klim uit as dit nie te hoog is nie.

Stem saam ·

Stem saam hy moet sy kans kry Celeste, maar o wee wragtig nie probeer loskom met verskonings soos my kindertjies, ek is bekommerd oor hul of regverdigheid van inhegtenis neming – soos hul dit stel moet arm mense maar vat wat vir hulle kom, mense met geld of posisies moet ‘n keuse hê oe.

Amanda Burger ·

Kry mens regtig nog in vandag se tyd by hotelle badkamervensters op grondvlak sonder diefwering? Dit is onverantwoordelik! Ek sal beslis nie daar tuisgaan nie.

Stem saam ·

Los media asb uit, hul moet ons inlig. Soms is daar stertjies, maar staan maar sterk as jy nie in koerante wil verskyn nie, sorg self dat jy uitbly!

Nog iets ·

Sjoe nog iets wat my laat wonder, hoekom het hy ‘n private lykskouing aangevra. As jy weet jou vrou het selfmoord gepleeg, hoekom vra jy ‘n privaat lykskouing?

alice pretorius ·

Die Staat se patoloog sê dis moord. Hulle moet nou die teendeel bewys en sodoende hulle eie bewyse hê deur middel van hulle eie forensiese ondersoek.

Nog iets ·

Uhm vreemd dit was gedoen voor daar vermoed is sy is vermoor…….. Hoekom sou hy dink hy gaan dit nodig kry as sy selfmoord gepleeg het, dit bly vreemd en insiggewend!

Louise ·

jip niemand praat oor die arme vrou wat met haar lewe moes boet deur geweldadigheid nie.
So dis nie so seer oor mense wat prober oordeel nie. Maar oor die feit dat mense gesag soek terwyl n geliefde niks van die aard gekry het nie.
Ek voel jammer vir elke vrou en man wat deur enige tiepe geweld in n verhouding of huwelik moet gaan. Niemand verdien dit nie. Wat my so laat wonder in die lewe dis gewoonlik die maat wat alles in hulle vermoe doen om iemand life te he en te respekteer wat met hulle lewe betaal. al het ek jou nie geken nie. RIV dame en mag God jou beskerm en Sy bewakende hand oor jou kinders hou en hoop jou kinders word beskerm want was van jou af weg geruk deur selfsug in die lewe. Weet net dat God baie grootter an almagtiger is as wat enige mens droom om te kan wees. God is met jou kinders en jy is nou veilig.

Dink sommer hardop ·

Ek weet nie, ek wil amper se, so oortuig soos wat ek is dat Oscar geweet het wie was agter die deur, so glo ek die man is nie verantwoordelik vir sy vrou se dood nie (ten minste nie in ‘n fisiese manier nie). Selfs volgens statistieke is gesinsgeweld baie meer algemeen onder paartjies in hul twintigs, nie in paartjies wat 20 jaar getroud is nie. Hy het 10 teen 1 ‘n verhouding met ‘n jong poppie gehad, (net soos 35% van alle getroude mans), hy het dalk ‘n “ek vee my gat aan jou af” houding gehad as dit by haar kom, en hy het haar dalk nie die liefde en aandag gegee wat haar toegekom het nie – dit maak alles van hom ‘n slegte man vir sy vrou, dit maak nie van hom ‘n moordenaar nie. Dit kon wel die oorsaak van haar depressie wees, en sy het dalk werklik net genoeg gehad.

Liewer nie ·

Moet liewer nie dink nie, begin skryf fiksie verhale! Die lekker ryk verbeelding is daar!

Carlia ·

Kyk, ek weet nie van julle nie, maar as ek myself sou wou hang, sou ek beslis nie my haartang se koord wil gebruik nie, nog minder myself wil doodwurg deur die ding aan ‘n deurknop vas te maak en dan my eie krag gebruik nie. Ook wonder ek nou hoe sy die haartang in die badkamer gebruik het. Badkamers het mos seker nie elektrisiteitsproppe nie, of hoe? Ek sou aan enige iets anders gedink het, behalwe dit. Sy moes vreeslik desperaat gewees het.

alice pretorius ·

@Carlia – dit word gesê dat vroue “mooi” wil sterwe, soos byvoorbeeld hulle skiet hulle nie self in die kop nie, eerder in die maag. Indien die arme vrou dit gedoen het, het sy nie veel van ‘n keuse gehad in die hotelkamer nie. Ek dink die man gaan los kom.

Carlia ·

Alice Pretorius, geen mens wat homself hang is ‘n mooi prentjie nie. Regtig, Vra maar vir die wat weet. Dit is aaklig om so dood te gaan.

SE NET ·

as mens desperaat is, gebruik jy enige iets. jy dink nie aan wat het die haartang gekos nie… !!

Stem saam ·

Ek stem saam Carlia, regtig “mooi” sterwe, daar is nie mooi aan dit!!!!! alice ek bid van dag 1 af vir regverdigheid vir Susan en haar 3 dogters! Mag dit so gebeur, maak nie saak wie die moordenaar was nie, ongetwyfeld was daar ‘n moordenaar, mens kan jouself nie aanrand nie!!! “Self-inflicted” beserings bestaan wel, maar lyk beslis anders, daar is sekere goed wat jy nie self kan doen. alice jou laaste sin maak my nog meer benoud, as dit so is, hoop ek uit my hart dit is uit eerlikheid en nie stupid tegniese punte nie!

Mariaan ·

Verstommend dat almal besorgd is oor hulle gesin nadat die misdaad gepleeg is. Wonder hoe voel sy minnares nou!

Stem saam ·

Stem saam, oor besorgdheid, voel of jul vir Susan verraai, wat GEEN REG OP GETROUE HUWELIK GEHAD HET NIE EN OOK NIE REG OM TE LEWE NIE,

Eliza-beth ·

Ag tog mense…onthou tog maar die dogters. Hoe moet hulle voel watookal gebeur het. Vir julle om nog ook jul monde oor alles uit te spoel is net siek. Laat die gereg sy beloop neem en uitwerk wie en wat en hoe en waar alles gebeur het. Voor julle kommentaar lewer DINK aan die dogters, hulle mag dalk hier lees. En moenie sê hy moes daaraan dink nie, vergeet wat hy moes dink sê of doen, dink voor JY skryf en oordeel! Dink ook aan die nagedagtenis van hierdie vrou. Sou jy wou hê mense moes sulke kommentaar lewer as JY in die kinders se skoene was? Asseblief, dink!

Ja wat ·

Ja. Wat Eliza-beth is dit wat gebeur het reg teenoor daardie 3 dogters, verder word hul meer verwar met Pappa gee om, geen mens kan dit aan n kind doen nie, ek huil vir hulle!

Denise ·

Ek stem saam met Toela en Lelani jaloesie is n wreede ding en sonder hulp van bo raak die mens onbeheerbaar en niemand veroordeel die man nie elkeen gee maar net sy opinie !!!!!!!!

Netso ·

Netso Denise en die dogters moet ten alle tye die waarheid weet, dit is net regverdig. Indien hul Pa dit gedoen het, moet hul weet, dit is hul eie Ma wat dood is – nie ‘n vreemde vrou. Dan kan hulle besluit wat hul daarmee wil doen. Daardie keuse moet hul eie wees nie ons sin, die Pa sin of enige regshulp of wie ookal, hul eie keuse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.