Jhb-vrou (24) verdrink in swembad

Argieffoto

ʼn 24-jarige vrou van Parkwood in Johannesburg is dood nadat sy Vrydag in ʼn swembad verdrink het.

Nick Dollman, Netcare Limited-woordvoerder, sê nooddienste is glo deur die slagoffer se suster na die toneel ontbied nadat sy die vrou in die swembad opgemerk het.

Dollman sê die vrou was reeds dood met die aankoms van nooddienste op die toneel.

“Sy het geen tekens van lewe getoon nie, en ʼn voorlopige ondersoek toon dat sy dood is voordat paramedici by die toneel opgedaag het,” sê Dollman.

Netcare se trauma-beradingsdiens is na die toneel ontbied om berading te gee vir die slagoffer se suster.

“Alle dokumente met betrekking tot haar dood is voltooi en aan owerhede oorhandig. Die polisie was ook op die toneel om ʼn ondersoek te begin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ken2 ·

Hoe gebeur dit dat n jong volwasse persoon in n swembad verdrink?

EMCEE ·

Baie maklik…hart aanval, epilepsie, kramp. …Baie moontlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.