Jong man sterf in vliegongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood nadat die ligte vliegtuig waarin hy was in die Keerboskloof-omgewing by De Doorns in die Wes-Kaap neergestort het.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die vliegtuig het naby aan die bergreeks gevlieg toe mense in die omgewing ʼn harde slag gehoor het.

“Hulle het rook gesien en die polisie ontbied. ʼn Helikopter is ook na die toneel gestuur. Die vliegtuig het ná die voorval aan die brand geraak. Die vlieënier se liggaam is naby die wrak gevind.”

Volgens Bodasing-Harduth het die jong man, in sy 20’s, brandwonde opgedoen. “Daar was ongelukkig niks wat ons vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.