Jong vlieëniers sterf saam

Annene le Roux. Foto: Facebook.

Twee jongmense is Sondag dood toe die Cessna-vliegtuig waarin hulle gevlieg het naby die Ingwe-lodge in Magaliesburg neergestort het.

Konst. Gloria Maswanganye, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van ʼn plaas het Sondag omstreeks 15:30 ʼn brand op sy plaas gewaar en bure gevra om te kom help. “Dit was ʼn klein, wit vliegtuig wat neergestort en die brand veroorsaak het,” het Maswanganye gesê.

Volgens haar is polisie en paramedici na die toneel ontbied waarna twee liggame gevind is. “Hul identiteite is nie aan ons bekend nie,” het sy bygevoeg.

Die oorsaak van die vliegtuigongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie het gesê die burgerlugvaartowerheid sal die voorval ondersoek.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn vliegtuig oor die naweek neergestort het, maar het gesê hy sal eers later meer kommentaar kan lewer.

Maroela Media verneem die vliegtuig het vanaf die Wonderboom-lughawe opgestyg voordat dit neergestort het.

Ben Laas. Foto: Facebook.

Jabulani Mapumulo, waarnemende bestuurder en uitvoerende direkteur van die Wonderboom-lughawe, het die oorledenes as Annene le Roux en Ben Laas geïdentifiseer. Hy het gesê Le Roux was ʼn student aan die Eagle Air-vliegskool by die Wonderboom-lughawe. Volgens inligting op Facebook was Le Roux 23 jaar oud en Laas 24 jaar.

Mapumulo het aan Maroela Media gesê daar sal later ʼn verklaring oor die voorval uitgereik word.

Le Roux was ʼn oudleerder aan die Hoërskool Hoogenhout. Medelye het sedert Sondag op die twee jongmense se Facebook-bladsye ingestroom. Een Facebook-gebruiker het geskryf: “Bennie, vandag vlieg jy saam met die engele, hoër as vantevore.”

Op Le Roux se profiel is geskryf: “Rus sag jong. Nou is jou lugmyle in die hemel baie meer werd as op aarde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

buks ·

Dit is jammer dat so iets gebeur het. Hoop families en vriende kry vertroosting. RIV

LB S ·

Hoekom sê BLANKE mense. Twee pragtige mense sou voldoende gewees het. Jy moet wegkom van die verlede af!

Belinda Kelly ·

Woorde is min…rus in vrede. Sterkte aan di familie en Vriende.

w ·

sterkte aan familie en al di geliefdes. Ons het ook n seun in die lugvaartbedryf. Vra ons God om Sy Bewarende Hand oor ons seun en sy studente te hou te alle tye. Amen

Lena Jonk ·

My vraag is net, hoekom verongeluk soveel mense vandag met vliegtuie, is die mense wie hulle diens ten volle opgelei om die werk te doen? Wonder maar net want dit is baie opvallend om al die ongelukke te sien.

thelsa ·

Opregte meegevoel met Dirk en Mariaan Laas wat julle seun verloor het. ‘n Passievolle vliegfamilie en besonderse mense. Dis ‘n groot slag. Jammer om te hoor.

Stormrider ·

Ek het self destyds my vliegopleiding by Wonderboom ontvang – die vliegopleiding is baie goed.
Die vliegtuie word ook baie goed onderhou, die wetgewing is ongelooflik streng en nie buigbaar rondom onderhoud nie.
Maar die opleidingsvlote by vliegskole wat oor die algemeen uit Cessna C172 en Piper Cherokees bestaan word ongelukkig al hoe ouer, aangesien voornemende vliegtuig eienaars eerder groter en meer praktiese vliegtuie tweedehands sal koop as ‘n nuwe basic pilot trainer. Van hierdie opleidingsvliegtuie kom uit die 60’s en 70’s uit, en baie van hulle is al 40+ jare in die lug….
Maar steeds is hulle baie veilig en word goed gediens en onderhou.
So nee – die probleem is nie spesifiek by die ouens wat hulle diens nie.

Christa ·

More almal, ons ken die mense wie se seun dood is, dit is tragies en hy was so jonk. En dan wil ek net vir Lena sê doen my asb. n guns, in tye van dood skryf n mens nie ek wonder op die blad nie, dit is laag dit is nie nou die tyd om te wonder nie, watse respek het jy vir iemand wat n kind aan die dood afgestaan het, wonder asb. By jouself. Dit was n fout op die vliegtuig, die twee jongmense was goeie en ervare vlieëniers gewees. So lena volgende keer hou asb. Liewe jou gedagtes vir jouself.

JH ·

Mense kan so onsensitief wees, twee pragtige jong mense het hul lewe verloor. Daar is vriende en familie wat ook die artikel lees.

madels ·

Ek is jammer as my reaksie ook baie onsensitief klink want ek “wonder” ook want daar is net te veel vlieg ongelukke deesdae wat baie baie mense laat wonder.
Maar natuurlik gaan my hele hart uit na die familie en vriende wat twee pragtige mense in hul lewe verloor het. My hart huil saam met hulle.

Realis ·

Steeds te veel klein vliegtuie wat val. As ons daaroor praat of net waag om ons mond oop te maak oor die veiligheid van hierdie klein vliegtuie, die instandhouding, ens word jy aangeval deur vliegtuigeienaars en vlieeniers wat dink hulle weet alles. Dit is onnodige jong lewens wat elke keer in die slag bly. LUISTER ‘n slag en voorkom die onnodige ongelukke asb. Burgerlugvaart se ondersoeke lewer gewoonlik niks op nie. As jy inside information het sal jy heeltemal ‘n ander prentjie kry, maar almal se monde word gesnoer. My innige simpatie aan die familie van die oorledenes. Ons het self vlieeniers in die familie, sterkte vir julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.