Joost van der Westhuizen kritiek

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone op Kersdag. Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone op Kersdag. Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen is Saterdagoggend in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die J9-Stigting het op sy amptelike Facebook-blad gevra dat mense vir Joost bid. “Die familie en vriende van Joost vra dat julle almal vir Joost sal bid. Hy is vroeër vandag in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem.”

Die stigting het gesê meer nuus oor Joost sal bekendgemaak word sodra dit beskikbaar is.

Joost se hospitalisasie kom kort nadat dit verlede maand aan die lig gekom het dat hy nou ʼn suurstofmasjien moet gebruik. Joost se broer, Pieter van der Westhuizen, het vroeër aan Maroela Media gesê dat Joost al ʼn geruime tyd van die suurstofmasjien afhanklik is, maar dat hy dit nie permanent gebruik nie.

“Die suurstof word op sekere tye toegedien indien nodig. Ons wou mense nie onnodig bekommer nie, want Joost veg nog verbete voort, daarom het ons dit stil gehou toe hy die suurstofmasjien moes begin gebruik. Ons verstaan egter mense is besorg oor hom en maak dit nou bekend,” het Pieter toe gesê.

Pieter kon nie Saterdag onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Joost is tans in die heeltydse sorg van verpleegsters by sy huis in Midrand, op dieselfde landgoed naby die huis waar sy vervreemde vrou, Amor Vittone, saam met die egpaar se twee kinders, Jordan (12) en Kylie (10), woon. Hy het nog elke dag kontak met sy kinders.

Joost ly die afgelope vyf jaar aan motorneuronsiekte.

Lees die vorige berigte oor Joost van der Westhuizen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Alida ·

Sterkte Joost. Ons BID vir jou, maar dit bly die Here se wil of hy jou wil kom haal. Die land is só lief vir jou. Jy veg al 5 jaar teen hierdie monster-siekte. X x x x x

Johan ·

Sterkte, JOOST ONS DINK AAN JOU. JY IS ‘N GROOT EN STERK VEGTER. BLY STERK. JY IS IN DIE HANDE VAN GOD. DIE ALMAGTIGE VADER. BID VIR JOU.

Gezina Uys ·

Sterkte, Joost. Mag jy ons Hemelse Vader se nabyheid ervaar. Ek bid vir jou !

Marinda ·

Sterkte in hierdie tyd vir jou en jou familie. Ons bid julle krag en genade toe.

Alwyna Holtzhausen ·

Laat gaan Joost man…ons is lief vir jou maar gun jou die ewige rus

Oompie ·

Met die nodige respek teenoor almal. Presies vir wat moet ons bid. Ons moet mooi dink vir wat ons bid.

Sarie ·

Oompie, ek stem saam met jou… Dis ‘n verskriklike lyding & as hý vrede het, laat God se wil geskied…

Ano ·

Vra ek ook Oompie. Joost se liggaam is moeg – Die lyding wat lank en erg.

Cobus ·

Ek bid dat hy vergifnis ontvang het vir sy dade soos gepubliseer deer die media asook dit wat onbekend is sodat sy siel kan rus met sy heengaan. Vir my is die belangrikste dat hy so skoon soos sneew sal wees en die Heer ontmoet

sioux ·

ek wonder al n geruime tyd hoekom Joost altyd in die media vertoon word met sy vervreemde vrou aan sy sy. nie ooit met sy broer en versorger of sy kinders wat hy elke dag sien nie. maar met sy vervreemde vrou wie by nie elke dag sien nie( neem ek aan) aan sy sy. sterkte aan Pieter en die kinders dis kan nie maklik wees om hom so te sien nie. vasbyt Joost.

Pampoenpit ·

Mag ons Heer se genade met julle almal wees in hierdie tyd.

Ģerhard ·

Vasbyt ou Grote. Sodat jy weer vir Jono Lomo kan gaañ uitduik.

Robbie ·

Puik boodskap. Joost, daai span wag geduldig op jou. Dankie vir jou fantastiese bydra tot ons geliefde sport. As dit onse Vader se will is dan gaan rus nou in Verde. Mag ons hemelse Vader Joost se familie en vriende verstrerk en dra in hierdie angstige Tyd.

Jem ·

Mag jy en jou familie die nabyheid van God ervaar deur hierdie uiters moeilike tyd. My gebede met jou en jou familie. Mag God julle almal om voucher met sy liefde en genade en almal vertroos.

Wilma . ·

Dit is baie hartseer maar ons GOD is groot. Gebed is sterk…. en wonderwerke altyd moontlik… sterkte!!

Conrad ·

Regtig jammer vir sy familie en kinders wat swaar kry.
Ek het dit beleef hoe iemand wat ek baie liefgehad het voor my oe verteer word deur kanker. Ons wou nie let go nie- tot ons besef het ons rek lyding net uit vir ons almal en ons die Here gevra het om hom weg te neem. Hy s dieselfde dag saggies in sy slaap oorlede. Ons het net mooi herinneringe.
Eerlik, as dit ek was, sou ek eerstens gedink het aan my naastes wat net swaarkry en getraumatiseer word deur my klou aan die lewe. Ander moet alles vir my doen.
Die versoek is dat ons bid, wat moet ons bid?Dat hy langer bly leef en die trauma verder uitgerek word? Dat die Here hom verlos en die trauma stop vir sy arme kinders. Sy saak is mos reg, hy gaan na Jesus toe.
Dit gaan ook oor die kwaliteit van lewe. Nie hoe lank mens leef nie.

Elsa ·

Laat die Here se wil geskied met Joost. Hy het n lang lyding gehad, mag sy familie berus en aanvaar dat dit tyd is om te laat gaan. Dit kan nie vir, veral, sy kinders lekker wees om hom so te sien ly nie. Joost, die Here is met jou en hy sal jou gesin hierdeur dra. Wanneer die tyd kom, gaan in Vrede. Die hele SA is lief vir jou, ons gun jou dit om te gan rus.

Justine ·

Sterkte Joost! Ek dink jy het nou genoeg gely. Mag geliefdes jou inwag by die poorte na die Hemel. Jy is in ons gebede. Niks is by ons Vader onmoontlik nie, mag Sy wil geskied.

Riaan Laubscher ·

Here! Ek bid vir die redding van Joost se kosbare siel. “Johannes 10:28”

Silvia ·

Sterkte Joost laat die wil van die Here geskied, wat dit ook al mag wees

Lenandi ·

Sterkte aan Joost en sy familie. My pa, Ds Henri Cronje, is 2 jaar gelede oorlede, na amper 5 jaar se leiding aan Motor neuron siekte….ek weet presies waardeur jy en jou familie nou gaan….God stap oomblik vir oomblik saam julle en sal jul deur alles help! Sal bly bid vir julle!

Charmaine luus ·

Ja ou joost wat kan n mens nou se jy het wonderlike rugby gespeel jy was n wonderlike man en goeie pa vir jou kinders gewees maar die tyd stap nou aan my maat ja dis vreeslik wat met jou gebeur het jy is nog te jonk om te gaan maar die here het n doel met elk een van ons onthou net ons is tog net geleen vir mekaar ne baie sterkte aan jou en jou familie jy bly maar n held maak nie saak wat nie

Anton ·

…ons dink aan jou en veral die baie vreugde wat jy vir ons gegee het met jou duikslae, plettervatte, oor die skrum duik vir jou drie…ens….ens…daar sal maar altyd net een Joost wees en dit is jy JOOST…sterkte aan jou familie en kinders ook…

Michell ·

Genade en Vrede en Jesus Liefde vir jou my held Nr 9. Jy veg die stryd van ‘n David. Aan jou kinders, familie, en helpers sterkte. Mag God se kalmte en rustigheid jul omvou in hierdie moeilike tyd. Liefde aan almal veral aan jou Joost

RIEKIE ·

Sterkte Joost ons bid vir jou ,onthou by ons almagtige vader is niks ontmoontlik nie.

apostel prens ·

Help my asb om by joost uit te kom ek wil my hande fisies op hom le God kan joost genees ek glo dit baie sterk

Hykie ·

Dankie Maroela Media dat ons weet ons kan hier kom kyk hoe dit gaan. Ek is seker Joost se toestand sal die dekking geniet wat dit moet. Dit is maar so dat daar ‘n land vol mense is wat graag sal wil weet hoe dit met die goue rugby seun gaan. Hy was immers volksbesit. Dankie vir die nuus.

Ouvrou ·

Die arme kindertjies gaan net die laaste 5 jr se stryd onthou. Hulle siek pa is vir ewig in hulle gemoed geets. Dis hartseer, maar dis al wat ek van my mammie onthou en ek was al grootmens. Die 2 jr van pyn en lyding en wag vir haar om te sterf is altyd in my kop. Dit het al die jare vooraf uitgekanseleer. Ek gun dit vir niemand.

ALICIA ·

STERKTE AAN JOOST EN SY HELE FAMILIE DIT IS AARDIG EN NIKS WAT GESE OF GEDOEN KAN WORD KAN DIE SITUASIE ENIGSINS VERLIG OF VERBETER NIE BID VIR JOU JOOST … WIL NET YTKLAAR IS HY NOU BY DIE HUIS OF IN DIE HOSPITAAL WANT IN DIE BEGIN VAN DIE BERIG WORD DAAR GESE HYS OP GENEEM EN AAN DIE EINDE VAN DIE BERIG WORD DAAR GESE DAT HY BY DIE HUIS IS OF VERSTAAN EK IETS NET NIE LEKKER NIE OF LEES SEKER IEWERS IETS MIS … STERKTE WEER EENS

Marie ·

Jy verstaan verkeerd. Wanneer nie in hospitaal word hy tuis verpleeg

Frans C ·

Mense moet dalk weer die Godsbesluit van Totius lees en ook daarin berusting vind.Aan Joost en sy familie sterkte in hierdie swaar tyd.

Wollie ·

Joost, alle sterkte word jou toegewens. Aan sy ouers, kinders en familie wil ek vir in die moeilike tyd wat voorlê, julle berusting gee in die wete dat God in beheer is. Wees sterk.

jo-anli ·

Amore Joost Kyle en Jordan ek bid die Hemelse Vader by julle wees. Almal van julle gaan deur lyding vetal Joost . Mag God se wil geskied. Ek bid vir julle elke dag. Self n familielid wat daardeur gaan BAIE STERKTE aan julle hele gesin
Liefde

jo-anli ·

Amore, Joost Kyle Jordan en hele familie bid sterkte toe. Dis ń moeilike siekte. Het self ń familielud wat MNS het. Bid dat God se wil geskied. Bid elke dag en nagvir julle. Sterkte aan hele familie.

Skybird ·

Dagsê MM ,
Is daar enige “update ” oor Joost se kondisie ?
Lees kommentaar op Net Nuus, 1 uur gelede dat Joost oorlede is !
Vra maar net

Mariné Lourens ·

Dagsê Skybird

Die J9-Stigting het omstreeks 15:00 bevestig dat Joost steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal is.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Gerhard ·

Willie.
ek het daaraan gedink om Joost te bemoedig.
ek het ñie aan die Dood gèdink nie.

Alida ·

Gerhard jy is naief. As jy fotos van Joost sien moet jy asb realisties wees en besef daai man sal nooit weer normaal wees nie.

KarenG ·

Alida, ek dink regtig nie Gerhard het enige lelike of naiewe bedoelings gehad met sy kommentaar nie.

Cherokee ·

Alida, in Oktober verlede jaar het ek aan ‘n sterwende vrou (en haar verpleegster) gesê dat ek haar ‘n week later om die blok wil sien hardloop en in die nuwe jaar moet sy die comrades doen.
In a soft voice she said she’s dying. Told her no(!) she will be strong again. She was 86.
Few weeks later she passed away. I am not sorry for what I said. She knew my wish was that she be healed.

rudie ·

Willie.
ek het daaraan gedink om Joost te bemoedig.
ek het ñie aan die Dood gèdink nie.

Bella ·

Pieter, Armor, Jordan & Kylie dankie dat julle daar is/was om na Joost om te sien. Sterkte

Marie ·

Kyle, Jordan en Joost se ouers en broer. Ek dink met liefde aan julle.

Belinda ·

Pieter, Armor, Jordan & Kylie dankie dat julle daar is/was om na Joost om te sien. Sterkte ek weet waardeer julle gaan dus hartseer om te laat gaan maar Joost kan in Vrede gaan sy saak met God is reg.

Riets ·

Alida asb moenie aanhou karring nie jy verstaan Gerhard se kommentaar verkeerd! Laat ek jou help .. hy bedoel dat Joost vir Junau Lumo in die Hemel gaan duik .. hoop jy hou nou op karring dis regtig onnodig! Here laat U Wil geskied! Amen

Johan ·

Sterkte Aan die kinders wat nie verstaan wat met hulle Yster superster Pa gebeur. Here seen die familie en Gesin met U wil.

Estelle ·

Dit is nie vir ons om te besluit virJoost nie. Hy is in die HERE se hande en HY sal self besluit wanneer die tyd daar is vir Joost om te gaan. Al wat ons kan doen is om vir Joost en sy familie in gebed te onthou.

M A ·

Ai, my hart breek vir Joost se naasbestaandes. Al die sorg en al die liefde was vergeefs. Ek hoop dit het hom getroos. Dis nou tyd. My man het van 1999 tot 2012 n stryd met MS gevoer en net soos Joost opgeëindig. Dis swaar maar hulle het dapper geveg. Laat hulle nou rus en vir ewig gesond wees.

Engela ·

HERE U alleen ken en is die weg en die waarheid! Laat U wil geskied! Jesus hou al sy geliefdes styf in U arms! Ons Hart gaan uit na sy geliefdes! Mag GOD julle vertroosting gee in hierdie swaar tyd!

Cherokee ·

Ma, jou woorde ‘laat hulle nou rus en vir ewig gesond wees!’ (uitroepteken myne maar dit hoort daar!) pragtige woorde. Enige byvoeging van iemand anders sal afbreek doen aan jou GROOT woorde. Wees geseënd.

Miemie ·

Sterkte aan Amor en familie ,God verlos Joos van sy pyn en leiding dit is swaar vir hom en ook sy familie .

Johann ·

Hoe hartseer dit ook al is, hier is iets vir elke gelowige mens om aan vas te hou. Johannes 11 Jesus sê vir haar Ek is die opstanding en die lewe, wie in My glo sal lewe al het hy ook gesterwe, wie in My glo sal nooit sterwe tot in ewigheid nie

Estelle Horn ·

Johann ek stem saam met jou. Jou bewoording is baie mooi gestel.

ada ·

Onthou Joost jy is ons almal se held en dit sal altyd so bly. 1995 Was groot vir ons en jy was deel van die wen. Ons dink aan jou en sterkte aan almal betrokke.

Renee ·

Kan mense nie verstaan dat God nie mense neem nie. Hy is liefde. God veroorsaak nie die siektes en ongelukke wat mense aan sterf nie.asb God kan mens sterk van gees hou maar hy neem niemand nie.

cv ·

Weet nie of dit waar is nie maar het nou whatsapp boodskappe gekry dat Joost nie meer met ons is nie

Sê maar net ·

MM enige nuus? Ek lees op News 24 hulle se Joost word met masjiene aan die lewe gehou? Here ons God, hou asseblief sy kinders, Jordan en Kylie sterk deur die alles. Dis moeilik vir hulle Here. Baie dankie Amen

Mariné Lourens ·

Dagsê Sê maar net

Dankie vir jou kommentaar. Joost van der Westhuizen is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Lees gerus die opvolgberig hier.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Christelle ·

Joost, Amor, Jordan, Kylie en Joost se hele familie: ek dink aan julle almal. Bid vir julle almal, en weet net Jesus sal weet wat Hy vir Joost beplan van hier af. Dis baie hartseer, maar God is groot. Ons het verlede jaar ons Ouboet verloor. Hy was nie sieklik nie, net skielik en baie vinnig weg. Bid vir julle almal!

vw schreuder ·

Ou legende, n regte egte Springbok. Jammer om te hoor, ons sal jou nooit vergeet !

Kobus ·

Maroela…kan jul asb vir ons n update gee van Joost se toestand…lees verwarrende berigte op ander nuuskolomme…een wil dit he dat hy deur masjiene aan die lewe gehou word…ander berig weer hy is oorlede…of hou jul met opset die inligting terug van jul lesers?

Joyofpainting ·

Sterkte Joost….jy is n ware rolmodel vir almal…..???

Ouboet2 ·

Tragies om te sien hoe die eens fris en sterk man so afgetakel is deur die siekte. Sterkte vir jou Joost.

wilma ·

Sterkte Amore en kinders……. Joost jy is in VADER se hand

moira ·

Boost
Sterkte vir jou en jou famielie. Die Vader gee en Hy neem. Laat U will geskied.

Elke ·

Ek bid dat God vir Joost en elkeen van sy geliefdes sal toevou en vertroos en versterk… soos nét Hy kan.

Maretha ·

Joost,the Angels of GOD is surrounding you and your family and will carry All of you through this difficult time. Whichever way this may end. The hearts of all South Africans joins them in unity. You were given to us for a short while, but you filled the 60 seconds with a distant run. Yours IS the earth and everything that’s in it and which is more:
YOU were a MAN our SON.

Jaco Knoetze ·

Joost sterkte my vriend jy is n voorbeeld vir ons almal. Gaan veg voort daar waar ons Hemel se Vader jou gaan gebruik. Amor en kinders dankie vir jul ondersteuning, dankie dat julle Joost met ons gedeel het dit word opreg waardeur. Joost jy is en bly die beste no.9. Gaan rus nou “Ou Grootte”

Marco liebenberg ·

Hi “Ou Groote” baie sterkte daar en dankie dat jy so groot rolmodel is vir SA rugby, jy is regtig in ons gebede en dankie dat ons sulke fantastiese rugby kon kyk as jy op die veld was sterkte aan jou naastes en mag God jou beskerm en bewaar soos ń juweel .Amor sterkte vir jul ook en die kiddies Groetnis uit Kaapstad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.