Julius Malema vang graad

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het aangekondig dat hul leier, Julius Malema, Woensdag sy BA-graad van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) sal ontvang.

“Die gradeplegtigheid vind môreaand om 18:00 by die ZK Matthews-saal by Unisa se hoofkampus plaas,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

“Ons president en leier maak ons trots en sy prestasie bevestig die realiteit dat opvoeding sentraal staan tot die struggle vir ekonomiese vryheid. Sonder opleiding, is ekonomiese vryheid nie volhoubaar nie,” het Ndlozi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Johann ·

Ten minste probeer hy om verder as gatvelledeurskuur matriek te kom. Wat al klaar baie meer is as ons geliefde Vader Jacob,

ANDRé ·

‘n B.A. graad in wat?! Ek sweer, hulle sal vandag ‘n graad aan enigiemand gee!!

PJ ·

Van n “F” in houtwerk tot n BA graad fantasties waar het ek verkeerd gegaan?

André ·

PJ…..ek kon dit ook nie beter gestel het nie. Wat ‘n grap!!!!!

M C BRITZ ·

Ek is een van die mense wat houtwerk gepluk het want ek is nie in daardie rigting aangelê nie. Op 70 Jaar is ek nog steeds in my beroep waarin ek met mense werk. Ek kies nie Malema se kant nie maar sê net vir my “Hoeveel van julle het houtwerk op skool gevat” en werk daarmee.
Maar nou sal ek gekruisig word deur die “Slim Mense” wat reken jy moet houtwerk geslaag het om erens in die lewe te kom

Jan maak n Plan ·

LMGA – Ja Gertjie hier stem ek saam met jou. Dis beslis n april grappie of hy kry n BA graad in nonsens aanjaag – met lof en in engels!!!! Die volgende is seker n doktors graad in wysheid????

André ·

007….”gevat” is baie mooi en diplomaties gestel. LOL!!

Knersus ·

As hy n “ba” graad kan kry dan is ek n “Professor in weetnikskunde” Hallo aprilfool!

Veritas ·

Waar is die dae toe jy moes swot om graad te vang? Na aanleiding van die twak wat hy kwytraak, kan ons maar net raai dat dit ‘n maklike kursus met baie duimsuiery moes wees. Een van die dae praat ons nie meer van ‘Commander in Chief’ nie maar van ‘Chancellor in Chief’. (Let wel: CHANCEllor.

Gideon ·

Dankie tog ek het destyds opgeskop by Unisa vir my graad, want indien ek nou een gehad het sou ek vreeslik getwyfel het oor my graad se waarde!!

Johan ·

Opgeskop of gepluk? Ek het by Unisa geswot en het my graad (BCompt) beslis nie verniet gekry nie, Swak aanmerking wat jy gemaak het!!!!!!!!!

François ·

Huh?! BA wat?! Vader Jacob, hier is nog een beter gekwalifiseerd as jy. Hiehiehie! Sorry ek moes net lag! F’s & G’s in matriek?! Wonder wat het dit gekos?

Izzy ·

Stem saam met PJ…..hoe gaan jy van ‘n F simbool so vining na ‘n BA graad?

#confusedmuch ·

Wat ‘n grap! Waar het by tyd gekry on the “leer” as hy amper elke dag soos di hoof clown in di parlement en in SA is!?!

D ·

Wie dink julle het betaal vir di graad. Hoe kon hy studeer vir ‘n graad as hy nie eers standerd 3 geslaag het ni.

Johan 2 ·

Ja. Hy “vang” graad. Wonder waar het die graad Helen gevlieg.

Johann Fouche ·

Nou verstaan mens beter waar die ritse onderskeidings in graad 12 deesdae vandaan kom. Geen wonder vir die al groter wordende uitroep op Internasionale vlak om nie meer Suid-Afrikaanse akademiese kwallifikasies te erken nie. Wat ‘n hartseer dag!.

Jan van Vuuren ·

Nou verstaan ek die klip gooi en afbrand en toi-toi by die universiteite…. Dit was al die tyd ‘n slim plan om die aandag af te lei van ou Julias se kripnotes… Vrek maar dit was nou slim van ou Julias,

Johnny ·

Gelukkig het ek nie by unisa geswot nie. Wys jou wat is hul grade nou werd.

NET EKKE ·

Graad hoe om als verder op te neuk Regtig kan nie help om te smile nie

Jaco ·

BA was selfs in die ou Suid-Afrika, toe akademiese standaarde baie hoër was as vandag, steeds die maklikste graadkursus op universiteit. Die enigste uitsondering was BA-Regte. Selts dit is nou maklik, want dit sluit nie meer Latyn in nie. Ek onthou uit my studentejare hoe daar spottend gesê is dat jong damestudente wat BA studeer, eintlik op universiteit is net omdat hulle met “BA-manvang” besig is. Die BA wat ek verwerf het, het my bitter min gehelp om werk te kry. Dit was later, saam met my geslag en my wit velkleur, ‘n baie groot “drawback” en meulsteen om my nek. Aangesien ek nie my velkleur en my geslag kon verander nie, het ek toe nie meer die BA op my CV aangedui het nie. Dit het gewerk want ek het daarna goeie werk gekry.
Maar mnr Malema het seker nie die BA gekry om beter werk te kry nie. Met ‘n salaris van meer as R1miljoen per jaar PLUS ‘n lekker huis PLUS ‘n lekker motor PLUS verniet vlieg PLUS ‘n lekker onthaaltoelae, is grade onnodig.

Jaco ·

Malema en al die ander opposisieparlementslede wat so heeldag “pay back the money” sing oor Nkandla, is eintlik laaste om te praat. Met daardie lekker parlementêre salarispakket, bou ELKEEN van hulle ‘n eie mini-Nkandla.

Stefaans ·

BA = Baie Arrogant. Hy het seker gedreig om die plek af te brand as hulle hom nie ‘n graad gee nie.

Nico ·

Jis ek hoop dis een in menseverhoudings sodat hy ander mense kan respekteer

m ·

Ons almal weet dat die mense se kwalifikasies nie die papier werd is waarop dit staan nie. Het hy gewerk daarvoor soos al die ander studente. wanneer het hy tyd gekry om te leer vir eksamens want hy is dan so besig met rassisme veldtogte…. wonder ma net.

GES ·

Ek verstaan nou glad nie meer nie. Sy ‘rooi miere’ is die voorbokke by die vandalisering van tersiêre instansies en nou is Julius so behep met opvoeding. Wat nou?

peter ·

BA graad in sy geval is seker ‘Bitter Amper’ maar nie heeltemal daar nie… Wat ‘n klug!

Theresa ·

Wys asseblief vir Suid-Afrika in elke nuusblad moontlik die simbole bereik en ook die wettige graad. Dis ‘n billike versoek in ‘n land vol korrupsie. Wanneer het hierdie meneer tyd gehad om te studeer, terwyl hy so besig is om moeilikheid te stook net wanneer hy ‘n oop oomblik het. UNISA se grade is nogals baie ontvanklik in die wêreld en moet mens net so hard studeer om ordentlike resultate daar te bekom as aan enige ander Suid-Afrikaanse universiteit (wel, dis nou te sê soos dit eens was).

Wys vir ons die simbole, asb. Watter koerant gaan dit eerste doen???

André ·

Theresa…..ag come on. Jy weet net so goed soos almal dat dit so maklik is om dit te publiseer. Korrupsie strek wyd. Dit sal GEEN punt bewys nie.
Volgende wat jy sal hoor is dat een of ander stad hom sal “vereer” met ‘n Doktors Graad.

neelsie ·

Het die standaard regtig so ver gedaal??
RSA inrigtings word nou ook gegradeer as ‘rommel’

Soo gesê ·

….hulle gee maar die graad, hulle is bang UNISA word ook uitgebrand

André ·

‘n BA graad in kunste. REGTIG????? Enige aap met ‘n kwas in die hand en ‘n canvas voor hom kan die graad kry. Jou skildery hoef na niks te lyk nie. Al wat jy moet doen is om iemand te oortuig van die dieper “betekenis” van die oliekol.
Sou nogal dink dat hy ‘n BA kry in kuns. Die hoofnar isn sy skildery.

Johann ·

Ek wonder of hy al sy PA-Graad gevang het?! En by watter Universiteit nogal.

Anoniem ·

Sien daai vraestelle oor. Iewers is n slang in die gras!!!!!!

Pieter ·

Moet nie die EFF onderskat nie want hulle kry die massas agter hulle en die leierskap van die EFF is nie dom nie. Kyk na die kwalifikasies wat die leierskap het – Floyd Shiwambu het n meesters graad in Politieke Studies, Mbuyeseni Ndlozi (hulle woordvoerder) is besig met n Phd in Politieke Wetenskap en Magdalene Moonsamy het bedank om haar klerkskap om Prokureur te word te voltooi. Die invloed wat hulle op die massas kan uitoefen is enorm. Wat die blankes van hulle kwalifikasies dink is niks seggend – wat die massas daarvan dink is wat belangrik is.

Gert ·

Julle verstaan nie mense. BA staan vir Baie Arrogant. Jy kry daai grade verniet .

Paul ·

Het hy Matriekvrystelling gekry? Moet dit mos behaal voor jy verder kan gaan studeer of is dit verander?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.