Kaapstad-fietswedren gekanselleer

Die Argus is vroegoggend gekanselleer (Foto: @CT Cycle Tour)

Die Argus is vroegoggend gekanselleer (Foto: @CT Cycle Tour)

Duisende fietsryers moes Sondagoggend vroeg, kort nadat hulle weggespring het in vanjaar se Kaapstad-fietstoer (ook bekend as die Cape Town Cycle Tour en voorheen die Argus), teleurgesteld teruggaan huis toe nadat die organiseerders dié wedren weens sterk wind gekanselleer het.

Dit volg nadat die organiseerders Saterdagaand ʼn waarskuwing via e-pos uitgereik het waarin hulle aangedui het dat amateur fietsryers dalk twee keer moet dink voordat hulle die wedren aanpak.

“Daar is vir ons gesê daar is ʼn baie groot kans op stormsterk wind in die volgende 24 uur en ons maan julle om asseblief twee keer te dink as jy wil deelneem, veral as jy nie ʼn baie ervare fietsryer is nie,” het die verklaring gelui.

Die roete van die wedren is ook Sondagoggend vroeg verkort en herlei nadat protesaksie op dele van die roete voorgekom het. Die organiseerders het op sosiale media gesê die roete word herlei weens skade aan die pad ná die protesaksie.

Marcellus Hoods is teleurgesteld oor dié nuus (Foto: Kobus Barnard)

Marcellus Hoods is teleurgesteld oor dié nuus (Foto: Kobus Barnard)

Sterk winde wat toe wel Sondagoggend vroeg in Kaapstad geloei het, het gelei tot die kansellasie van die fietswedren.

Talle fietsryers wat reeds dié wedren begin het, se fietse is onder hulle uitgeskep as gevolg van die sterk wind.

Meer as 30 000 fietsryers sou na verwagting aan die wedren deelgeneem het.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Kaapstad-fietstoer, die 40ste een vanjaar, dat die wedren gekanselleer is.

Cape argus cancellation with high winds

Posted by Mark Mahne on Saturday, March 11, 2017

 

Posted by BUCO Adventure on Saturday, March 11, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Ongelooflik ·

Regtig jammer vir jul almal, soveel voorbereiding en geld, fietsryers kuier maar en ruil vorige jare se ritte ervarings uit. Organiseerders reel maar weer 40ste, maybe next time lucky.

WindwatWaai ·

ANC en Zuma se tent is opgewaai is en die toespraak by Zeerust moes afgestel word, Daar was menings dat daar gesien moet word dat hy verhinder word om te praat. Hier waai die wind ‘n Sondag-fietswedren waar mense hulle eie sportplesier beoefen pleks van kerk toe gaan, tot afstel. Laat ons as volk en nasie diep nadink, dalk eers so bietjie besin voor ons op 22 April gaan saambid met Angus Buchan,

Rina ·

*windwatwaai, jy is so reg!! God praat met ons maar steeds hoor ons nie. Ek dink so so terug aan die Israeliete wat maar net nie wou HOOR nie. Jannie ooo jy moet so mooi oppas wat jy se, onthou God hoor alles.

Flintstone ·

Jannie jy is doodreg.Rina as jy die “sondag”wil hou moet jy dit in totaliteit volgens Jes.58:13 hou.Nie net kerk toe gaan en dan in die winkels gaan rondloop vir inkopies nie.

marinda ·

jule sit almal die pot mis. Ja heektenal twreg is Saterdag die Sabvatssdag gewees in die Iu Testament en is sekere wette deur God Homself daar gestel.Daai wette was om due Israeliete te beskerm sodat hul ook rus moet inkry. Net Hesus se joms het die Sabbatsdag vir Christene verval maar Hesus is gekruisig op Vrydag en het op due derde dag nl Sondag weer ipgestaan. Daarom liewe Jannue en andere wird Sondag geeer as die opstandingsdag ebs. Dink julke nie dat dut net vir ond in elk geval gied is om buetjie eendag opsy te sit en bet bietjie ejstra aabdag aan ons saligheid gee nie. Sal die sg. fietswrdren waaroor jul niu so aangaan iets vir jul regtig langdurig iets beteken. Dis al wat die oersone eintkik wou se net due stellings wat hul gemaak het.

Hannetjie ·

Wil net graag vir die persone se moet nie in n Bybelstryd betrokke raak nie dit is n groter sonde in God se oe. Elkeen het sy eie opinie daardie geld wat vandag vir die fietsry wedren uitgesit is help vandag ongeveer 650 mense in Houtbaai vir kos en klere na die brand wat daar uitgebreek het vanoggend. as dit nie n teken. Terwyl sekere mense vanoggend in die kerk gesit het hulle nie oomblik aan daardie mense gedink wat honger ly en alles verloor het nie dan is nog hartseer by mense het hulle lewe verloor in die brand. So dink tweekeer voor jy rotse wil gooi. As ek jou n vraag mag vra wat jy vandag gedoen om jou medemens te help behalwe om te oordeel. Het jy iemand vandag n bord kos gegee of na n oue te huis gegaan en n koppie tee saam met die eensame oumense gaan geniet. Dink tweekeer in die toekoms wat jy kwyt raak ek glo jou predikant pastoor of priester het dit van jou verwag. Of was die preek net om aan jouself die dink vandag.

LMF ·

Windwatwaai slaat jy die spyker so op sy kop en ek ook skuldig aan rugbymalmens wat ek is en dit wel ook op sondae kyk en wonder waar is die tyd wat jy als op saterdae moes doen want sondae is of was kerkdag maar ek sê maar net wat ek dink

LMF ·

Windwatwaai slaat jy die spyker so op sy kop en ek ook skuldig aan rugbymalmens wat ek is en dit wel ook op sondae kyk en wonder waar is die tyd wat jy als op saterdae moes doen want sondae is of was kerkdag maar ek sê maar net wat ek dink en marinda daai woordeboek wat jy ingesluk het is verouderd ek beveel aan dat jy eers lees voor jy die groen knoppie druk

Jef ·

Dis jammer dat die wedren gekanselleer is en ek hoop dat die weersomstandighede beter sal wees volgende keer vir julle.

Proteste ·

Ek raai dat die wind net n verskoning is. Die eintlike rede is protes want protesteerders weet mos Ons buig voor hulle.

Jannie ·

Die wedren is eers verkort met omtrent 30km om die gedeeltes waar protesoptredes verwag word uit te sluit en ook a.g.v die brande in daardie omgewing. Dis finaal afgestel toe van die elite ryers van hulle fietse afgewaai is. Dit sou chaos wees vir onervare ryers. Korrekte besluit.

Regtig ·

Duidelik is jy nie hier of het videos in artikel gekyk nie!!!!

Estelle ·

Ek kon nie verstaan waarom die SAUK nie die fietsry op tv2 uitsaai nie en het gedink dat hul dit ook nie meer gaan wys nie. Dit is toe ek die berig in Maroela nuus lees. Ek stem saam met Jannie dat Saterdag die Sabbatsdag is en nie Sondag nie.

Sarel Strydom ·

” Dis julle wat die wind laat waai” !!!! Sjoe daai Kaapse Dokter is kwaad. Sommige mense se kommentaar aijaijai!!

Jannie ·

Ja, omtrent elke Saterdagmiddag het ons ‘n bidgroepie in die kerksaal wanneer jy sport kyk.

cv ·

Ek het ook al die argus gery in baie sterk wind dit was verskriklik gewees gesien hoe mense val en baie seer kry! Dit was ‘n baie goeie besluit gewees om dit te kanselleer en die mense wat se die wind is net ‘n verskoning het nog heel duidelik nie in daai wind fiets gery nie.

Kaspaas ·

Ek was daar sou deelneem. Die regte besluit is geneem baie mense sou seerkry. Die proffesionele ryers kon ook nie ver kom nie. Die protes aksies wat die roete verkort het asook die brand in Houtbaai wat weer begin het, het die besluit net maklikker gemaak

Thinus ·

Wat ookal WindwatWaai rook so vroeg op ‘n sondag, is verseker nie goed nie….

snoepie ·

windwatwaai
hoekom jy nie by kerk vandag?
jou kommetaar omtrent 9 uur geplaas. vra maar net.

WindwatWaai ·

My gemeente se oggenddiens begin 9:30vm. Ontsteld oor gebrek aan eerbied aan God en dus vinnig kommentaar gelewer. Maar kom ons los hierdie sakie oor kerktyd en praat oor die saak van land en sy nasie wat God nie ag nie.

Rerig?? ·

Mmm… mens mag ook nie koerant lees op n sabbat nie.. so hoe nou?

Disselboom ·

WindwatWaai voer belangrike gesprek. Wat mense ook al sê, toe God die wind stuur, staan die mens magteloos. Dit moet ons almal tot verootmoediging roep.

Basson ·

So wat gebeur in my gemeente op ‘n Sondag? ‘n Paar oppervlakkige happy-clappie songs, ‘n uitgerekte preek want kinderkerk hou lank aan, en dan huis toe.

DAn hardloop / fiets ek eerder en praat vir URE lank met God in die natuur. (Dus ondersteun ek nie vorm-godsdiens, of gaan kerk toe net sodat ek die blokkie kan tiek, ens)

Mark ·

Aiii…die weerpatrone oor die oseane veroorsaak erge winde , nou is dit god wat praat met die fietsryers.Hoe lank gaan mense nog hierdie oer gedagtes hê.

Es ·

God met ñ hoofletter G. Al kom die wind van waar af, God is altyd in beheer. Dit is baie jammer dat daar soveel tyd, voorbereiding en geld in iets is wat afgestel is MAAR dit is ñ feit dat Suid-Afrikaners nie meer weet dat hul plek op ñ sondag eintlik in die kerk behoort te wees nie! Hou die toer op ñ Saterdag en gaan luister na die woord van jou Skepper op ñ Sondag.

Jannie ·

Is dit nou die kerk wat apartheid met hand en tand verdedig en bevorder het. Nee dankie.

Kabous ·

Ek stem saam met Jannie. Die kerk verteenwoordig vir my n klomp veroordelende mense wat splinters in ander se oë sien! As jy al die Argus gery het sal jy sien wat n wonderlike gees en sportmanskap daar heers. Politiek en godsdiens is vergete en almal is positief, werk saam en is ondersteunened. DIS vir my meer waaroor christenskap gaan.

Alma ·

Ag mense dis APARTHEID se skuld dat die wind so waai.
Die fietsryers wou nie voetgangers ook toelaat nie…haha
Probeer weer n volgende keer en GENIET die wind.

Oeps ·

EK sal my dominee moet inlig oor die veskriklile sonde wat hy gedoen het om op n sondag fiets te gaan ry en kerk te mis. Vergeet maar van al die Bybels wat hy saam gevat het; om uit te deel

Tinktinkie ·

Sjoe ja….en die dominee op d preekstoel??? Werk hy nie op n Sabbatsdag nie?

hartgebreuk ·

In alle eerlikheid het my fietsry oefening my die laaste 5maande soveel nader aan God gebring. Vandag se wedren sou my nog nader aan Hom gevat want sonder Hom sou ek dit nie kon doen nie. En dan vir die mense wat nie daar wees nie die videos is maar net ‘n minimale aanduiding van hoe dit regtig gevoel het!!!!

Jaco ·

Hi Rina
Daar is geen teken dat die Israeliete ooit in Egipte of die Sinaïwoestyn was nie. Waar was hulle ongehoorsaam?

Jef ·

As ek op n Sondag wil fietsry dan ry ek en niemand moet my vertel hoe ek my Sondag moet indeel nie.
Dis n fietswedren wat het dit nou met kerk toe gaan te make en daar is soveel verskillende mense uit alle bevolkingsgroepe wat bymekaar kom en lekker gesels en jy leer ander mense ken.
Dus na my mening doen ek niks verkeerd nie en wil ek ook nie as n sleg mens behandel word omdat ek nie kerk toe gaan nie.

Marjorie ·

Dit is goed dat die ryers nie daardie besluit om te ry of nie self moes maak nie, Ons sou baie meer hier te se of te huile gehad het sou daar voortgegaan was met die wedren. Dalk moet daar n ander roete gekies word met n ander naam … miskien n wynroete. Die Kaapse wind, berg en brande bly maar n kansvat storie. Jammer aan al die ryers maar as sportmense sal julle dit verstandelik verwerk!

Jannie ·

Die wedren neem al 40 jaar plaas, niks hoef verander te word nie. Daar is geen waarborg dat dieselfde nie op enige ander plek kan gebeur nie.

anton ·

Baie baie jare gelede was daar geen sport beoefen of gedoen op n Sondag nie.
Alle winkels was ook gesluit op n Sondag uit respek vir die sabbat en vir God.
Maar nou het die wereld so vervalle geraak dat n Sondag maar net nog n dag is soos die 6 ander dae.
Dan durf ons nog vra, hoekom gaan dit so sleg met ons en met die land en in die wereld!!!

rietkuil ·

Reg Johann Barnard! Uitstekend. Mens kan duidelik uit die kommentare sien hoe ver die volk van God vetwyderd geraak het wat ons nog duur te staan gaan kom. Ek hoop dat hulle met tyd sal terugkeerna wat regtig saakmaak.

Chris ·

Wat ek nie kan verstaan is hoekom het die Stadsraad in die eerste plek die wedstryd goegekeur het. Ons sit met ‘n tekort aan water, maar hul laat toe dat duisende mense die Wes-Kaap instroom vir ‘n fietsrykompetisie. Daardie mense stort en gebruik die toilet. Hoekom nie die wedstryd van die begin af uitgestel tot ‘n latere datum wanneer hier weer genoeg water is?

Werner ·

Ons woon in Kaapstad. Ons ken die tye en die wind. n Vriendin van ons sou ry. Is by ons tuis.So ons het info eerstehands gekry per watsap van die organiseerders. Na die kanselasie, het ons vriendin skielik gaan stilstaan en gese: Dis die Here!
Hoekom! Omdat daar meer gemaak word van sport as van Hom, dit gaan daaroor! Of dit die sabbat is of nie, dis die dag wat ons die Here eer en kerk toe gaan. Ons bid vir reen(more internasionale biddag om 12 uur vir reen)
maar wat doen ons. Dit gaan nie oor pettie goed soos van die kommentare hierbo nie- dit gaan oor die sportgod wat alles geword het. Help nie om te bid vir reen en dat God ons land regmaak nie, Hy het alles reeds gedoen,dis ONS wat na Hom moet terugkeer. Vir die wat so gou se, Sondag is nie die Sabbat nie, gaan julle Saterdae kerk toe?
Ons woon in die Noordelike voorstede, die wind was rustig hier, dis net anderkant die N1, waar die fietsryers sou wegtrek, waar die wind so getier het.
As mens nie die Hand van die Here kan sien nie….
en as ons nie wil hoor nie, volgende keer stuur Hy dalk vuur en swael

Pieter ·

Die organiseerders mos net die roete om gedraai het dan het almal wind af gery en hele paar nuwe rekords op gestel het

Jannie ·

Wel, prakties gesproke is helfte van die roete windop en as hulle terugkom is dit windaf. Persoonlik sal ek nie maklik Chapmanspiek wil aandurf met ‘n stormwind agter my nie, kan gevaarlik raak.

Sonet ·

Om in n kerk te sit elke Sondag beteken nie jy het n verhouding met die Here nie. Om in verhouding met iemand of met God te staan gaan n uur op n Sondag nie die ding doen. Dis n daaglikse interaksie, n leefwyse n verhouding. Ek wonder wie se huwelike sou werk met n uur afspraak elke week?
Om Godvresend te leef, en n ware verhouding met jou skepper te hê is werklik nie afhanklik van 1 uur op n Sondag in n kerk gebou.
Baie mense wat dieper in verhouding met God staan, kies om nie “kerk” by te woon, juis as gevolg van die skynheiligheid van baie.

Jannie ·

Van wanneer af is fietsry of enige sport wat jy beoefen vir ontspanning op ‘n Sondag kwansuis “werk”.

madels ·

Sjoe! Wat n wind!!! Ek kan verstaan dat hulle die fietswedren gekanselleer het, moet dit maar uitstel vir n ander dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.