‘Kannibaal’ sterf ná hy vrou glo vermoor

Aphiwe Mapekula (Foto: Facebook)

Die 23-jarige Oos-Kaapse man wat daarvan beskuldig is dat hy ʼn vrou van Mount Frere eers in dié dorp vermoor en toe van haar liggaam geëet het, is dood.

Maroela Media het vroeër berig die man het ʼn vrou, met wie hy glo geen verbintenis gehad het nie, “met geweld ontvoer”, haar in sy huis vermoor en toe dele van haar liggaam geëet.

Die polisie is deur die vrou se ma ontbied, maar sy was reeds dood by hul aankoms op die toneel.

Kapt. Edith Mjoko, provinsiale polisiewoordvoerder, het vroeër gesê dit lyk asof die man aan ʼn geestesversteuring ly. ʼn Polisielid is verder ook beseer toe die man die polisie wou aanval by hul aankoms op die toneel.

Die man was sedert die naweek in die hoësorgeenheid van die Nelson Mandela- akademiese hospitaal nadat hy in sy maag geskiet is toe hy nié op die polisie se versoek om sy mes neer te sit wou reageer nie en polisielede na bewering ook bestorm het.

Sizwe Kupelo, ʼn woordvoerder vir die departement van gesondheid, het bevestig die man het Dinsdag in die vroeë oggendure gesterf.

Die man is sedertdien as Aphiwe Mapekula geïdentifiseer en die vrou as Thembisa Masumpa (35) geïdentifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Neewat ·

Amper dink ek hy het aan iets verstik. Well serves him right. Sy kop raas.

Dirk ·

Ja-nee man. Tot onlangs toe sou ons kannibalisme in SA te wagte wees met als wat hier saamgeflans is maar deesdae is ons almal onder een reënboog. Nou moet dit mos beskaafd gaan, of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.