Kar ploeg deur vulstasie se winkel

Die voertuig het vroegoggend deur die winkel geploeg. (Foto: ALS Paramedics)

Chaos het Saterdagoggend by ʼn vulstasie in Westville naby Durban geheers toe ʼn motoris deur die geriefswinkel geploeg en die voertuig binne-in die winkel tot stilstand gekom het.

Vyf mense is beseer in die ongeluk wat omstreeks 07:30 gebeur het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, sê dit is onduidelik wat tot die ongeluk aanleiding gegee het, maar paramedici het die voertuig in die winkel aangetref. Verskeie van die vulstasie se werkers is beseer en meer ambulanse met gevorderde lewensondersteuningstoerusting is dadelik ontbied.

Vyf mensei s in die voorval beseer. (Foto: ALS Paramedics)

“Die bestuurder van die voertuig en vier werknemers [van die vulstasie] het beserings opgedoen wat wissel van gering tot ernstig. Hulle is op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” sê Jamieson.

Die polisie is ook op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.