Karlien van Jaarsveld se pienkvoet gebore

Joe, Karlien en baba Elah. Foto: Twitter

Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, se dogtertjie is Saterdag gebore.

Van Jaarsveld het op Twitter die aankondiging gemaak. Volgens Van Jaarsveld is sy twee maande vroeg gebore. “Sy is baie klein, maar baie gesond. Ons harte is dankbaar teenoor God vir sy groot genade.”

Van Jaarsveld het in September bekend gemaak sy verwag ʼn dogtertjie. “Ons het ʼn hele paar maande al haar naam oorweeg en God het in sy getrouheid dit oor en oor kom bevestig dat sy Elah (uitspraak Êlla) genoem sal wees.

“Dit [Elah] was die plek waar Saul en die Israeliete weggekruip het onder die Terebintebome in Elah, en dan weer Dawid uiteindelik vir Goliat verslaan het. Dis ʼn skuilplek. Mag jy jou reus verslaan en onthou wie jy was voor die grondlegging van die wêreld, en met Christus beklee word in sy geregtigheid.”

Dié dogtertjie is die egpaar, wat stilletjies in Maart getroud is, se eerste kind. Die sangeres het twee kinders, die tweeling Daniël en Eliah, uit haar vorige huwelik met Derick Hougaard.

Van Jaarsveld was 19 weke swanger toe sy haar babadogtertjie in Januarie 2015 verloor het.

Karlien het vroeër die foto’s gedeel van haar ooievaarstee:

Karlien by haar ooievaarstee (Foto: Instagram)

Karlien by haar ooievaarstee (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mk ·

Ek het ook 4 kinders en hul my als Al is dinge hoe duur is hul dit die moeite werd LIEF MY VIER KINDERSxxxxxxx

Laetitia ·

Veels Geluk Karlien en Joe,! So bly vir julle. Mag sy vir julle baie vreugde bring. Jy is pragtig Karlien en ek is seker jou dogtertjie is net so mooi soos jy.

Laurika ·

Julle kla-kouse gaan so aan oor Karlien en hoe julle nie wil hoor daarvan nie ens ens ens. Maar snaaks genoeg is hierdie berig onder een van die “Meeste Gelees”. Hou verby as jy nie belang stel nie maar genade daar is baie groter dinge in die lewe om oor te kla.

amanda ·

pragtig, ja haar aanhangers, ek ook een hou daarvan om van haar te lees en ek stem saam, wat mors jul nog jul tyd of is jul net nuuskierig of dalk jaloers op haar, hou eerder slegte kommentaar vir jouself , moet seker baie vervelige lewe he as jul ander mense so kritiseer. Karlien jy bly pragtig . geniet jul nuwe baba. sit asb nog fotos op.

Hannelie ·

Baie geluk met jul babadogtertjie se geboorte, mag sy net soveel vreugde bring as Daniël en Eliah. En ja louwboepens babas kan 2 maande te vroeg gebore word. My seuntjie was 1,75kg met geboorte en hy was 6 weke te vroeg. As jy kyk na hul dogtertjie se gewig, kan jy sien dit is ‘n premature baba. So die baba is DEFINITIEF vroeër gebore as verwagte tyd!

Boerseun ·

Sterkte vir julle, weet nie gewig van kleintjie of omstandighede maar dis een groot emosie roller coaster. Hoop julle is by Kloof hospitaal as julle bietjie in hospitaal moet bly, hulle neonatal is uitstekend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.