Kelner vas wat glo kaart kloon

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kelner, wat glo ʼn restaurantganger se bankkaart gekloon en R60 000 uit die niksvermoedende kliënt se rekening gesteel het, het Vrydag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Ishmail Sulaiman (30) is glo op 7 Junie vanjaar by ʼn Kampsbaai-restaurant, waar hy werk, op die beeldmateriaal van ʼn veiligheidskamera afgeneem terwyl hy die kaart gekloon het.

Volgens Ramovha wys die beeldmateriaal duidelik hoe Sulaiman die kaart deur ʼn kloningstoestel trek en die toestel onmiddellik weer in sy voorskoot versteek. Daarna gebruik hy die kaart in ʼn ander kaartmasjien, wat skynbaar aan die restaurant behoort.

Die kliënt het kort na die voorval agtergekom R60 000 is weg uit sy bankrekening en ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak. Sulaiman is op 17 Junie in hegtenis geneem.

Die saak is tot volgende Vrydag uitgestel wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dot van Dot ·

Vraat…. Jy het ‘n job gehad, nou hey jy niks. Kry vir jou…

Irene ·

Vuilgoed hoop hy gaan sit kyk sy bank rekeninge na en maak hom bankrot

Varkie ·

Wow sommer R60 000… as hulle my kaart kloon sal hul trane in hul oe kry oor die bietjie wat daar is ;)

Rooijan ·

Stem hulle sal my so jammer kry dat hulle sal geld inbetaal.

cobusp ·

Klient behoort sy geld terug te kry as hy versekering op sy kaart het………die bank sal geld moet verhaal van die beskuldigte of van die bank se versekering so verstaan ek……..enige bankiere wat lig kan werp op die onderwerp?????

jaco ·

aan sy naam is dit duidelik dat hy n Moslem is. Vreemd dat hy dit gedoen het, Hulle heilige boek is teen diefstal. die straf daarvoor is om die hand of hande af te kap. hulle het ook baie te se oor al die sonde in die weste wat nie moslems is nie – vlieg selfs vas in die world trade centre om die weste vir hulle sonde te straf? so hoe dan nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.