KFC-voorval: ‘Almal sien net een kant’

‘n Skermskoot uit die video.

Die vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar verlede week by ʼn KFC-restaurant in Pretoria, staan nou op ʼn swaarder aanklag tereg.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig die verdagtes staan nou op ʼn aanklag van poging tot moord tereg. Hulle is aanvanklik van aanranding aangekla. Hy het bevestig die vyf verdagtes verskyn Donderdag in die hof. Een van die beskuldigdes word ook van die rig van ʼn vuurwapen aangekla.

Ruan Hollamby van die regsfirma Jay Inc prokureurs, wat beskuldigde O Muller (20) verteenwoordig, het aan Maroela Media gesê hul kliënt sal onskuldig pleit op die aanklag teen hom. “Almal sien nou net een kant van die voorval. Die klaers het ook rassistiese uitsprake gemaak en die beskuldigdes aangehits.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die beweerde aanranding, wat by ʼn KFC-restaurant in Montana plaasgevind het, het wyd opslae gemaak nadat dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Die beeldmateriaal toon hoe ʼn groep mans na bewering ʼn egpaar aanval nadat die egpaar die mans gevra het om vorentoe te beweeg in die deurrybaan by die KFC-restaurant.

Daar het intussen ook ʼn ander video van die voorval aan die lig gekom. In dié video kan gesien word hoe van die mans en die egpaar saam met nog ʼn vrou buite hul motors staan. In hierdie video kan daar nie gesien word dat enige iemand gewelddadig optree nie. Een van die beskuldigdes beweer egter in die video dat hy eerste geslaan is. Die video eindig met die beskuldigdes wat in hul motors klim.

Vier mans wat deur die polisie as M Harding (23), Muller, Stephan Nel (39) en DJ van Rooyen (21) geïdentifiseer is, is verlede week in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle het reeds Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn, waarna Muller op borgtog vrygelaat is. Die ander drie is borgtog geweier en sal Donderdag weer om borgtog aansoek doen wanneer al die verdagtes saam in die hof sal verskyn.

ʼn Vyfde verdagte en sy regsverteenwoordiger het hom Maandagoggend by ʼn polisiestasie oorgegee waar hy in hegtenis geneem is.

Volgens Hollamby het vier van die beskuldigdes kort ná die voorval na die Sinoville-polisiestasie gegaan om ʼn klag teen die egpaar aanhangig te maak. “Met hul aankoms was die egpaar reeds daar. Die polisie het vir hulle gesê om te wag, maar het geweier dat hulle die perseel verlaat of ʼn klag lê. Die egpaar het intussen klagtes teen hulle aanhangig gemaak waarna die vier mans in hegtenis geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Jammer ek lewe ·

Dit is van hierdie altyd die wang draai vir nog n klap dat dit so gaan ek weet nie of iemand n klap gekry het nie maar as hy het sal hy twee keer dink voor hy weer skoor soek.

Ben Spreeth ·

Voel jammer vir die ouens. Hulle was verkeerd, maar alles sal nou oordryf word sodat die insident in n ander lig gesien word. Mens kan ook nie altyd net verdra en niks doen nie. Die beste is om maar jou kant skoon te hou, daar sal altyd n ander manier wees.

MissDemeanor ·

Ek kry hul gladnie jammer nie. Hul het n vuurwapen op ander mense gelig. Selfs al sou die ander mense dalk ook vir hul beledig het is dit ‘n buitensporige teenreaksie. Jammer se dinges!

Voin ·

Die egpaar het seker weer in hul verklaring gelieg so daar gaan niks van hierdie saak kom.

LB S ·

“Seker weer gelieg”… Ai hoekom kan sommige mense nie net aanvaar dat alle Blankes nie engeltjies is nie. Wat verkeerd is, is verkeerd. En al was hulle aangehits of nie, hul optrede was nog steeds verkeerd! MY seuns sal nooit so iets doen nie, dit kan ek met sekerheid sê.

Michael ·

Net so het die klaer wat die adjunkminister aangerand het n saak gemaak ….wanneer word hy gearesteer en ek hoop die kfc mans as die saak teen hulle terug getrek word agv onvoldoende getuienis dagvaar die rook uit die klomp wat hulle rassiste genoem het.

Raai Wie ·

“Daar het intussen ook ʼn ander video van die voorval aan die lig gekom” Kan jul dalk die skakel plaas asb.

Drikus ·

Komaan mense, gee die manne ‘n billike kans om hul saak te stel. Poging tot moord? Asseblieftog ons howe gaan nie tyd mors met so ‘n belaglike aanklag nie. Die staatsaanklaer soek kalklig. Ons soek billikheid.

MissDemeanor ·

Wat noem jy dit as iemand n vuurwapen uithaal? Is dit dan maar net ‘n warm debat? Sies man

Lucinda ·

In die eersteplek moet die witmense ophou om op hulle perdjies te spring, dis asof daar gewag word om teen die amder ras optetree. Dis asof witmense n geleentheod soek. Hou julle ore toe vir negatiwiteit en jul harte oop vir verdraagsaamheid. Hemel is dit soveel gevra dat elkeen hom net bepaal by sy eie di ge en amder mense uitlos REGTIG !!

Ian ·

En die konstante uitlokking? Moet ons dit net aanvaar? Ek sien op n daaglikse basis hoe blankes uitgelok word. Die uitlokking is ook n misdaad waarvoor daar geen straf is nie want die oortreders is nie blank nie. Word wakker mev.

Ingelig ·

Klink soos nog n uitlokking of hoe Ian.
Moet jou nie opsaal met ander se oningeligte kommentaar nie…ons sien.die ware prent

Karin ·

Ek stem 100 % saam.. met so iets moet mens jou renostervel hou.

LB S ·

Ian en Ingelig. Was JULLE daar? Het julle die Waterkloof 4 se gedrag ook verskoon? Of die Wit Wolf s’n? Dit is hierdie tipe gedrag wat rassehaat net meer aanjaag. Hoekom ervaar nie ek, of enige een in my familie wat ek van weet, hierdie tipe “uitlokking” nie? Trek die skoen aan as dit pas, MENEER.

erica behrens ·

poging tot moord…..wonder wat was my plaasaanval seker n walk in the park.

GAB ·

Van nou af moet elke blanke ook n video maak voor hulle begin optree as daar op n blanke uitgelok word. Al hierdie videos kom van die ander kant af wat hierdie soort videos plaas

Fred ·

So waar kan ons die tweede video sien of gaan dit ook maar net stil stil verdwyn?

mary ·

Jy speel seker nou mrt my Dis baie duidelik jy het al die nuusflitse op facebook gesien die laaste 2 3 maande nie Jy het verseker nogi nie 3 familie lede verloor agv van hulle nie…….en let wel vermoor…Gaan daardeur dan praat ons weer

MissDemeanor ·

Mary, dit is juis die probleem. Die mense by die KFC is nie dieslfde mense wat jou 3 familielede vermoor het nie. Hul kleur is dalk dieslfde, maar dis nie dieselfde persone nie. So hou op om mense te oordeel op basis van kleur. As jy dit doen dan is jy juis n rasis.

VanAfrika ·

MissDeMeanor, dis juis hierdie mense wat aanhitsing waar maak, die manne het hulle gevra om vorentoe in die ry te beweeg. Hoekom het die voorste mense uit hul kar geklim om moeilikheid te maak. Hulle kon net hulle kar beweeg het. As die mense in die agterste kar swart was, was dit n heel ander situasie en ek sal nou vir jou se daai vrou sou nooit uit daai kar geklim het nie, sy sou n taai klap gekry het want swart mans glo hulle vrouens moet onderdanig wees, ek weet dit want by swart kollegas by die werk vertel dit vir my.

Sarel Strydon ·

Hoekom het ons nog howe. Sake word sommer op Sosiale Media uitgeklaar.

GES ·

Nee skynbaar besluit die polisie sommer by die stasie wie is skuldig en wie mag ʼn klag lê. Ons is vasgevang in ʼn piesang republiek …

Deon ·

Ai ai, as ek party so luister klink dit asof daar van ons is wat met oogklappe rondloop en glad nie bewus is van wat om ons aangaan nie. Verdraagsaam …….

jack daniels ·

Kry Gerrie Nel van Afriforum om jul sake te doen en daai twee stokers sal vure vir a lank tyd stook. Sterkte!

CJ ·

Gerrie Nel se baas, Flip Buys, het dan reeds hierdie as ‘n rasse-aanval en die beskuldigdes as ekstrimistiese enkelinge beskryf! Solidariteit skaar hulle duidelik by die ANC, DA, Minister van Polisie en Ahmed Khatradastigting.

Adriaan ·

Van wanneer af mag die polisie weier dat iemand n klag le? Hoekom kry dit so min aandag en gaan dit verder gevoer word? Ek hoop die ouens word uiteindelik onskuldig bewys en dat hulle n reuse eis teen die klaers en polisie instel en wen.

anton ·

Ek stem. ”Sue” hulle tot by Daantjie in die kaller hok!!!
Hierdie onbevoegde land en sy leiers is om van siek te word!

Susan ·

Ek vra weer, waarom word daar dadelik aksie op so vlak geneem maar adjunk minister Manana wat twee vroue aangerand het en dit publiek erken het loop nog vry rond!!! Waar is die konsekwentheid in die toepassing van die wette – geld dit net wanneer daar blankes betrokke is? Dit is ‘n klap in die twee vroue en ander se gesig.

Sick&Tired ·

‘n Buitelandse burger het my eggenoot probeer aanrand en gespoeg. Toe hy homself verdedig, het die persoon en sy vriende polisie toe gegaan en ‘n klag teen my man gemaak. Die persoon was dronk, maar die polisie het nogsteeds sy verklaring geneem. Hulle het selfs beweer dat my man ‘n vuurwapen gehad het en rassistiese uitlatings teenoor HULLE gemaak het (alhoewel dit nie waar was nie, my man het NIKS vir hom gesê behalwe dat hy moet ophou nie). Inteendeel, het HULLE my man gevloek en rassistiese uitlatings gemaak en die vrouens wat saam met hulle was, was erger….hulle het aanhoudend geskree, gevloek, getart en die situasie verder aangehits. Hulle het selfs beweer hulle het ‘n video van die voorval, maar kon nooit bewyse daarvan lewer nie want daarop kan mens sien wat die waarheid is. Die polisie wou my man toesluit (sonder feite slegs op grond van wat die persoon gesê het) en wou nie my man se verklaring neem nie. Dit was ‘n helse storie om uitgesorteer te kry, maar my man is onskuldig bevind. Sekere taktiek word gebruik om blankes uit te lok, van rassisme te beskuldig en in die moeilikheid te kry. Wees waaksaam, hou kop en moenie alles glo tot jy beide kante van die storie gehoor het nie.

Domvraag ·

As hierdie so aangerand was dan sou hulle gesorg het dat die hele wêreld sou sien hoe hul beseer is maar daar is geen fotos dus is dit opgeblaas maar die aanranders is direk gearresteer en borg geweier.
Die vrou wat deur die adj minister aangerand is het fotos van haar beserings geneem en haar aanranding baie eerder maar haar aanrander loop nog vry rond. Hoekom is hy nog nie gearresteer ? Hoekom betoog die DA nie hieroor nie of hoekom brand die townships dan ook nie voertuie en versper paaie hieroor nie? Waar is Guilian Schutte nou ook want toe regter Jansen oor sulke aanrandings gepraat het was sy gekruisig en nou rand n “opgevoede” hoë ANC lid n vrou aan en die ANC skors hom nie? Hoekom? Is hierdie nie bewys dat jou kleur bepaal hoe daar teen jou opgetree word nie??

Jaco Postma ·

Hulle mag jou nie vir aanranding gewoon arresteer nie maar hulle doen, dit is teen die wet. As dit wit teen Swart is is die hel Los maar wat van al die boere en mense war wreedaardig vermoor en gemartel word , daaroor het niemand n woord te se nie… ?

marous ·

Korrek. Manana se saak is bewys van die eensydigheid van die land se regstelsel.

Gawie ·

ses mans op 1man en 1 vrou.

straf moet hulle kry. moet ek nou die ses jammer kry. hulle moet lekker le in die tronk.

MissDemeanor ·

Bravo Gawie. Waarom is daar so min redelike mense? Sjoe ek begin my skaam vir die “volk”.

anton ·

Gawie, jy en MissD was seker op die toneel gewees ne! Daarom dat julle sulke slim opmerkings kan maak.
Vertel ons tog meer asb.

Ebem ·

Almal wil hul opinie lug maar niemand stel voor ons gaan betoog by Sinoville SAPS nie! Nie om die manne los te laat nie maar “Volg die regte procedures”.

Chris ·

Wonder nou maar net hoekom die da geïntreseer is in gewone aanranding saak
Maar waar swartes wittes op plase vermoor stel hulle nie belang om te volg nie
As die da die enigste paty was sou ek nooit stem nie

Estelle ·

Waar is die CCTV Kameras by KFC Montana. Ek sou aangevra het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.