Kind steeds vermis ná busongeluk waartydens 8 sterf

Botsing op die N4 waartydens agt persone gesterf het (16 Maart 2017)

Botsing op die N4 waartydens agt persone gesterf het (16 Maart 2017)

Die polisie is steeds op soek na ʼn vermiste seun, vyf dae ná agt persone gesterf het toe ʼn bus en ʼn vragmotor in Rustenburg gebots het.

Die bus, wat 25 passasiers kan vervoer, het die persone vervoer ná ʼn geleentheid wat die departement van kulturele kuns en tradisionele sake gereël het in samewerking met Moretele- plaaslike munisipaliteit, toe die ongeluk plaasgevind het.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het verlede Donderdag, 16 Maart, langs die Rustenburg-winkelsentrum plaasgevind. Agt persone is dood en vier het kritieke beserings opgedoen. Die naasbestaandes van die oorledenes is in kennis gestel en hulle het hul geliefdes uitgeken.

Die departement het egter Dinsdag gesê ʼn kind, wat op die bus was, word steeds vermis. “Ons wil berig dat een persoon steeds vermis word. Die polisie doen alles in hul vermoë om die kind op te spoor,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Ontlametse Mochware, LUR vir kulturele kuns en tradisionele sake, en die waarnemende hoof van die departement Jimmy Mawelela, het ʼn span beamptes saamgeroep. Hulle was twee dae lank in Rustenburg om die voorval te hanteer. “Ons is hartseer oor die verlies van kosbare lewens en dra ons medelye oor aan die families en wens diegene in die hospitaal spoedige beterskap toe,” het Mochware gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lees bietjie ·

Die berig se duidelik dis ‘n seun wat vermis word.

MS ·

Hoe raak jy vermis in ‘n ongeluk. Was die kind regtig op die bus gewees? Of het hulle verkeer getel wat moontlik kan wees!

Antjie ·

Dit lyk vir my op die foto’s na ‘n minibus taxi. Hoe kan mens 25 mense daarin vervoer? Daar moet dus ook heel party mense wees wat niks oorgekom het nie. Wat alles so effe verdag voorkom.

Pietie ·

Dis n 22/23 seater, die wat lewe is gelukkig. Die is die mooi kant van die bus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.