‘Kinderarbeid’-saak: Man hoor oor borgtog

Hendrik Reyneke. Foto: Facebook

Die arbeidsmakelaar van die Wesselsbron-gebied in die Vrystaat wat tereg staan op aanklagte van onder meer kinderarbeid en mensehandel, het Vrydag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Hendrik Reyneke is op 7 September op die plaas Driehoek deur lede van die Valke in hegtenis geneem nadat bewerings aan die lig gekom het dat hy minderjarige kinders as werkers op plase in die gebied laat werk het. Hy staan tereg op aanklagte van kinderarbeid, mensehandel en die oortreding van die basiese voorwaardes vir indiensneming.

Reyneke se borgtogaansoek is Woensdag aangehoor waarna die saak tot vandag uitgestel is. Kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke, het bevestig Reyneke se borgtogaansoek is geweier. Hy sal in polisieaanhouding bly tot en met sy volgende hofverskyning op 25 Oktober.

Maroela Media het vroeër berig die Valke het gesê 39 kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 jaar en 247 volwassenes is verlede maand van vier verskillende plase in die Wesselsbron-distrik “gered”. Daar word beweer dat dié werkers van Setlagole, Madibogo en Delareyville af laat kom is om op plase in die gebied te werk.

Volgens die bewerings is sommige van die werkers minder as die minimumloon betaal, is hulle vrot vleis gegee om te eet en moes hulle in haglike omstandighede woon. Tobie Bird, Reyneke se swaer, het vroeër aan Maroela Media gesê daar steek geen waarheid in die bewerings nie en die saak word opgeblaas ter wille van ʼn politieke agenda.

“Ons as familie beskou ons nie as verhewe bo die reg nie en as dit was dat Hendrik wel die wet oortree het, sal ons hom steeds ondersteun en die probleme saam met hom aanpak en ons pak slae vat. Maar ons weet dat hierdie ʼn opgeblaasde politieke kwessie teen hom is. Hendrik is ʼn geweldige sagte man en al wat hy gedoen het, was om vir ongeveer 250 werkers elke jaar van ʼn inkomste te voorsien,” het Bird gesê.

Reyneke se regsverteenwoordiger kon nie Vrydag onmiddellik bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Luigi ·

Interresant ,eers was dit ‘n BOER wat dit gedoen het en nou kom dit uit dit is eintlik ‘n “Labour Broker” …………………………………………………

Adam ·

Hoe ironies. In ‘n land met ‘n enorme werkloosheidsyfer sluit jy iemand to sonder borg, terwyl hy 250 mense werk bied. Indien daar probleme is of was kon dit administratief aangespreek word. “Red” is ook ‘n interessante woordkeuse. Is hulle dalk gered van fisiese inspanning? SA se mense is grotendeels gewoon lui en verwag boonop ‘n professionele salaris vir ongeskoolde arbeid.

Mielie ·

Lyk my daar is n nuwe wet wat nie gepubliseer is nie ……Geen borgtog bir blankes ongeag die daad……kan niemand niks daaromtrent doen nie….

Ww ·

Dit is ook nou tyd dat kerke wat baie doen oor jare al om alle hulp aan swartes te staak, want dis net moeilikheid soek

Erika ·

Ken nie die omstandighede nie …. maar el dink hy wou net mense se lewens makliker maak deur werkloses werk te gee en sodoende n inkomste vir kos. Se maar net.

susan ·

Almal wat iets verkeerd doen is ‘n boer. Party speel hulle is boere en kom nie die wette na.

Marinda Bakkes ·

En nou… watter gevaar hou hy in vir die samelewing…? Ek verstaan nie geen borg…?

chrissie ·

Ten minste het hy vir hulle werk gegee, in my dae het ons kinders gewerk vir sakgeld… haha dis een groot grap!

Blondie ·

Klink vir my of die man ‘n vyand het wat hom graag wil begrawe of sien val net sodat dié die besigheid kan oorneem

Johan Lourens ·

Cosatu het jare terug reeds gesê dit is beter om werkloos en honger te wees as om vir ‘n lae loon te werk.

Catherine ·

Don’t believe a word of this rubbish. We live on a farm and know how often seasonal workers use other people’s I.D. documents just to get work… No labour broker in his right mind would do what he has been charged with. Also don’t know of any farmer who still gives rations….

FM ·

n Kind wat op jong ouderdom leer werk dra daardie neiging ook deur na hul volwasse jare. Hulle word van kleins af geleer jy moet jou bord kos verdien. Maar nou word kinderarbeid gebruik om politieke en rassistiese punte te score.Maklik om agteruitgang te verstaan

susan ·

Catherine that happens every day. They need the money to survive.

Gerard ·

Wat van die strafproses wet? Jy hou iemand in die trunk om sy teenwoordigheid in die hof te verseker.

Gaan die man nou vlug en al sy plase en familie los vir so n belaglike aanklag?

Big daddy ·

Ek vermoed die tipoff het gekom van iemand op sy plaas. Iemand wat hom hom terugkry. Merk my woorde.

Eps ·

KPMG, Guptas, SARS, SABC, ESKOM en NVG ens. SA is oppad na Piesangrepubliek.

Wonder net ·

Hoekom loop hulle nie net nie?
Of is hulle teen hulle wil daar gehou?

Big daddy ·

Die landros was bekwaam maar het geswik onder politieke druk. Hierdie reyneke man word een baie groot onreg aangedoen. Sa is besig om te gly. En dit wil lyk asof jou velkleur die bepalende oorsaak is vir borg toestaan of weier.

H ·

Wat van kinders wat in films gebruik word – is dit nie kinderarbeid nie?

Hanna ·

Seisoen werkers word van oral gebring om boere te help oes. Dis so oud soos die berge. Kinders onder 15 mag nie werk nie.
Borgtog geweier???? Die man gaan mos nie land uit vlug nie.
Nee vader weet, dis onregverdig. Hy het werk verskaf en ongelukkig het daar moontlik kinders deur geglip. Dis jammer dat dit gebeur het, ander boere leer nou hieruit.
Ons mense verskaf baie werk in SA.
Beste in hierdie land is om geen mense in diens te neem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.