Minstens 33 kinders moes laat Saterdagmiddag na hospitale gehaas word nadat hulle glo giftige gasse by ʼn openbare swembad in Johannesburg ingeasem het.
Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê tussen die kinders, tussen die ouderdomme van ses en 16, is by die Zoo Lake-swembad in Johannesburg vir asemhalingsprobleme behandel. “Die kinders het glo die giftige gasse van suur wat in die swembadwater gegooi is, ingeasem,” het Bodasing-Harduth gesê.
Sy het gesê die meeste van die kinders se toestand was nie ernstig nie, maar minstens 33 kinders is reeds na verskillende hospitale vervoer vir verdere behandeling. Paramedici is steeds op die toneel.
ʼn Ondersoek sal gedoen word om die presiese besonderhede van die voorval vas te stel.
Duidelik ‘n klomp mamparras in beheer van die swembad se onderhoud. Niks verras ook meer in hierdie land nie, . . . eish!
Is dit kinders wat op n toer is daar of nie asb ek moet weet my kind daar op n tour
Nat, seer sekerlik sal die persoon in beheer van die kinders jou laat weet as jou kind siek is. Selfoon? Hoekom bel jy nie em vind uit nie.
Dit is nou ‘n goeie voorbeeld van hoe belangrik dit is om te kan lees en somme maak. Op alle bottels chemikaliee word aangedui hoeveel nodig is ooreenkomstig die grootte van die poel en net soveel gebruik moet word en watter stowwe nooit gemeng moet word nie. Indien die personeel te slim is vir woorde en met behulp van sekere nuwe onderrigstelsels tot alwetendheid begelei is, is bogenoemde die gevolg. Ons drinkwater kry ook soms hierdie soort geniale behandeling, naamlik dat alles vandag bygevoeg word, dan hoef ek nie more myself uit te put nie.
‘n 20% Wiskunde slaagsyfer gaan ook nie help nie.