Kleuter gered ná hy ‘klinies dood’ verklaar is

Stefan Els. Foto: Verskaf

ʼn Ma van Uitenhage in die Oos-Kaap se grootste vrees het byna waar geword nadat haar tweejarige seuntjie vroeër vandeesmaand by ʼn plaaslike hospitaal “klinies dood” verklaar is.

Patricia Claassen het op 1 Augustus by die Netcare Cuyler-hospitaal se ongevalle-afdeling ingehardloop met haar kleinseun, Stefan Els, in haar arms. Volgens ʼn verklaring deur die hospitaal het Stefan aan ʼn stuk hoender verstik en het sy ouma met hom na die hospitaal gejaag.

“Toe Stefan se ouma met hom by die hospitaal aankom, het hy geen polsslag of hartklop gehad nie en sy pupille was vergroot. Tegnies gesproke was hy klinies dood,” het dr. Marné Page, hoof- kliniese bestuurder van die praktyk, gesê.

“Ons het net daardie dag die nuwe ongevalle-afdeling van die hospitaal geopen en het tot in daardie stadium nog net pasiënte met skaafplekke en geringe beserings behandel. Stefan was die eerste kritieke pasiënt wat ons moes behandel.”

Page het gesê mediese personeel het dadelik die obstruksie uit Stefan se lugweg verwyder voordat hulle kardiopulmonêre resussitasie toegepas het. Ná ongeveer vyf minute het Stefan bygekom en na asem gesnak, terwyl sy oë gereageer het op lig en beweging. Stefan is gestabiliseer voordat hy in die pediatriese waakeenheid van die hospitaal opgeneem is.

Stefan se ma, Andriette Els, was op pad terug van die werk af toe Claassen haar gebel en versoek het om dadelik hospitaal toe te kom. “Jy kan nie daardie gevoel beskryf nie. Om ʼn kind te verloor, is elke ouer se grootste vrees,” het Els gesê.

Van links is Patricia Claassen, Dr Nelson Alves, hoofbedryfsbeampte van Consulting Inc., Stefan Els en Eleanor Wicomb en Maria van der Merwe, verpleegsters by die Netcare Cuyler-hospitaal. Foto: Verskaf

Sy het gesê nadat Stefan bygebring is, was sy terselfdertyd bly en hartseer, geskok en verlig. “Was dit nie vir die dokters by Netcare Cuyler se ongevalle-afdeling en die vinnige, doeltreffende manier waarop hulle gespring het om my klein seuntjie te help nie, sou ons nie vandag hier gewees het. Ek is ook bitter dankbaar vir my skoonouers wat hom so vinnig by die hospitaal gekry het.”

Volgens die hospitaal het Stefan ná die traumatiese voorval goed aangesterk en is sedertdien uit die hospitaal ontslaan. “Kinders is gewoonlik baie sterk in hierdie soort situasies. Stefan herstel goed en daar is geen tekens van enige permanente skade nie,” het Page gesê.

Victor Mutle, algemene bestuurder van die Netcare Cuyler-hospitaal, het gesê die hospitaal se personeel is verheug dat klein Stefan se lewe gered kon word. “Ons wens hom en sy familie net die beste toe en hoop dat hy vinnig en ten volle sal herstel,” het Mutle gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

CJ ·

Dankie vir hierdie goeie nuus. Het dit regtig nodig na alles vandag….

Ada ·

Baie dankie aan die dokter en almal wat ‘n bydrae gelewer het en ook aan Liewe Jesus.

Mike Kaapstad ·

ai jammer kleingoed is maar woelig , dankie dat dit nie met my kinders gebeur het nie……….

Rina Kotze ·

Wel gedaan!

Dankie vir hierdie positiewe nuus so tussen al die slegte nuus!

oumie ·

N wonderwerk ek sê julle wonderwerke bestaan nog Amen GOD is GROOT Amen

johnny_walker ·

julle kan almal weer sê dankie liewe Vader , want 5 minute na jou hart ophou klop begin jy in die rooi ingaan wat breinskade betref , hulle het hom net betyds weer aan die klop gekry , anders sou dinge vinnig begin afdraand gaan na minuut 6 en by minuut tien is dit basies verby , behalwe onder baie unieke toestande

Pieter ·

Ons het n kind verloor. Dankie een is gered. Prys Hom ouers.

Pieter ·

Askuus, ons het haar nie verloor nie, sy is net nie meer by ons nie. In ons harte wel!

Laxre ·

Dis tyd dat cuyler goeie bemarking stories plaas siende dat swak en onbevoegde diens in juis die ou eenheid steeds seevier.

LS ·

PRYS DIE HERE !!!
So bly dit het nie in ‘n erger tragedie ontaard nie.
Ja-nee, die tyd van wonderwerke is nog lank nie verby nie.

Ansie ·

Dit behoort prioriteit te wees vir elke persoon maak nie saak wie hy/sy is nie, wat na kinders omsien, om ‘n basiese noodhulp kursus te deurloop. Dit is baie maklik om ‘n obstrukie by eingeniemnad te verwyder as jy die kennis het. So ‘n kursus leer jou hoe om dit by grootmenses en kinders te doen. Hoe om kusmatige asemhaling en hartmasering toe te pas. Baie lewens kan so gered word. En die beste is, jy vergeet nooit wat jy op die kursus geleer het nie al kry jy dit net een keer in 10 jaar nodig.

Zuty ·

So 2 weke terug met my seun gebeur met stukkie appel.. Hy was reeds blou en styf getrek. Gelukkig was my man tuis wat noodhulp kurses gedoen het. Ons het gesukkel want dit was die skil van die appel was vas gesteek het maar Prys ons God want na so paar minute kon ons hom uitkry.. Baie baie tramatiese ervaring en my volgende stap as mamma is noodhulp kurses myself.. Snaaks om iets soort gelyk te lees na ons ervaring..

Len ·

Hoe kosbaar is n lewe, hoe dankbaar is ons aan die Here vir die dinge wat hy ons gee wat Hy net so gou weer kan neem. Ons moet weet nadink aan ons mense en net dankbaar wees vir elke geleende oomblik wat ons met hulle kan spandeer.

LOF EN EER ·

Alle LOF EN EER AAN ONS KONING JESUS! Sterkte Stefan, JESUS het beslis ‘n plan met jou lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.